Die Wouter-kwessie: twee gebruike van lood

  • 16

Ek het Donderdag in my reaksies belowe om die volgende dag op die SêNet-hoofwerf 'n poging aan te wend om die Wouter-kwessie af te handel. Vrydagoggend vroeg het ek my skrywe gestuur, maar dit is nie Vrydag of Maandag gepubliseer nie. Op grond van wat Wouter sedert die versending van my genoemde skrywe kwytgeraak het en ook omdat ek self bedenkinge gekry het oor die te groot mate van vergewensgesindheid wat ek getoon het, het ek my skrywe Maandagaand aan publikasie onttrek.

Dinsdagoggend het Naomi my in kennis gestel dat my skrywe nie deur SêNet ontvang is nie. Ek begin dus nou van nuuts af oor hierdie saak skryf en hierdie keer sonder tegemoetkoming. Verskoon asseblief as ek in wat volg soms in outobiografiese besonderhede verval. Daarvoor is daar net een motief, naamlik om die gaping in kennis en insig tussen my en Wouter aan te toon. Ek is nou hartlik moeg daarvoor om keer op keer op 'n bedenklike manier in Wouter se aanvalle geteiken te word. Ek reageer min indien ooit op wat hy skryf, behalwe wanneer sy verwysings na my onuitstaanbaar word.

Dekades gelede het ek in veral twee Spaanse filosowe, Ortega en Unamuno, belang gestel. Ek het selfs 'n poging aangewend om 'n leeskennis van Spaans te bekom. Later het ek oor Ortega se bekendste boek geskryf (6.04.11 - al sodanige datums verwys na SêNet). Ek het die woord "hordes" gebruik omdat dit in die boektitel van die Nederlandse vertaling voorkom. Wouter, wat klaarblyklik toe nog feitlik niks van Ortega geweet het nie (ek sê dit omdat hy na hom as "Gasset" verwys het), het my aangeval op die foutiewe veronderstelling dat die hordes swart is. Ek het hom geduldig in besonderhede reggehelp (14.04.11). Dit het egter nie verhoed dat Wouter daarna talle kere met stekies oor Ortega en hordes vorendag gekom het nie.

In die jare sestig was eksistensialisme hoog in die mode. Ek het eerder aanklank by die Franse as die Duitse weergawes gevind, bv dié van Sartre, maar veral by Camus, wat in eksistensialisme 'n randfiguur was. In Frans het ek 'n leeskennis verwerf wat ek dokumentêr kan bewys. Voor dit, in die jare vyftig, het AM van Schoor, die koerantredakteur van Die Vaderland, een keer per week oor wêreldgebeure op die Afrikaanse radiodiens van die SAUK gepraat. Die Algerynse oorlog (1954-1962) het toe pas begin. Van Schoor het gesê dat die lot van die blankes in Algerië 'n aanduiding kan gee van wat mettertyd met die blankes in Suid-Afrika gebeur. Van daardie dag af, bykans sestig jaar gelede, stel ek in Algerië belang.

Omdat daar baie ooreenkomste tussen die "bevrydingstryd" in Suid-Afrika en Algerië is, het ek met verwysing na 'n roman van Camus onlangs daaroor geskryf (7.03.13). Daar kan geen twyfel hoegenaamd wees dat Camus, as gebore Algeryn, hom aan die die kant van die blankes geskaar het nie. Ek het dit met aanhalings uit sy boeke gestaaf. Wouter, wat heel moontlik bitter min van Camus en Algerië weet, het my egter soos gebruik daarvan beskuldig dat ek dinge plooi soos dit my politiek pas.

Nadat ek oor dekades baie boeke deur en oor Kafka gelees het, het ek uiteindelik 'n stuk oor hom geskryf (18.02.13). Ek het dit baie duidelik gemaak waarom daar in hierdie geval sulke uiteenlopende opinies is. Dit was kos vir Wouter, wat die bietjie wat ek probeer staanmaak het, foutief bevind het; heel moontlik sonder dat hy 'n enkele werk van en weinig oor Kafka gelees het.

