Daar is ’n regte moeilikheidmaker, wat maklik ontevrede raak en ontydig verlang na iets meer, iets beter, iets meer vervullend. Daardie verlange is gegrond op die vasgryp van my, vir MY, sodat ek meer bevrediging kan kry. Hierdie volwasse kindermaker is ... fornikeer. Liefdemaak. Seks.
Moontlik is dit gegrond op ’n mens se ontevredenheid met sy/haar maat en nie net die soeke na en verwagting van iets beter, beter, beter nie. As dit die enkele grondslag van ’n verhouding is, gaan dit verseker die paadjie na self-vernietiging loop. Dit is onvermydelik dat te korte (geen bybedoeling) in behoeftevervulling, die oorsaak van ons probleme en ongelukkigheid in verhoudings sal wees. Dit is egter elkeen se keuse. As ons wil voortgaan om ongelukkig en gefrustreerd te wees - want hierdie soort van soeke is gedoem tot frustrasie - dan sal dit so wees. Maar, as ons wil hê hierdie ongelukkigheid, hierdie angs van konstante frustrasie en die alewige op “soekwees” na iets beter moet ophou, lê die antwoord daarin dat ons eers moet opstaan, wegstaan en vir ’n rukkie ons van fornikasie moet weerhou. Ons moet baie eerlik die motivering vir ons seksuele dryfkrag ondersoek, beide met ons eie lewensmaats, of indien jy tot die kuns van menige maats en aktiwiteite ingestel is, dan uiteraard selfs meer! Ons moet mooi gaan bekyk, hoe ons seks beskou.
Jy is óf ’n idealis óf 'n ?realis!
Seksuele bedrywighede is nie vreeslik anders as net nog 'n menslike daad nie, soos eet, is dit 'n biologiese funksie van die liggaam. As ons die liggaam nie voed nie, word dit honger. Net so, is daar seksuele hormone wat “gevoed” wil word- wat ook “honger” word. Uiteraard sal daar mense nou opspring en beswadder voel en gillend uitroep dat daar 'n hemelswye groot verskil tussen die vervulling van seksuele honger en die bevredigende voeding van hongerpyne is. Ook waar -ons kan lewe sonder seks, maar ons kan nie sonder kos leef nie.
Die soeke na seksuele vervulling , net soos om te eet, kan deur 'n negatiewe emosie / houding óf 'n opbouende gekenmerk word. Byvoorbeeld, as ons uit gierigheid en belustheid - soos 'n vark sy wange volstop - is dit self-vernietigend. As ons eet, wat ons nodig het – met ander woorde eet om te lewe, is dit 'n positiewe ervaring en die eetgedoente doen is net goed. Dieselfde is waar in die geval van seks. Wanneer ons fornikeer, gedryf deur ’n diepgewortelde alles oorweldigende nou-of-nooit begeerte, kan dit negatiewe emosies ontlok wat op sy beurt weer vernietigende optrede tot gevolg mag hê. Wanneer die pad, tydens en na die liefdesmakery die oordrag van my bewondering wys en help om iemand – hopelik die regte persoon - my hartsgevoellens te laat voel, is dit opbouend en vol hoop. Indien mens seks as susmiddel gebruik net omdat jy nie kan slaap nie of dit die kortste pad na die stilmaak van ’n skuldgevoel is, dan is dit nag. "Vernietigende fornikasie", wat vir ons in die toekoms net probleme gaan besorg.
Vir baie van ons mense is die negatiewe emosie, die geslagsdaad en die probleme wat dit vir hulle in die toekoms gaan veroorsaak, egter ’n verre bysaak in die vervulling van ’n vinnige fornikasie verlange.
