winde v’n onkund’-ontkenningskunde

  • 0

’t batie, bring Mens zero inniesakkie, helpie t’kla,
’t ong’vestigdes, neo-kreole, Bibault’rs, in Afrika,
gans-’n-al v’rleer, hóé Homo toyi-toyi, protesteer,
’t outo-didak versus Self-destruksie geen v’rweer

aai-aai-aai, allie saaigoed, na lang g’wag g’maai,
wie’t nu eintlik v’r wie v’rraai, wie vra watt’r tyd,
wie’s skull’g, van lafhartigheid, pamp’rlangb’leid,
dikvell’gheid, apatie, min g’pla, m’t wind s’waai

waarheid slat diep, waar’t seermaak, rek’n,
al tjyns realiteit oornag, na ’n onheil-duist’r,
al sou voorou’rs iets onv’rstaanbaars fluist’r,
staat’l werk v’r eeue’l as “rekord” opg’tek’n

loei onkund’-ontkenn’ngskunde se winde,
menswaardigheid, ubuNtu, nêr’ns t’vinde

Jacobus Faasen

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top