'n Mens kon redeneer dat Wouter 'n bietjie oorywerig met sy uitsprake oor Ortega, Camus en Kafka was, maar dat hy oor onlangse gebeure, soos die oorgang na die nuwe Suid-Afrika, die lig van sy kennis en insig helder op SêNet kon laat skyn. My skrywe oor FW de Klerk (1.03.13) het tot 'n lang debat tussen my en Wouter gelei. Die kerngeskil is soos volg. Ek beweer magsdeling is aan die blanke kiesers voor die 1992-referendum belowe. In plaas daarvan het hulle in 1994 magsoorgawe aan die swartes gekry. Wouter, daarenteen, beweer die wittes het toe hulle in 1992 gestem het, geweet dat 'n ja-stem goedkeuring van een mens, een stem en magsoorgawe beteken. Groter onkunde oor 'n gebeurtenis skaars twee dekades gelede kan ek my kwalik voorstel.

Elke keer is die probleem Wouter se metodologie. In al vier die voorafgaande gevalle het Wouter hom myns insiens verlaat op brokkies inligting wat hy in 'n kits op die internet opgespoor en dan in die vorm van skrywes op SêNet gereproduseer het, sonder dat sy aanhalings naastenby bewys wat hy dink hulle bewys. Al wat in die meeste gevalle duidelik is, is dat hy my wil teenspreek. Wat nie duidelik is nie, is wat hy andersins probeer sê, want sy formulerings- en sistematiseringsvermoë is buitengewoon beperk. Jan Rap het nie net onlangs nie (18.03.13) maar ook voorheen (20.04.12) dieselfde waargeneem. Lank voor dit het ek geskryf: "Ek dink Wouter moet minder skryf en meer besin oor wat hy lees, ander mense se menings kernagtig in sy eie woorde saamvat en dan probeer om sy mening beter te formuleer (1.07.10).

Wat my van die geval Wouter hinder, is dat hy skynbaar onhervormbaar is en skaamteloos op hierdie trant voortgaan. Wanneer hy hom erg te buite gegaan of gewoon fouteer het, het ek op 'n verskoning aangedring (bv 19.11.10, 14.02.12), maar hy is nie daartoe in staat nie. Hy mors my tyd, want ek voel soms verplig om op sy aantygings te reageer. Byvoorbeeld, ek het 'n stuk oor Abraham Lincoln geskryf (21.02.13). Dan kom Wouter met sy teenspraak, wat prominent geplaas word (8.03.13). Daarna verduidelik ek hoekom sy voorstelling van my skrywe skeef is (12.03.13). Dit is hoogs waarskynlik dat daar lesers is wat Wouter se relaas gelees het en nie my korrektief daarop nie. Die skade wat hy aandoen, is in hierdie sin permanent. Maar hy redeneer telkens dat SêNet 'n openbare forum is en daarom kan hy hom gedra soos hy hom gedra.

Ek dink dat as 'n mens so 'n beperkte feite- en insigbasis het, jy dit liewer gerade moet ag om te swyg; of as jy geroepe voel om te skryf, jy dit doen oor onderwerpe waarvan jy genoeg weet. Waarom sou 'n mens die weg van konfrontasie doelbewus soek, terwyl dit moontlik is om nie-konfronterend oor ander onderwerpe te skryf? Dit kan op 'n DNS-fout dui. 'n Mens kan ook kies om oor dieselfde onderwerp te skryf, maar dan moet aanvullende inligting liefs ewewigtig en verhelderend aangebied word pleks van sowel die onderwerp as verhoudinge te vertroebel.

Op 15 deser het Wouter 'n tipiese brief oor demokrasie geskryf. Let op die stekies na "hordes", ens. Sonder om duidelik te maak wat hy onder demokrasie verstaan of watter aspek daarvan hy wil aanspreek, kom hy met aanhalings en dan hierdie gevolgtrekking: "Die beste manier om demokrasie te bereik is deur demokrasie." As analogie die volgende: Ek het al aan Wouter te kenne gegee dat die beste manier om te leer skryf, is nie deur te veel te skryf nie; eerder om minder en beter te skryf. Hoekom nie eerder die volgende stellings nie: "Die beste manier om demokrasie te bereik, is 'n diktatuur" of "Die beste manier om 'n diktatuur te bereik, is die soort demokrasie waarmee ons tans sit"?

