Yuri, jou brief van gister verwys (Jan Rap bly pap).
Jy reken ek besef nie vryheid van spraak word hier beskerm nie. Hoekom sê jy dit? Ek het bloot uitgewys dat jy kla oor die verval van Johannesburg maar in dieselfde asem beskuldig jy mense dat hulle 'kla en kla' as hulle, soos jy, 'n 'kritiese blik werp' oor die hele land wat so verval, nie net Johannesburg nie.
Jy sluit af dat dit 'n " ... pluimpie [is] dat jy soveel naslaanswerk gaan doen het. Dit toon aan dat jy nie Handves verstaan nie kameraad."Hoe bring jy die kloutjie by die oor? Die pluimpie dui dat ek nie die handves verstaan nie?
Terloops, ek het nie soveel naslaanwerk gedoen soos jy beweer nie; ek het op Kleinboer se brief "Ek praat ook die kak taal" afgekom en toe gesoek na jou brief waarop hy reageer het. Dit is op die manier dat ek op die briewe afgekom het waarin jy al die twak geskryf het.
Nog 'n eienaardigheid wat ek vergeet het om in my brief te noem: Jy tik ene Don oor die vingers deur die swart luisteraars van 702 aante haal wat die ' ... swartgalliges oor die vingers getik het...', dis nou die swart swartgalliges wat nie vat aan die Springbokspan kan kry nie. Hulle raad was "Wat in die verlede gebeur het, is verby. Laat ons nou voortgaan met die toekoms."
Ooglopend is dit jou standpunt ook MAAR jy kan nie ophou om te kla oor die 'apartheidsbordjies' en die gewaande ongeregtighede van die verlede nie soos jou weersin in die naam 'Afrikaner' en 'Boer' 'n manifestasie van is. Is dit nie tyd dat jy die swartes wat jou so op 702 beïndruk het (en dus jou eie) se raad volg nie? Beweeg aan man.
Jy vra " ... waar is dit antropologies bewys dat daar so iets soos 'n Afrikaner of boer is?" (terloops, jy bedoel seker 'Boer' (met 'n hoofletter) want 'boer' (sonder hoofletter) is sinoniem met 'plaasboer'). Geen antropologiese bewys nie; dit is bloot 'n spesifieke kultuur. Jy weet dit dan, man, want in dieselfde brief sê jy dat jy " ... glo in [die nuwe Suid-Afrika se] mense, hul kultuurverskille en die strewe om bo uit te kom." My skuinsskrif.
Waar kom jy tog daaraan dat die Engelse die naam 'Boer' gegee het? Waar sou hulle die naam kry? Jy moet dink voor jy praat; jy praat net oor praat praat is.
Jan Rap

