Trienie lewer dikwels kosbare bydraes hier wat só menslik relevant is met ’n baie sterk Geestelike inslag.
Nog een daarvan is die onlangse ‘Nostalgiese geheuekiekie: kinderjare’ wat hierdie keer oor haar persoonlik handel. In hierdie kiekie maak Trienie so bietjie haar hart oop en ons leer op ’n baie teer en respekvolle manier haar oorlede vader, ’n prediker, ken via die kuberpen van Trienie, maar daarmee saam, ook so ’n ietsie omtrent haarself en die invloed wat haar predikant pa op haar herinneringe en lewensuitkyk had tot waar sy haar vandag bevind.
Trienie neem nog nie lank deel aan die forum nie, maar ons het haar al leer ken aan haar ken aan haar meestal bemoedigende en positiewe kommentare by allerlei skrywes en ook haar artikels wat altyd ’n positiewe inslag het, al handel dit oor moeilike onderwerpe.
Wat ons uit Trienie se bydraes leer, is dat sy ’n diepgelowige, Woordgetroue Christenvrou is met ’n sterk positiewe lewensuitkyk en ’n definitiewe roeping vir die werk van die HERE op die besondere manier en weg waarop Hy haar lei.
Trienie se skryfstyl is ook kenmerkend. Haar artikels het gewoonlik ’n hooftema met sekondêre inligting wat die hooftema so effens uitbou en toelig. Trienie bespreek die hooftema gewoonlik in redelike detail, maar die sekondêre inligting bied sy meestal baie kursories aan. Haar kommentare is oorwegend kort, amper selfoon of telegramstyl en dikwels laat sy ook werkwoorde uit en kry mens die indruk uit al haar skryfwerk dat sy soms skrywe onder druk van tyd en ‘onnodige’ detail dus weggelaat word.
Maar altyd is die boodskap wat sy wil oorbring, baie duidelik en herkenbaar en maak sy haar punt duidelik.
Behalwe, natuurlik, vir die residensiële spirituele aasdiere en hul brommer. Hulle is nou weer ’n geleentheid gegee om hulself te vertoon en dié het hulle dan ook weer op die gebruiklike negatiewe manier gedoen.
Só sien ons dit weereens in die blertse wat hulle laat by Trienie se laatste bydraes, veral die een onder bespreking. Die brommer waarsku haar nogal hoe riskant dit vir haar is om enigiets van haarself hier te openbaar, omdat dit, by implikasie, met virtuele miskoeke bestook sal word… en dan gaan hy in dieselfde asem en skrop die mis om haar rond en demonstreer dáárdeur vir ons almal hoe dit eintlik teen homself en die ander kuber aasdiere, om wie se koppe hy voortdurend rondfladder, is, teen wie hy haar so pas gewaarsku het. Eienaardig, eienaardig… maar tipies.
Een van die mees spraaksame spirituele aasdiere hier, Chris, het eerste losgetrek met ’n kort sinnetjie waarin hy sy kenmerkende insigloosheid openbaar, ten aansien van Trienie se biegsel oor haar rebelsheid en weerspannigheid as pastoriedogter. In net die vorige paragraaf het sy egter vertel dat sy eintlik ’n ietwat van ’n rabbedoe was deur met die ankertou langs op haar pa se kerktent opgeklim het en daarmee die kerktannies na hul harte laat gryp het. Oulik, ondeund. Rabbedoe. Dit sluit aan om te kontrasteer met die erns en gewydheid van die atmosfeer in die tent waar ernstig aanbid is en waar mense die HERE se geskenke ontvang het weens Sy kenmerkende teenwoordigheid daar (Mattheus 18:18-20), sommige ook genesing van siektes, via Sy dienskneg, Trienie se opregte, toegewyde predikant pa. Maar dit het hoegenaamd niks te make met die volgende paragrawe waar sy bieg oor haar rebelsheid en die feit dat sy haar ouers opdraande gegee het, nie. Tog kan Chris dit nie insien nie en snou hy haar sarkasties toe dat sy nie rebels is omdat sy op die tenttoue geklim het nie… Die hele boodskap gaan dus daar by hom verby.
