onegalitêr

  • 0

sed’rt mid-70’s pryke Moersument, v’r Afrikaans,
kanti, “post-vryheid” lê Moertaal inne ong’lykheid,
g’buk onn’r etnisiteitsb’leid, uit pre-apartheidstyd,
v’rplig, m’t ou skimme van Ruit’rwagbroers t’dans

kreool, ultra-sorgsaam m’t moed’rsmelk g’voer,
voorheen b’nadeelde nu b’stemp’l asse “Boer”,
onv’rstaanbaar, wat hegemonie só motiveer,
versus diskriminasie ’t g’n taal mos v’rweer

gattit tyd vat, vir Sapiens, struktuurg’weld t’v’rstaan,
hoe een Mens Ann’r kat’goriseer, woord-v’r-woord,
strategies g’bruik maak v’n v’rdeel-’n-heers-taktiek

mag Afrikaanses taalstatus nie linguïsties lat v’rgaan,
vryheid van spraak sluit ook in ’n “soort-soek-soort”,
g’lykheid van status fundamenteel, innie taalpolitiek

Jacobus Faasen 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top