Vir Wouter Ferns oor die syfers

  • 4

Wouter, jy haal die SA moordsyfer aan as 30.9 per 100000 van die bevolking waar die syfers in Engeland/Wallis, Nederland en Duitsland respektiewelik 0.9, 1.1 en 0.8 is. Dan sluit jy af met "So Jan, die President bevestig jy is verkeerd, en is die gevoel dat jy dit met hom opneem."

Verkeerd oor ek die syfer van 22000 'n jaar gebruik het, of verkeerd dat die land wel 'n geweldadige land is? Laat weer asseblief. Buitendien, die huidige laer syfers kan gekook wees maar dit is nog steeds aanduidend van 'n geweldadige land (meer as 38 maal hoër as Duitsland s'n byvoorbeeld!).

Wat die 'opneem' van die kwessie met die president, en nie met Francois nie, betref (soos jy aanbeveel): Ek het bloot 'n feit konstateer na aanleiding van Williams se leedvermakerige brief oor 'n moord op 'n bus in Birmingham (en Williams is nog steeds doodstil oor die ras van die moordenaar). So, wat ek vir Francois Williams sê, en wat jy met jou syfers bevestig het, is dat, wat geweldadigheid betref, Engeland (die hele Europa trouens) 'n vulletjie in vergelyking met die Nuwe Suid-Afrika is.

Groetnis

Jan Rap

NS (Vir Francois) Nou net oor die 11-uur nuus: 'n ANC raadslid is in die hof omdat hy 'n elfjarige meisie verkrag het en twee mans is gevang nadat hulle 'n polisiekonstabel in sy motor doodgesteek het, hom uitgegooi het en met sy motor gevlug het. Dan is daar die plaasmoord op Venstersdorp, weet nie of ek dit al genoem het nie. Inderdaad 'n geweldadige land.

 

 

  • 4

Kommentaar

  • Verkeerd oor 423 moorde 'n dag = wat omsit in meer as 140 000 moorde 'n jaaren selfs die nuwe syfer waarmee jy nou vorendag kom, 22000, is minder as die ampetlike syfer van 16000 wat deur die regering vrygestel is. 

  • Dankie Jan, 

     
    Alhoewel dit geen verligting bring nie, is die amptelike syfer 16000 moorde per jaar. 
     
    Selfs 16000 is verstommend wanneer dit vergelyk word met sommige lande wat so laag soos 500 moorde 'n jaar gaan met ongeveer dieselfde bevolkingstal. 
     
    Dit is moeilik vir dit om werklik in te sink.
     
     
     
  • Dankie Jan, 

     
    Alhoewel dit geen verligting bring nie, is die amptelike syfer 16000 moorde per jaar. 
     
    Selfs 16000 is verstommend wanneer dit vergelyk word met sommige lande wat so laag soos 500 moorde 'n jaar gaan met ongeveer dieselfde bevolkingstal. 
     
    Dit is moeilik vir dit om werklik in te sink.
     
     
     
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top