Jan Rap bly pap

  • 1

Onze Jan besef seker nie dat ons ‘n Handves van Menseregte het waarin die Vryheid van spraak en uitdrukking beskerm word.

My brief oor Johannesburg was ‘n kritiese blik op die feit dat die Goudstad so verval het. En as hy nie deur die lyne gelees het, het ek daarop sinspeel dat Sandton kunsmatig is. Ek moet erken ek haat “groot” besigheid seklein trek na Sandton en die noordelike voorstede.

Dit was my waarnemings, gevoel en my geheueflitse. Ek het baie wonderlike in Jozi gehad. So ook in Hillbrow. ‘n Mens sou dit nie terug kan bring nie, maar iets moet behoue bly vir ons nageslag.

Indien hul ag op die vorige premier van Gauteng, Tokyo Sekwale, se oproep geslaan het om in die stad te bly, kon dit soveel anders gelyk het. Daarom moet ABSA, ENB, Transnet en Standard Bank ‘n pluimpie kry vir hul standvastigheid in Johannesburg.

Sou hy die eiendomsregister van Johannesburg sou deurgaan, sal hy besef dat verskeie eiendomme nog steeds deur sogenaamde keur-maatskappye besit word. En individue wat nooit op die lys van Suid-Afrika se rykstes verskyn nie, maar wel skatryk is. En almal is wit. Die stelling is geensins rasisties nie, maar wel ‘n feite stelling.

In terme van ons stede is ek lief vir Pretoria, of Tshwane. Tweede op my lys is Johannesburg. Terwyl Durban my ander keuse is.

En net soos daar goed in die verlede was, gebeur goeie dinge nou. Lees my Sunnyside brief.

Dit is egter ‘n pluimpie dat jy soveel naslaanswerk gaan doen het. Dit toon aan dat jy nie Handves verstaan nie kameraad.

Yuri 

  • 1

Kommentaar

  • Jan se trilletjie is definitief pap...shaaim...en Joeburg lyk weer goed, was Desember daar...baie naais...

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top