By twee geleenthede het ek 'n toets vir Wouter aangelê (22.11.11, 12.03.13). Ek wou vasstel of ek nie dalk bevooroordeeld teenoor hom is nie. Ek het aan hom twee maniere gebied waarop hy my met min moeite verkeerd kon bewys. Hy het egter geweier om hom te laat toets. Hy verkies om ongesteurd en onbepaald soos tans voort te gaan. Sy weiering, tesame met sy valse bewering dat hy oor boeke van Godwin en Barnes geskryf het (sy erkenning 13.03.13 onderaan Geval Wouter 12.03.13), het my gebring by die gevolgtrekking waaroor ek hom vooraf gewaarsku het (12.03.13). Ek dink ek het rede om hom voortaan as 'n loodswaaier te beskou. Ook dat hy hom oneties gedra. Hier dink ek onder andere aan die tyd toe hy my in Engels en Afrikaans onder verskillende skuilname aangeval het, sodat dit moet lyk asof 'n hele leërskare dit teen my het, terwyl dit maar net 'n enkele indiwidu, naamlik Wouter, was. Hy het sy Engelse skrywes gelos toe iemand hom daarop gewys het dat hy nie lekker weet hoe om "is" en "are" te gebruik nie.

Ek het pas die moeite gedoen om my en Wouter se verskille op SêNet aan die hand van my skrywes na te gaan. (Ek het nie uitdrukke van sy skrywes nie.) Dit het op 1.02.10 begin oor sy gebruik van die neologisme "posteer". Daarna het gevolg (ek gee om ruimte te bespaar elke keer net 'n kort aanduiding van die opskrif of onderwerp): tirade (1.07.10), Osiris se weegskaal (12.07.10), mymering (14.07.10), mislikheid (17.11.10), tirades (19.11.10), teensprake (7.02.11), Satan (4.04.11), internetvlinder (14.04.11), vliegfamilie (10.05.11), brakkie (26.05.11), broederlike gesprek (1.06.11), uitdaging (22.11.11), DNS (6.02.12), Metusalem (10.02.12), wanvoorstellings (14.02.12), mikrogeeste (20.04.12) en daarna die geskille sedert 8 deser. Ek is verbaas oor hoe baie keer Wouter my tot reaksie uitgelok het. Ek kan SêNetters verseker dat hy my baie meer kere as dit aangeval het. Die jongste is dat hy kommentaar onder aan 'n skrywe van my lewer al beweer hy dat hy dit nie gelees het nie (14.03.13).

Om lood te swaai, is een manier waarop lood gebruik kan word. 'n Ander manier is om dit as 'n dieplood te gebruik. Ek het die diepte van Wouter se kennis en insig oor 'n lang tyd probeer peil en bevind dat dit uitermate vlak is. Op SêNet laat hy my dink aan iemand wat in 'n swembad duik voordat met die uitgrawing begin is. Uitgrawing is harde werk en neem tyd, maar is noodsaaklik sodat die fondament stewig gelê kan word. Hoe gouer Wouter begin om 'n stewige fondament vir sy skrywes te lê, dus om substansiële werke te lees en deeglik daaroor te besin voordat hy skryf, des te beter. Op die oomblik is dit steeds warboeldenke wat uitdrukking in te veel warboelskrywes vind.

Johannes Comestor

 

 

 

  • 16

Kommentaar

  • Johannes,

     

    Ek het ook aan Naomi genoem vanoggend dat my kommentaarbrief wat ek geskryf het, na die artikel: Nostalgiese geheuekiekie:kinderjare, nog nie verskein het nadat ek dit oor dieselfde tyd gestuur het. Intussen het ek haar gevra om dit maar te los.

