Nog uit die argief

  • 0

Ek het op 'n resensie, deur Joan Hambidge, van George Claassen se boek Geloof Bygeloof en ander Wensdenkery afgekom. Hierdie volgende aanhaling is vir my 'n oopkop-opmerking van Joan:

As ek na 'n radioprogram luister oor die planete-sisteem, bedreig dit nie, of hoef dit nie, my siening van die goddelike dimensie te ondergrawe nie. Hierom verwag 'n mens dan dat 'n wetenskaplike eweneens begrip sal hê vir aweregse vrae of briewe met 'n Bybelteks. O, pazienza, pazienza, che tanto sostieni!

Soos ek George tot dusver ondervind het, glo ek nie hy stem saam met Joan hieroor nie. Selfs op vrae sonder 'Bybelteks' reageer hy nie en gee ook nie bewyse vir sy stellings nie. Een voorbeeld van so'n stelling is “Gesprekke met dooies grens aan misdaad, is blote swendelary”.

Waar is sy bewys dat dit onmoontlik is? Ek het self gehoor waar Nico Nel vertel van die ou wat sy oupa, lankal oorlede, se stem hoor wat vir hom sê "Ou seun oupa wil met jou praat" en die ou sê toe "oupa kan maar praat as oupa nie omgee om so in die hardloop te praat nie." Is dit nie 'n gesprek nie?

Jan Rap

 

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top