Die fliekmense uit die groot VSA se leë woud is altyd op soek na die perfekte orgasmiese geleentheid. So 'n soeke, moontlik meer nog die oorhoopse beklemtoning daarvan, veroorsaak dat ons ontydig ontevrede raak met die seksuele ervaring wat ons het. Vandaar die soeke na 'n beter een. Deur altyd na iets meer te verlang, kan ons nooit regtig geniet wat ons het nie. Dan raak die verhouding ??gefrustreerd en ongelukkig. Dieselfde geld vir die ontwykende perfekte seksmaat wat net nooit kooi-toe wil kom nie. Ek reken ons moet daarmee vrede maak - ons gaan nooit die volmaakte lewensmaat vind nie. Ons gaan altyd oor iets of ’n ander ontevrede kan raak en my eie houding, gaan verseker my geluk bepaal.
Dus, het dit nou seker tyd geraak om die mite van ’n perfekte verhouding, ’n perfekte seksuele vervulling en daardie orgasmiese liefde met die gewilligste maat, te verloën en die verlange wat hierdie mite gegenereer het, nek om te draai. Ontspan, die sekssprokie is nie verby nie, dit het eintlik nog nooit bestaan nie. Jammer.
(Aangesien die skrywer nie ’n erkende “fornikoloog” is nie, mag sy sienings as eenogig beskou word.)
Hennie Fritz


Kommentaar
Beste Hennie
Baie goed geskryf! Ek dink jy slaan die seksspyker op die kop. Die probleem is dat die hele seksding oor baie eeue so skeefgetrek is, dat die mens van vandag eintlik nie meer mooi weet wat om daarvan te maak nie. Dis amper soos 'n hond wat 'n bus gevang het.
So baie wanopvattings, mites en onhaalbare "prestasies" (hiermee bedoel ek al die onrealistiese tonele uit deesdae se flieks en boeke), asook snert soos verhoogde libido deur bv renosterhoring te gebruik, het die mensdom op 'n totale dwaalspoor geplaas. Die hele natuurlikheid van seks, het plek gemaak vir onrealisme, skuldgevoelens, boewery (verkragting) en die verkettering daarvan deur verskeie godsdienste.
Dis 'n interessante onderwerp en ek hoop 'n paar mense reageer op jou brief.
Perdebytjie
Beste Hennie
Die westerse beskawing is so ver vooruit met betrekking tot omtrent elke moontlike menslike sosiale wetenskap, maar skiet ver tekort met betrekking tot sy eie seksualiteit, en daarin is ek van mening is baie primitiewe volkere ons ver vooruit.
Die westerling het seksuele optredes vir homself so ingewikkeld gemaak, dat dit vir hom eintlik meer plesier verskaf wanneer hy wel die verbode vrug daarvan eet, maar ongelukkig met die geestes wroeging met homself daarna opgeskeep sit.
Seks is so eenvoudig, dat ek my verbaas dat so baie dit nie verstaan nie. Die mens het inherent twee moontlike vorms van liefde en die antieke Grieke het dit vir ons so mooi uitgespel. "Agape", die emosionele liefde, die idiale liefde, die enigste liefde wat die westerling vir homself alleenlik wil beskore, maar daar is ook "Eros" (erotika) wat die fisiese sy van die mensdom ook prikkel, en wat die westerling nie erkenning voor wil. gee nie, en dit is met laasgenoemde waar die westerling 'n probleem vir homself geskep het.
Om net 'n eenvoudige voorbeeld te stel. 'n Man is gelukkig getroud, lief (agape) vir sy vrou en kinders. Halfpad deur die dag raak hy jags. Wat doen hy gewoonlik. Gaan na die toilet en mastubeer (eros), met stimulerende gedagtes vervul waarvan sy vrou gewoonlik nie deel van is nie.
Verder uitgebrei. Gelukkig getroud met vrou en kinders (agape), maar het ook 'n "mistress" om afleiding in sy seks (eros) te bewerkstellig. Die mistress is 'n uitlaatklep. Die Franse in hul kultuur is so bekend daarvoor.
'n Verdere voorbeeld. Die man is getroud. Nie juis lief vir sy vrou nie (agape ontbreek), en slaap rond (eros).
Die huwelik hou, want dit pas beide partye vir gewoonlik materiele redes.
Ander voorbeelde is legio.