Trienie, nog ietwat ongeoefend om die bedrewe lis en valsheid van die splitstonge van sommige basiliske hier te herken vir wat dit is, sien Chris se snedige, venynige en sarkastiese gif wat in suiker verpak is, nie raak nie en dink dat hy teenoor haar ‘versag’ het. Maar helaas, met dié suiker bedekte lis en gif probeer hy Trienie in die een strik na die ander lei.
Intussen kom die residensiële brommer by die eerste reuk van stank (Chris se venynige aanmerking) by en maak soos ek hierbo na verwys.
Net twee mense wat kan begryp waaroor Trienie se artikel handel en die diepere waarde daarvan kan waardeer, lewer kommentaar en die indruk waarmee hulle mens laat is dat hulle nie agnosties nie.
Vir die res, sak die spirituele aasdiere behoorlik daarop wat hulle vir aas aansien, toe. Nou weet ons hoekom hulle aasdiere is – omdat hulle altyd mosterd na die maal is - en só ook die residensiële spirituele aasdiere wat net eenvoudig nie die vermoë het om by die hoofmaal aan te sit nie en te moet wag vir die afval nadat die feesmaal verby is.
Want sien, Trienie se artikel onder bespreking dra ’n wonderlike en bemoedigende boodskap deur – dié van die HERE God en Sy dienskneg, haar oorlede vader, wat sóveel positiewe invloed en werk gedoen het en hoe die Gees van God by die gewillige en diensvaardige en moedige dienaar mense geïnspireer en aangeraak het ten goede en hoe sy as rebelse en obstinaat pastoriedogter ten spyte daarvan, tóg ’n oortuigde, gelowige en ywerig gewillige dienaar van God geword het tot wat sy vandag is – dit is die hoofmaal en dié het by die aasdiere geheel en al verbygegaan, soos gebruiklik. Daarom sak hulle op die nuttelose aas toe en in die proses sluk hulle van gulsigheid meer winde en gemors, as aas, met die residensiële brommer wat gedurig dei stank opslurp.
Kom ons kyk na hulle aas – sommer net so hier en daar. Lees gerus die artikel en die spul aasdiere se kommentare daar by die skakel wat ek hierbo insluit, sodat ek nie nodig het om elkeen hier te herhaal nie.
Wat ons daar sien, is die gebruiklike siedende persoonlike aanval op Trienie.
Trienie plaas ’n sekondêre stukkie inligting sonder spesifieke toeligting – ’n lugfoto van ’n tipiese evangelie tent – ’n tipe tabernakel van ouds wat met redelike gemak van plek tot plek verskuiwe kan word. Haar pa het agter só ’n tent gebruik omdat hy nie geld vir ’n gebou gehad het, nie en Trienie verduidelik dit ook só. Vandag nog word dit baie dikwels ingespan en ingeligte mense weet hoe waardevol daardie tamaaie groot tente is om as plekke van aanbidding te dien. Wanneer mens die Kaapse vlakte, byvoorbeeld, besoek, sal jy dikwels nog dié tente met hul kenmerkende konstruksie sien waar nomadiese evangeliste dit gebruik. Maar op geen plek eien Trienie dáárdie tent op dáárdie foto, as dié van haar pa toe, nie. Trouens, net onder die gewraakte foto, die spul aasdiere se aas, plaas Trienie nóg ’n foto, hierdie keer dié van haar oorlede vader voor sy evangelie tent en Trienie doen die moeite om dié foto en die tent daarop, as dié van haar vader te eien. Enigiemand met bietjie insig en wie nie kwaadwillig en bevooroordeeld is nie (daarmee word die deelnemende residensiële aasdiere per se gediskwalifiseer) sal besef dat Trienie die lugfoto geplaas het bloot as voorbeeld van ’n tipiese evangelietent, sónder byskrif wat dit kwansuis as dié van haar vader sou eien (soos sy wél met die volgende foto doen) en sal mens dit as sodanig insien. Dit maak sin, want behalwe ’n fraksie van haar vader se tent, wat op die foto sigbaar is, is die tipiese aard nie sigbaar vanaf daardie foto nie (slegs ’n klein deel van die lap kante en tipiese gekartelde dak van só ’n tent is sigbaar) en derhalwe die lugfoto wat die tipe tent mooi demonstreer.