     

    Daarin het ek juis verwys na jou eerste brief aan Wouter, i.v.m. hierdie saak, omrede ek heeltemal met jou saamstem.

     

    Probeer asb nie te veel tyd afstaan aan Wouter, aangesien dit kosbare tyd steel, en die pragtige invloei van jou briewe, wat ek baie geniet, mag kortwiek. Ek geniet en leer baie, en lees al jou biografiee aandagtig.

     

    Trienie

  • Hallo Trienie, ek het sowaar as vet ook nie daardie brief van jou ontvang waarna jy hierbo verwys nie. Wat gaan aan? Ek plaas als wat ek kry. Stuur maar weer vir die gulsige webvoet-posbus en ek publiseer jou skrywe. Groete, Naomi M

  • Hello,


    Daar is veel om op te reageer, maar neem hierdie stelling: 

    Tegemoetkomend was Comestor nog nooit teenoor my nie, nog net 'n enkele keer na die korreksie van postering maar die venyn uit sy pen is sonder ophou....

    Hy (Wouter) verkies om ongesteurd en onbepaald soos tans voort te gaan. Sy weiering, tesame met sy valse bewering dat hy oor boeke van Godwin en Barnes geskryf het (sy erkenning 13.03.13 onderaan Geval Wouter 12.03.13), het my gebring by die gevolgtrekking waaroor ek hom vooraf gewaarsku het (12.03.13). 


    Na my aanvanklike stelling dat ek dit nie my vorige skrywes in die argief vind het ek wel die volgende in die argief kon spoor met moeite


    Die martelaarskap van Zimbabwe
    Wouter Ferns

    2012-02-21

    Hello,

    In April 2008 word Peter Godwin deur die Amerikaanse tydskrif Vanity Fair na Zimbabwe gestuur om verslag te lewer oor die verkiesings gehou op daardie stadium en veral die verbasende aspek daarvan – aangesien dit voorgekom het asof Mugabe uiteindelik na ongeveer drie dekades uitgestem sou word en Morgan Tsvangirai by hom sou oorneem.

    Dit is egter nie wat gebeur het en het Mugabe losgebrand met marteling van die burgery van die land op ‘n globale skaal net soos die internasionale nuusmedia en NRO’s uit die land gegooi is en selfs die opposisie vlug na die buiteland.Peter Godwin skets die agtergrond van die vryheidstryd en die verkiesing van Mugabe en die aanvanklike gematigde inslag wat deur Mugabe aangeneem het en die uitreiking na die wittes ook.

    Daar word ‘n vergelyking getref tussen Zimbabwe en Suid-Afrika en die twee verskillende roetes wat die lande geneem het tot op datum en hoe die kwessie van grond so 'n belangrike rol gespeel het tot uitbarsting gekom het in die 2000’s wat in kontras was met die gematigde inslag wat in die 1980’s gegeld het.

    Peter Godwin voer aan dat die werklike teiken van die landbesetting was nie die wit boere nie maar die sowat miljoen Zimbabwiërs wat op die plase gewerk het en ‘n magtige blok stemme teen Mugabe was weens hulle steun aan die opposisie en die besef dat die magsblok opgebreek moet word.Om terug te keer na die verkiesing van 2008.

    Peter Godwin beskryf hoe die Zimbabwiërs wat die opposisie gesteun het identifiseer was en die marteling wat op hulle losgelaat is. Die lede en ondersteuners van die Movement for Democratic Change word identifiseer en Mugabe se generaals loods “Operation Who Did You Vote For?” of op voetsoolvlak deur die ondersteuners van Mugabe wat die ie meer beskrywende naam “Operation “Let Us Finish Them Off” gee.

    Soos aangedui, die leierskap van die party en die ondersteuners op voetsoolvlak word identifiseer en die leiers se eiendom afgebrand word en hulle gevange geneem word en na kampe geneem is wat onstaan het om die opposisielede en volgelinge te martel.

