Kyk, moersleutel is natuurlik 'n baie handige woord. As jy 'n ou moer met 'n groterige een, kan jy sy verstand ontsluit sodat hy beter verstaan wat jy van hom verwag. Of jy kan 'n moer of bout daarmee vassluit of ontsluit.
Maar moet ons "spanner" sommer net versmaai? Volgens wat ek verstaan kom die Engelse woord "spanner" van die Duitse "spannen".
Kyk byvoorbeeld wat sê die Encarta World English Dictionary oor die oorsprong van hulle "spanner" ...[Mid-17thC. From German, formed from spannen (see SPAN¹).]
Kyk mens dan na SPAN¹, na die laaste betekenis van die woord as oorganklike werkwoord, staan daar die volgende:
"3 Encircle sth with the hands - to encircle or cover sth with the hands, especially in order to estimate its size [Old English spann . Ultimately from a prehistoric Germanic word that also produced German spannen 'to stretch' (source of English spanner). As mens 'n bout vasdraai, span jy hom mos styf, nie waar nie?
Was ons nie te gou om die woord te brandmerk as 'n Anglisisme nie? Of liewer dan, as Plein Engels? Ek voel ons kan hom gebruik, maar dan net met Afrikaanse klanke uitspreek.
Man, dis baie vermoeiend om uit 'n woordeboek te probeer reg oortik, dit gaan bitter stadig. Hierna gaan ek 'n Klipdrif drink, ek kan nou nie Whiskey bekostig soos jy nie. Trouens, ek is nie eens seker hoe spel mens dit nie.
Groete,
Varkspek


Kommentaar
So van Afrikaans gepraat: my vrou het onlangs vir haar 'n nuwe motor gekoop; een van daardie Japannese gemorsies wat met 'n H begin. Nou die oggend raak sy knormoer onklaar: hy wou om de dood nie knor nie.
Varkspek, dis nou interessante nuus. Nog so 'n geval is 'steak' wat oorspronklik van die Hollandse 'biefstuk' wat toe later net 'stuk' geword het en die Engelse het daarvan 'steak' gemaak. 'Coleslaw' is 'koolslaai' en ek het al gehoor Amerikaners gebruik die woord 'kakkas', soos ons, vir iets wat sleg lyk (en seker ruik ook).
Angus, die Japanse karretjie wat met 'n H begin is ver van gemors af. Ek sou wed daar's niks fout met die knormoer nie; kyk na die battery of eers, maak seker waar die negatief aan die bakwerk aard dat dit skoon is daar. Die H-karretjies en -karre is van die heel bestes.