Dan is daar natuurlik ook die ouderdom kwessie. Trienie erken dat sy ouer as Chris is, maar net, net nie oud genoeg om sy ma te wees, nie. Alreeds dáár raak Chris in sy vete om haar te diskrediteer, die pad byster en maak die gebruiklike allerlei onsamehangende en ongefundeerde afleidings en neem daarmee oploop. Selfs die foto van Trienie (vermoedelik) op Faceboek wat hy self plaas, weerspreek sy onsinnige afleidings en die snert wat hy daarop probeer staanmaak, want die jeugdige voorkoms dáár weerspreek ’n afleiding dat sy dat sy 75 jaar kan wees. Sy is waarskynlik ’n baby boomer wie, soos ons almal se ouers, uit die oorlogsjare kom. Karre van daardie era was ’n algemene gesig omdat geld vir nuwe karre in die paar dekades na die oorlog nog ’n relatief skaars kommoditeit was en daardie karre nog vervaardig was om te hou. Trouens, ons sien selfs vandag nog van hulle rondry. Boonop was mense in ons kinderjare nog toegewyde kerkgangers. Die feit dat die brommer se ma nie weet van Trienie se oorlede vader se bediening nie (oppas! Ons het net die brommer se woord daarvoor en ons het al algar gesien hoe ’n wrewel die brommer in die waarheid het – soveel só dat as hy op waarheid afkom, verdraai hy dit summier in ’n leuen), verbaas nie, want daar was boonop báie ywerige predikante en die brommer, tipies, neem nie in ag dat daar daardie dae nie televisie was soos vandag nie. Dus, nuus is gehoor, maar selde gesien. Maar wie sou sulke insig van die brommer kon verwag?
Chris se SPAR troef val ook uit sy hande uit. As hy maar net ’n greintjie van die integriteit van Trienie had, sou hy eers dink end aan praat, van sy soort kan mens dit, aan die ander kant weer, kwalik verwag. Dit is báie maklik om vas te stel dat SPAR, ’n Nederlandse groep skakelwinkels, alreeds in 1932 gestig is en so vroeg as 1953 internasionaal uitgebrei het en Suid-Afrika met sy (destydse) sterk Nederlandse bande, een van die voorste ondersteuners van die groep, was. Dus, Trienie is nié verkeerd nie.
Dit is sieklik om te aanskou hoe die spul aasdiere met hulle brommer nou op die persoon van Trienie toeslaan – van Chris wat in sy element is wanneer hy haar probeer verkleineer met sy gebruiklike bitterheid en listige venyn en sarkasme (uit sy eie ontboeseming weet ons nou ook waarom hy so ’n geweldige tjip op sy skouer het). Wouter matig hom aan om Trienie sielkundig te wil ontleed en raak die werklikheid daar byster en is én is op ’n ander manier net so venynig soos Chris, en hulle immer- in-die-nabyheid brommer wat sy gebruiklike niksseggende blertse ongenooid en ongevraagd los en daardie ander gogga, Richard, met sy onsinnige blertse, ens.
Hoe is dit dat dié mense dan nie kan insien hoe negatief en afbrekend en doods hulle is nie – van die hoflike taalgebruik van Wouter wat die negatiewe venyn moet verdoesel tot by die platvloersheid van ’n brommer, ’n Chris en verál ook ’n Richard. Sodra hulle by enige gesprek betrokke raak, is dit soos die swart dood wat insypel tot elke greintjie lewe verdwyn daaruit óf hulle eenvoudig uit die pad geveeg moet word.