    “Think of deep, bone-deep lacerations, of buttocks with no skin left on them, think of being flayed alive.”“Think of swollen, broken feet, of people unable to stand, unable to sit, unable to lie on their backs because of the blinding pain.”

    Duisende en duisende Zimbabwiërs is na die kampe geneem en gemartel tot sekondes voor die punt van afsterwe. Hierdie was sistematiese marteling deur die staat en het ongeveer ‘n 1000 Zimbabwiërs gesterf in die proses maar die uiteindelike doel was om die gebroke mense, by die tienduisende terug te laat in hulle onderskeie gemeenskappe om as waarskuwing te dien teen die wat nog oorweeg het om teen Mugabe te stem.

    ‘n Tragiese voorbeeld van die geweld en hoe dit gesinne vernietig het is die geval van ‘n pa wat sy vrou en dogter beveel om weg van hom te hardloop sodat hy die aandag op hom kan vestig en sy gesin dus so kon ontsnap.

    Die komplekse verhouding tussen Pretoria en Harare word ook bespreek en Pretoria se mislukking om daadwerklike verandering te bewerkstellig en volgens Godwin kan toegeskryf aan die ANC se begeerte om die MDC nie te laat wen nie aangesien dit ‘n belangrike presedent sou skep wat kon bevestig dat ‘n bevrydingsorganisasie mag kan verloor.

    Godwin dui op die ANC in Suid-Afrika, Swapo in Namibië, die MPLA in Angola, Zanu-PF in Zimbabwe en Frelimo in Mozambique.Bogenoemde bied ‘n blik op die brutale geweld wat die verkiesing in 2008 definieer het

    "The fear: The last days of Robert Mugabe" het ‘n alternatiewe titel ook en meer beskrywend van die verkiesing en selfs die algemene aard van die land. “The Fear: Robert Mugabe and the Martyrdom of Zimbabwe”.

    Die uiteinde van daardie uiters tragiese verloop van omstandighede in konteks tot die algemene verval van die land is bekend aan die meeste ingeligte deelnemers hier en die uiteinde van die magsdeling tussen ZANU-PF en MDC genoem die Global Political Agreement.

    Aanvullend hiertoe is dit belangrik om te bevestig dat daar wel opstande en plaasbesettings was voor die 2000’s maar dat ‘n referendum in 2000 wat onteining van die plase sonder vergoeding verslaan is by die stembus en 55% van die stemme teen die voorstel was.Dit het die begin van die einde tot gevolg gehad, die plaasbesettings, die inflasie en die uiteindelike ineenstorting van Zimbabwe. 

    Dit word werklik nie betwyfel dat hierdie geskiedenis onbekend is aan ingeligte deelnemers op die forum nie.In hierdie bespreking van die toestand in Zimbabwe word die volgende verwysings gemaak in ‘n reeks verwysings en word slegs die gedeelte geisoleer, “slaggate in die paaie, onsekere elektrisiteitsvoorsiening, "classrooms vandalized" (p 333), (almal ook kenmerke van die nuwe Suid-Afrika).In die publieke bewussyn, soos idenfiseer deur Jonny Steinberg en dalk grootliks net onder die wittes in Suid-Afrika is die vermening tussen die gebeure in Zimbabwe en die moontlike toekoms in Suid-Afrika so algemeen dat Zimbabwe gereeld as ‘n rigtingwyser gesien word. 

    Hierdie deelnemer is nie ‘n profeet nie en kan nie voorspel wat die toekoms gaan bring nie, maar die verskil tussen Suid-Afrika en Zimbabwe is ligjare uitmekaar.Vier vrye verkiesings tot op datum, sonder geweld, ‘n derde president in teenstelling met die een president in Zimbabwe en die geweld wat reeds bespreek is.

    Suid-Afrika is dus nie so soos Zimbabwe nie indien die welwaart van die land met sy ongelykheid ingesluit vergelyk met die algehele verval van Zimbabwe.Hierdie vergelykings, regverdig of onregverdig tussen die twee lande het die vraag laat opkom oor die Zanufikasie van die ANC. 