Ek persoonlik huldig die siening dat ek my nie aan seks gaan ontneem nie. In my oudag gaan dit wel automaties in elk geval gebeur, dus geniet ek elke voorval solank ek die vermoe het om dit te kan doen.
En ja. Ek is 'n "fornicatior"
Jaco Fourie
Beste Hennie
In die ouetehuise kry jy omtrent 90% net vrouens. In losieshuise, veral hier in die Vaaldriehoek, kry jy omtrent 90% geskeide mans meerendeel tussen 35 en 45. (Ek weet. Ek besoek hulle gereeld vir afleiding (eros)). Wat se die twee gevalle vir jou?
Jaco Fourie
Jaco, na aanleiding van jou laaste vraag aan Hennie; kan die antwoord dalk wees dat die baie geskeide mans - meerendeel tussen 35 en 45 wat jy in Vaaldriehoek losieshuise kry - hulself vroeg dood fornikeer met besoekers soos jy wat so baie afleiding (eros) nodig het?
Ja daar is al so baie oor die onderwerp gepraat, bespiegel en redekawel dat dit al holrug gery is. Almal maak die onderwerp te ingewikkeld. Dit is 'n basiese menslike funksie. Een van die drie lekkerstes. Iemand het al gese, ek nie onthou nie "a woman is looking for a reason for sex, a man is just looking for a place" of iets in dier voege. Die probleem is egter, die emosionele implikasies wat daarmee gepaard gaan. Ek wil nie kru wees nie, maar ek het in my lewe die dames wat oor my pad gekom het met respek en waardigheid behandel. Van hulle het emosioneel wou betrokke raak, vas uitgaan en langtermynverhoudings aanknoop. Ek was op daardie stadium van my lewe nie reg vir so iets nie. Is 'n man in elk geval ooit reg vir so iets? Dit laat my dink aan die storie, skies blondines, wat is die verskil tussen 'n kruiwa en 'n blond. 'n Kruiwa volg jou nie as jy klaar gestoot het nie. Iewers in die Bybel se dit 'die mense brand van begeerte', deesdae brand almal sommer vir die lekkerte.
DIeselfde perfekte verhouding en perfekte seks, wat deur die media aan ons voorgehou word, geld ook vir die perfekte liggaamsbou, perfekte hare, perfekte vel. En jy sien selde so mens op straat.
Beste Cornelius
Mbt. meer vrouens in oue tehuise: Die waarheid is eintlik dat mans gemiddeld vroer as vrouens doodgaan. Meeste vrouens in S.A. is of geskei of weduwee sedert hulle vroe 50 jare.
Mbt. die mans in losieshuise. Omtrent almal fornikeer met ander vrouens. Van hulle sal my kontak wanneer hulle uit frustrasie nie 'n vrou kan kry nie, of 'n drang het om dan en wan gepenetreer te wil word.
Die werklikheid is dat die "agape" liefde meerendeels verbygaande is na die aanvanklike klompie jare van jeugdige "euphoria", waarna "eros" gewoonlik intree.
In S.A. is die meeste blankes meer as tweekeer getroud in die verloop van hulle lewens. Die aantal huwelike waar man en vrou, al is dit vir 'n tweede keer, nog na 60 jarige ouderdom saam is, is in 'n minderheid. Alleenlopende mans en alleenlopende vrouens na 60 is 'n redelike algemene verskynsel. Teen die tyd het die seksdrange (eros) .beide kante toe heelwat afgekoel, en word net na geselskap gesoek.
Diegene wat nog steeds getroud is na 60 ondervind gewoonlik glad nie "agape" of "eros" nie, maar verval in platoniese "liefde"
Jaco Fourie
Beste Jaco,
Dankie vir jou leersame kommentaar.
Ek's bly om te verneem dat mans darem nie hulself vroeg dood fornikeer nie.
Wyl 'n mens in die bootjie is besef 'n mens nie altyd die verloop van dinge op die wal nie.
Dit voel my ek en my vrou kan maklik nog 'n leeftyd hou met wat ons het.
Dit maak egter sin wat jy met ons deel.
Groete,
Cornelius