Kobus de Klerk


Kommentaar
KdK, jy maak dinge erger vir Trienie, nie beter nie. Niemand gaan beter dink van haar omdat sy nou die grootste liegbek en verdraaier van waarheid aan haar kant het nie. Ek kan net hoop dat sy nie val vir die "plannetjies" van 'n oneerlike prokureur. Die bietjie respek wat ek vir haar het sal dan onmiddellik verdwyn. http://www.spar-international.com/about-spar/spar-countries/spar-continents---africa/south-africa
Sjoe Kobus!
Wens ek kan al soos jy skryf, maar hier is iets baie interessants omtrent die hele petalje. Ek het wel vir hierdie ouens toe teruggeskryf, 'n laaaang relaas. Oor die 2000 woorde waar ek op 'n ordentlike manier probeer verduidelik het, en al die misverstande wou ontbloot. Intussen het dit nooit verskein onder die brief as 'n kommentaar, en sien ek vanoggend dieselfde het met Comestor se skrywe gebeur.
Wel, het ek gedink, miskien moes dit gebeur het. Vir 'n doel. My lewe loop maar snaakse draaie. Ek het Naomi gevra om dit maar te los, as sy dit nie kry.
Hule het in elk geval al my respekte verloor, en is dit soos jy hierbonoem, my tyd is geweldig min, en het ek nie rerig tyd om aan hul af te staan soos jy en Comestor nie.
LitNet is vir my 'n hoofbron om skryfvaardighede aanleer, en leer ek in elk geval baie by jou en Comestor se skryfstyle.
Ek geniet in elk geval alles. Jy sal dit nie glo. Selfs hul geroggel.
Trienie
Jou gebruiklike galbrakery sal jou niks baat ne, Chris - jy is vir die soveelste keer uitgevang dat jy kwaadwillig omgaan met gelowiges en die waarheid. Jou skakel weerspreek niks werklik wat ek weergee het nie.
Jy noem my en Trienie al die name, maar jy kon nog nooit substansie verleen daaraan nie ne ook geen bewyse van jou bewering van sogenaamde oneerlikheid, nie. Daarenteen is jy met bewyse keer op keer uitgewys as 'n leuenaar - al wat mense hoef te doen, is om na jou gesprekke met my te kyk.
Karaktermoord ne persoonlike aanvalle is jul enigste patetiese taktiek. Dit werk mos nie met ons nie.
Kobus de Klerk
"Aas" hier en "aas" daar?... siestog, hoeveel maal voorheen het hierdie oneervolle Satansadvokaat nie ander probeer neerhaal vir veel eerliker sinnebeelde as die van 'n Trienie Mahne nie... Trienie, jy het gewis die Duiwel aan jou kant... wil jy werklik van sy besetenheid ontslae raak, of troos dit ook jou ego?
Chris, jy kan nou maar protesteer soos jy wil maar 'n gewese professionele man het jou as 'n "residensiële brommer" geêtiketeer en jy gaan lank sukkel om van al die mis ontslae te raak en weer skoon te kom.
Wat vir my interessant is, is die manier waarop KdK te werk gaan. Hy sit met 'n swak saak maar al die positiewe elementjies grawe hy uit en uiteindelik het hy nie net sy eie dunk van KdK erg geboost nie, maar 'n blink Trienie voel ook weer goed en mag hom dalk in die toekoms onderskraag. Wat ook baie tel by 'n professionele man is dat hoe langer hy praat hoe meer word hy betaal, sonder om vir 'n oomblik aan die arme hofamptenare (of SêNet lesers) te dink, wat graag met die volgende saak wil aangaan. Dis darem so jammer hy kan nie meer daagliks op hierdie wyse aangaan en nog baie geld maak as 'n bonus nie - dis nou uit KdK se hoek gesien. Net jammer hy is geskrap en kry nie geld vir sy skryfsels nie. Ons moet nie lelik met hom wees as hy ou drome wil uitleef nie - ek preek nou vir myself.
George
Trienie,
My verwysing na jou skryfstyl was beslis nie as kritiek bedoel nie, maar om uit te wys dat jy weens tydsbeperking eerder meer detail aan jou hooftema verleen as aan die sekondêre inligting en daarom voer jy nie altyd met die lepel wanneer jy skrywe nie.