    Is dit die pad vorentoe?

    In New South African Review 2 gepubliseer in 2011 word Zanufikasie soos volg definieer:

    Die vermening tussen heersende party en die staat.

    Beheer oor die media deur die staat. 

    Die instelling van geweld as die norm aan die hand van die staat wat die wetlike grondslag van die staat vervang. 

    Oorheersende korrupsie in alle aspekte van die staat. 

    Die weermag het die staat oorgeneem. 

    Rassehaat word gebruik om die ekonomie te plunder. 

    Persoonlikheid kultus in politieke leierskap.

    Wat korrupsie betref het Limpopo uiteindelik die New York Times in die Sondag uitgawe van 19 Februarie 2012 met die volgende artikel.‘n Kernfrase som dit soos volg op:"Corruption has long bedeviled South Africa, but the crisis here in Limpopo Province has pushed the common practice of doling out overstuffed government contracts to people with friends in high places to its logical conclusion: bankruptcy. Provincial officials overspent their budget by an estimated $250 million, much of it on questionable — or blatantly fraudulent — government payments and contracts with private businesses enjoying close ties to the politicians leading the province.

    "Vavi formuleer dit soos volg:“We are moving towards a society in which the morality of our revolutionary movement — selflessness, service to the people and caring for the poor and vulnerable — is being threatened.”

    Dit word aan die lesers oorgelaat om te oordeel of die vraag billik is en of daar enige tekens dat bogenoemde die rigting aandui vir Suid-Afrika.

    Baie dankie

    Die Julian Barnes word ook gevind: Dit kan hier gevind word: 


    Na aanleiding van die vorige verwysings na Joan Didion en haar memoires, The Year of Magical Thinking, die rekord van haar smart na die afsterwe van haar man, John Gregory Dunne, word daar kort notas aangebied oor hierdie ontwikkeling in die letterkunde, waar die werk van Didion wat eens in die minderheid was is daar nou ’n verskeidenheid van boeke deur skrywers wat poog om letterkundig sin te maak van smart. 

    Twee sulke skrywers is Joyce Carol Oates en Meghan O’ Rourke. Oates se boek verwoord die tydperk na haar man se afsterwe, terwyl O’Rourke se boek haar emosies na haar ma se afsterwe opteken. In ’n onderhoud tussen die twee skrywers, met mekaar gevoer ondersoek hulle die motiverings en ervarings van hulle onderneming om die smart ervaar te verwoord na hulle onderskeie geliefdes. O’Rourke dui aan dat as ’n skrywer was dit nog altyd die manier hou sy sin gemaak het van haar lewe, en dat haar boek ’n poging was om so ’n houvas op haar smart te kry. Dit is egter ook meer as net dit, en is ook ’n ontleding van verlies soos ervaar deur die moderne mens. In hierdie ondersoek vind sy dat haar sirkel, ongemaklik is met dood, bang is om daaroor te praat. 

    Oates dui aan dat sy nie beplan het om ’n boek te skryf nie en slegs staat gemaak het op haar dagboek inskrywings gemaak in die tydperk na haar man se afsterwe. Beide Oates en O’Rourke se reaksie volgens hulle oordeel was ’n outomatiese reaksie op die ervaring van dood wat oor hulle pad gekom het. Elizabeth Kübler-Ross, in ’n ander konteks:Tell your story often and in detail, it is primal to the grieving process. You must get it out. Grief must be witnessed to be healed.Oates se enigste advies: “The essence of widowhood is to find a way, however desperate, to keep yourself alive.” Hierdie is die reaksie op ’n bestaan wat O’Rourke met die woorde van Hamlet, beskryf as, “weary, stale, flat and unprofitable”. Beide skrywers verwys ook na die uitdaging om hulle private self te rekonsilieer met hulle openbare self. Die private stryd met die smart ervaar en afsterwe van hulle geliefdes en die eise gestel in hulle publieke omgang.Die private self volgens Oates is “paralyzed, mute, unable to comprehend or speak coherently”. Die verwagting is egter dat die wat agterbly, “must move on”, “make a new life”. Oates bied die volgende insig wat bogenoemde onmoontlike eise in die korrekte lig stel.Grief is the most of humane of emotions, but it is a one-sided emotion. It is not reciprocated.Wat gesien kan word in CS Lewis se verwysing na “the club of the left-over living”.Die skrywers uitgelig beskryf dit wat gebeur met die wat agterbly, “the club of the left-over living”. 

