Sê jou sê op die Sê! LitNet se vuurwarm brieweblad oor alles en nog wat.Stuur jou brief aanwebvoet@litnet.co.za.Don’t bite your tongue! Turn up the heat and send us your letters and opinions.Send letters towebvoet@litnet.co.za.
Jan Rap2013-03-21Jy vra " ... waar is dit antropologies bewys dat daar so iets soos 'n Afrikaner of boer is?" (terloops, jy bedoel seker 'Boer' (met 'n hoofletter) want 'boer' (sonder hoofletter) is sinoniem met 'plaasboer').
Hennie Fritz2013-03-21 By vanjaar se fees was ek nie meisieloos nie en my eie tienerseuns (jongmanne) het die fees op hul gesonde manier geniet. Ek verlang lankal nie meer na die Kaapse Skou nie, maar ek sien wel uit na die volgende fees saam met my mense.
Nadia de Kock2013-03-21“Staan in pit; dis nág!” sms ek vir Wynand. “Bevange!”* My jong vriend, self ‘n bekwame musikant, se reaksie kom binne minute. Vandat ek en Alta verlede November ons ongereserveerde staanplekkaartjies vir die Springsteen show in Sunderland se Stadium of Light gekoop het, het ek begin droom van ‘n plekkie voor, téén die verhoog. In die pit, of Golden Circle soos dit hier bekend staan
Jan Rap2013-03-20Wouter, jy haal die SA moordsyfer aan as 30.9 per 100000 van die bevolking waar die syfers in Engeland/Wallis, Nederland en Duitsland respektiewelik 0.9, 1.1 en 0.8 is. Dan sluit jy af met "So Jan, die President bevestig jy is verkeerd, en is die gevoel dat jy dit met hom opneem."
Trienie2013-03-20Maar die kern van die waarheid, word vasgevang in die woorde van die opskrif onderaan ‘n foto van Ellen. Dit wys waar sy in haar beknopte beradings kantoortjie sit: “Toe ek God om vergifnis vra, het Hy my vergewe. Ek was van kop tot tone verlig.”
Francois Williams2013-03-19Tussendeur die tallose misdade wat die Wittes gepleeg het, en steeds pleeg daagliks in Afrika, staan die massamoord op die wilde diere van Afrika uit soos 'n paal bo die water!!