Die gewone, normale leser met normale insig het absoluut geen probleem om jou bydraes hier te begryp nie en ook nie om jou boodskap daarin te eien nie, soos ons bemerk het met die kommentare van Jan Rap en Claassens.
Wat die reaksie van die agnostici op jou artikel egter uitwys, is die onvermoë om te verstaan waaroor ons skrywe, indien daar nie met die lepel gevoer word, nie – en meer dikwels as nie, ten spyte van ’n lepelvoerdery.
Die probleem met hulle gebrek aan insig, blyk soos klokslag ook uit hulle blertse omtrent wat ek hierbo geskrywe het. Let op, die kenmerkende niksseggende persoonlike aanvalle en die bykans totale gebrek aan enige verwysing na, of bespreking van, enige substansie wat hulle ‘kritiek’ kan ondersteun. Hulle is net eenvoudig uit hul insiglose liga uit. Ten spyte van duidelike onderskeid, kan een of meer van hulle nie eens agterkom wie die residensiële brommer is nie – Cornelius – ten spyte daarvan dat ek na identifiserende inhoud van die brommer se blertse verwys en ook al tevore dié metafoor gebruik het vir hom omdat dit die persoonlikheid en psige wat hy hier van homself openbaar, so raak beskrywe. Dus, Chris is nie die brommer nie… maar sy en die ander van hulle se onwelriekende en besmette blertse is juis die brommer se kos. Mens kan maar raai watter is die ergste.
Hulle is desperaat ook om hulself te laat hoor - die George karakter is so angstig om homself te laat geld, dat hy sommer dieselfde bydrae drie keer plaas.... asof die snert daarin nou beter leesbaar sal wees met repeterende plasings.
Kobus de Klerk
George, is dit nie siek nie?
George, is dit nie half tragies dat Christene soos KdK en Trienie 'n goue geleentheid hier verby laat gaan het om vir galbrakende ateïste soos ek te wys waarvan hulle regtig gemaak is. Trienie het 'n fout gemaak, so what, ons is almal menslik, en dis nie asof sy gesteel of gemoor het nie. Maar eerder dit erken, probeer hulle dit wegploeg met woordpasteie. Kan hulle regtig só arrogant wees dat hulle dink die verdediging en regverdiging van hulle karakters gaan bepaal of Christendom waar of vals is?
Terloops, ek dink dis Cornelius wie die brommer is na wie KdK verwys, maar wie weet wat in daai ou se kop aangaan. Dalk is ek ook nou 'n brommer, 'n titel, komende van KdK, wat my glad nie pla nie.
Eers beskuldig julle Trienie vals en gaan daarna oraloor op loop daarmee, asof sy 'n aartsbedrieër is, maar noudat julle op julle herrie kry daaroor, nou skielik is dit 'so what, ons is almal menslik, en dis nie asof sy gesteel of gemoor het nie' ... Magtig, julle is soos dobberende kurkproppe sonder rigting op die oseaan .
Jou onnosel arrogansie om te dink dat ons enige begeerte het om enigiets aan julle te wil bewys, Chris, bewys net weereens hoe min greep julle op die werklikheid het. Ons vind julle manier van Goddeloosheid absoluut walglik en wil op geen wyse hoegenaamd julle 'goedkeuring' omtrent ons Christenskap hê nie, want om julle goedkeuring te moet verkry, sal net gebeur as ons soos julle, die Here sou moes verloën en belaster - iets wat nooit nie sal gebeur nie want dit walg ons en ons word daarteen beskerm.
Dus, insiglose mens, die dag as jy en ander soos jy my Christenskap moet goedkeur, dan sal dit net wees omdat julle tot bekering kom - vir die res is julle afsku en teenkanting van ons opregte Christenskap 'n riem onder die hart en 'n seker teken dat ons op die regte Weg is (Lukas 21:7).
