Soms is die verlede jou inspirasie
Alles wat ons is
Alles wat on was
Is besig om in die verlede in te pas
Al het ek geen beheer
Moet ek hierdie seer keer
Jy is my akoord in elke woord
My se harmonie
Maar jy sien dit nie
As tyd meer was
En afstand minder was
Sou ons dalk pas
Jy is die legkaart wat ek nog altyd moes las
So voor jy twyfel weer
Onthou jou hart is in beheer
Alles van jou laat my wegraak
Maar soms laat jy my hart kraak
As jou sinne onvoltooied is
En jou hart se mure toe gebou is
Onthou net ek is die een wie jou mis
Marlene van Staden