Jou klakkelose 'kennis' van die inhoud van die Bybel bemagtig jou nie eens om te weet of te besef of in te sien waarom jou verwagting dat enige opregte gelowige iets aan jou en jou soort sal wou 'bewys', absoluut verregaande en onhoudbaar is. Spiritueel is julle gans te smetterig. Vir jou inligting, arme aanmatigende, domastrant mens:
"Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis? En watter ooreenstemming het Christus met Bélial, of watter aandeel het die gelowige met die ongelowige? Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode? Want julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek het: Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My ’n volk wees. Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem; en Ek sal vir julle ’n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige" - 2 Korinthiërs 6:14-18.
En met hoogmoed het dit niks te make nie - wel met 'n wyse en opgevoede keuse om onsself nie spiritueel te bevuil om in die spreekwoordelike varkmis te gaan ploeter saam met julle, sodat die brommers julle toesak, soos ons hier sien gebeur, nie.
Kobus de Klerk
Hallo Chris
Ja, jy is reg - Kobus de Klerk verwys lankal reeds na my, as 'n eenvoudige kind van die Here, as 'n brommer.
Die werf se ware Christen-gelowiges - Trienie Mahne, "Dolf",... tot by hul infernale hoëpriester Kobus de Klerk, verag my daarvoor.
In my kommentaar onderaan aan Trienie se kontroversiële bedrieëry oor haar pa, het ek met die grootste respek onder meer die volgende gevra:
1. [Trienie] jy tik: "As hul hierdie tent opgeslaan het van dorp tot dorp, was daar baie “wonderwerke”" - hoekom die woord wonderwerke, in aanhalingstekens?
2. [Trienie] jy tik: "Hy het ‘n sekere charisma-salwing op sy skouers gedra, en wanneer hy uit daardie kamer gekom het, was daar ‘n shekinah-aroma om hom wat ek nie kon beskryf" - Trienie, wat is jou begrip aan die woord Shekhinah?
Dit was vir enigeen duidelik dat Trienie besig was om iemand te probeer mislei deur die bekende evangelis Billy Graham, se tent met haar pa Kosie van Tonder iewers in Transvaalse se stof, te verbind.
Ten einde haar verleentheid te probeer spaar, het ek my laaste vraag toe so bewoord:
3. [Trienie] Die tent in jou prentjie is hel groot - baie groter as enige sirkustent wat ek ooit gesien het - of enige Afrika/ANC-konferensietent vandag. Ek is oortuig dat die hele Waterkloof NG-gemeente vandag selfs daarin sou pas. Met respek; jou pa moes gewis 'n baie bekende prediker gewees het - veel groter as onse berugte Kobus de Klerk in sy infernale huiskerkstelsel vandag. Ek is in 1960 gebore. As kind het ek ook saam in karre soos dié in jou prentjie met die tent in, gery. My moeder was dus 'n jong vrou toe julle daardie groot tent van dorp tot dorp opgeslaan het. Ons het in my baba en kleuter jare in Pretoria gewoon. Ek het my bejaarde moeder intussen gevra of sy ooit van die prediker Kosie van der Walt, in daardie jare gehoor het. Met haar verstand steeds so helder soos 'n Gereformeerde-katkisant op aannemingsdag, antwoord sy toe, nee. Ek het my ook verkyk aan die geboue in die agtergrond van jou prentjie. Glo my, ek deurkruis ook ons land - sonder 'n tent, of 'n kansel.
Waar, en in watter jaar is die foto met die tent geneem Trienie?
My bevraagtekening van Kosie van Tonder se tent was diep weggepak en het soos gewens, julle verby geval.
As Trienie dalk nie so hooghartig was nie, het ek gereken sou sy my vrae behoorlik lees, en miskien die geleentheid kon gebruik om haar bedrog self in beter lig te stel.
Maar nou ja Chris, jou openlike en reguit vraag na my verpakte poging, was gewis die regte manier om hierdie ware Christen-gelowiges se huigelary op die werf te ontbloot.
Dis altyd te wagte dat die oneervol geskrapte prokureur, ook sy verlore aansien met elke moontlike bietjie aas in sy rigting in sy kammahof op die werf dit sal probeer herwin - nes George dit ook tereg verwoord het.
Dis egter hartseer om te lees hoe Trienie Mahne, nou haar met haar lofprysing tot eer van haar ghoeroe Kobus de Klerk, haarself maar uiteindelik toe ook net as nog 'n ware en hooghartige patologiese narsis verklaar het.
Al hierdie val egter tersyde - niemand is tog so belangrik nie - ook nie hierdie selfbehepte Fariseërs nie. Belangrikste vir my sou wees as elkeen net kon sien dat dit hoegenaamd nie oor Godsdiens, of die Evangelie, by hierdie dwepers gaan nie. Godsdiens is bloot 'n middel tot hul doel om ander om hulle mee neer te haal.
'n Vraag wat nie een van hierdie godsdiensboewe tot dusver wou antwoord nie is; "Ja, Jesus Christus is God", of "Nee, Jesus Christus is nie God nie". Telkens wanneer hulle geleentheid kry om hierdie antwoord uit hul hart te getuig, dan probeer hulle dit wegploeg met woordpasteie - dankie vir hierdie gepaste uitdrukking Chris!
Namaste!
Cornelius
Helaas!... nogmaals gee Kobus de Klerk homself HOOG aan - en ja, nogmaals klim Kobus op Chris af..., af..., af..., - en soos altyd probeer Kobus de Klerk net weer, om met elke letter tot sy beskikking, almal buite sy kringetjie van infernale dienaars neer te haal... ja, die Adder, kan gewis nie anders nie...
Cornelius, jy sê deesdae gedurig jy is 'n sogenaamde 'eenvoudige' kind van die 'here'. Eenvoudig? so 'n tyd gelede het jy self erken dat jy 'n (problematiese) ''komplekse psige' het. Jou onophoudelike lastering, kettery en snert wat jy onder die here se Naam verkondig, dui ook duidelik daarop.
En van watter 'here' praat jy as jy aanspraak maak op kindskap? Baie bepaald nie die ware Here Jesus Christus nie - want die hoedanighede wat jy aan jou selfgeskepte en selfversinde 'here' toedig, maak dit baie duidelik dat jy nie na die ware Here verwys, nie.
Jy het jouself al weldeeglik omtrent die Here bedrieg en mislei, dus moet jy ophou om ander mense ook so te probeer mislei. Jy praat ook gedurig van hoe die 'here' waarna jy verwys, homself in jou hart openbaar en hoe jy dit in jou hart ervaar - maar jou hart loop gedurig oor in die liefdeloosheid wat ons hier gedurig aanskou en ook van die talle lasterlike leuens wat jy omtrent die Here verkondig - jy is dus 'n spirituele bedrieër en daarmee insinueer jy valslik dat dit die Here is wat daardie bedrog in jou hart plaas?! Jou opperste lasteraar! Die HERE sal met jou afreken daaroor... So, wat is eintlik besig om in jou hart te gebeur?
Jou probleem is dat jy dink almal is so insigloos en ver verwyderd van die ware Here soos jy, sodat niemand sal agterkom hoe jy bedrieg nie. Jy is verkeerd - jy word telkens uitgevang want jy kan die Gees van God, wie in die ware gelowiges werksaam is, nie bedrieg nie.
Kobus de Klerk
KdK, die volgende keer as jy kaalgat voor 'n spieël staan moet jy kyk of jy die vervaldatum kan sien, en dan onthou om dit agteruit te lees: Jy is nie meer 'n prokureur nie, en toe jy nog een was, geoordeel aan die "argumente" wat jy hier rondstrooi, nie 'n baie goeie of eerlike een nie.
Chris, ek staan nie nakend voor die spieël om myself te bekyk nie... magtig, waarom doen jy dit met jouself?
Jy besef natuurlik hoe platkop en insigloos jou blerts hierbo jou maar net weereens openbaar as 'n spreekwoordelike leëkop. Maar dit is jou probleem, en ek dink jy weet teen hierdie tyd waar dit vandaan kom en hoekom dit so is.
Kobus de Klerk
Met respek tot enige eenvoudige kind van die HERE wat wel aan die een of ander problematiese, of komplekse psige ly, die volgende ook spesiaal aan Kobus de Klerk;
Kobus de Klerk, wyl jy jouself so ywerig probeer verhef in jou kammahof op die werf, en met jou oneervol geskrapte regskunde soos weereens hier ter verdediging van Trienie se algemene skynheiligheid en oneerlikheid, daag ek jou om jou tipies aksionabele stelling naamlik: "so 'n tyd gelede het jy [Cornelius] self erken dat jy 'n (problematiese) ''komplekse psige' het", te grond met skakels en aanhalings daarna.
In jou erge haatlikheid en getroue onderhewigheid aan Satan, is dit immers waar dat hierdie aanname van jou, nes gewoonlik gebore is uit jou berugte en infernale spirituele intelligensie.
Ongeag my sogenaamde problematiese sielkundige toestand, is dit genadiglik waar dat indien 'n eenvoudige kind van die HERE wel aan 'n (problematiese) ''komplekse psige" ly, hulle tog steeds as eenvoudige en nederige kinders van die HERE in hul harte deur GOD self geken word - en nie 'n godsdiensboef en anderhater soos 'n Kobus de Klerk, of Trienie Mahne se erkenning nodig het nie.
Die ou grote Kobus de Klerk (soos hy graag ook na homself verwys), braak ook die volgende: "En met hoogmoed het dit niks te make nie - wel met 'n wyse en opgevoede keuse om onsself nie spiritueel te bevuil om in die spreekwoordelike varkmis te gaan ploeter saam met julle, sodat die brommers julle toesak, soos ons hier sien gebeur, nie."
Weereens is ek dankbaar en bly om in GOD se genade en liefde, te weet dat wyl 'n farisese godsdiensboef soos Kobus de Klerk homself as te HOOG ag om "bevuil en in varkmis te gaan ploeter" saam met die sondaars, "agnoste", asook ander nederige kinders van die HERE wat hom nie eer nie - GOD immers NEERGEDAAL het uit die HEMEL en tot af na die HEL, en ook as 'n mens in 'n stal vir ons ALMAL se saligheid gebore is.
Anders as onse HERE, beskou Kobus de Klerk en sy ware gelowige meelopers soos Trienie Mahne hulself VERHEWE bokant mense wat nie voor hulle buig nie - ook nes die Fariseërs en skrifgeleerdes van ouds.
Ja, hulle doen al hul werke om deur die mense gesien te word, en hulle maak hul gedenkseëls breed en die some van hul klere groot. En hulle hou van die voorste plekke by die maaltye en die voorste banke in die vergadering en die begroetings op die markte en om deur die mense as "spiritueel intelligent" beskou te word...
Maar so spreek onse HERE - ...die grootste van julle moet jul dienaar wees. Wie homself verhoog, sal verneder word, en wie homself verneder, sal verhoog word. Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle sluit die koninkryk van die Hemele toe voor die mense; want julle gaan self nie in nie, en die wat sou ingaan, laat julle nie toe om in te gaan nie... Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle trek rond oor see en land om een bekeerling te maak; en as hy dit geword het, maak julle hom 'n kind van die hel, twee maal erger as julle self... Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle gee tiendes van kruisement en anys en koljander, en die swaarste van die wet laat julle ná: die reg en die barmhartigheid en die trou. Hierdie dinge behoort julle te doen sonder om die ander na te laat. Blinde leiers, julle wat die muggie uitsif, maar die kameel insluk! Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle maak die buitekant van die beker en die skottel skoon, maar binnekant is dit vol roof en onmatigheid... Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle is net soos gewitte grafte wat van buite wel fraai lyk, maar van binne vol doodsbene en allerhande onreinheid is. So lyk julle ook van buite vir die mense wel regverdig, maar van binne is julle vol geveinsdheid en ongeregtigheid...
Slange, addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug?
(uit Mattheüs 23)
Mag Jesus Christus onse HERE, ons verlos van die hooghartigheid van 'n Kobus de Klerk, asook al sy meelopers onder 'n dekmantel van Christelikheid; adders...
Namaste!
Cornelius