    Julian Barnes aan die anderkant beskryf dit wat gebeur voor die dood. Dood wat in essensie (slegs) ’n gebeurtenis is, ’n feit is en nie ’n emosie op sigself is nie. Die gebeurtenis waarvan niemand ontsnap nie. Dood is 100% suksesvol. Julian Barnes se ondersoek bespreek die aanloop na daardie onvermydelike in sy werk getiteld, Nothing to be Frightened Of. Julian Barnes, moet die leser gewaarsku word is ’n “thanatophobe”, ’n persoon gevul met vrees vir die dood. In sy studie begin hy met Montaigne wat in sy eie tyd sin probeer maak het met die uitdaging van hoe om te sterf en tot die slotsom gekom het dat om ’n filosoof te wees is om te leer hoe om te sterf. In Montaigne se tyd was ’n lang lewe ’n rare verskynsel en daarom ’n uitsonderlike tipe van dood. Tans word dit as ’n reg beskou word.

     Daar is 'n deel twee ook en sal die skakel uit deel een die leser daarna neem. 

    Boegenoemde spreek die Godwin & Barnes aan. 

    Dan die Camus, Kafka onder andere. 

    Die Camus het ek duidelik uitgelig is gebaseer op die verskil waarvoor Comestor Camus gebruik en dit wat Camus voor staan en die kompleksiteit wat uitgetorring moet word voor Comestor dan lukraak Camus van toepassing maak op Suid-Afrika. 

    Camus kan wel gebruik word om die kwessie van geregtigheid te ondersoek en ook die vermyding van geweld en wanneer geweld aanvaarbaar is en die omstandighede wat 'n rol speel. 

    Oor Camus is my verwysings genoegsaam en sluit die van die romans, maar tesame daarmee die hulpmiddele om dit te ontleed, wat byvoorbeeld sal verwys na die werk van 'n Tony Judt en ander soortgelyke skrywers in. 

    Die lesers is ook verwys na 'n onpartydige BBC bespreking oor Camus om 'n gevoel in die verskil van kwaliteit te ervaar oor wat 'n gesprek oor Camus kan wees en dan die misbruik van Camus waarmee Comestor vorendag gekom het

    Die Kafka werk op dieselfde beginsel, van die romans en dan die kortverhale, die brief aan sy vader maar weereens die hulpmiddels om dit te ontleed, wat byvoorbeeld die werk van 'n Maurice Blanchot insluit of 'n Claudio Magris. 

    Dit is onmoontlik om 'n gesprek te voer oor wie weet die meeste van 'n onderwerp en die brief het dit nie as 'n doel nie, maar soos alreeds aangedui, daar word nie deur my geput op Wikipedia maar volkome uit boeke in my eie versameling en verwysings soos dit oor tyd opgebou is. 

    Daar word dus net reageer indien daar die moontlikheid van 'n opinie is wat ek oor die onderwerp kan vorm. 

    Die Lincoln was net so maklik aangesien die film soveel gesprek in die internasionale media veroorsaak het. Omrede ek grootliks net ingeskryf is op internasionale radio en universiteits media was die aanloop oor Lincoln lank aanwesig in my eie argiewe. 

    In my skrywe oor Lincoln is al daardie skakels aan die lesers beskikbaar gestel om self ondersoek te gaan doen oor die kompleksiteit van die persoon Lincoln. 

    Tesame daarmee is daar 'n audio reeks wat deur Audible aangebied word, The Modern Scholar, maandliks neem ek twee boeke as audioboeke en een van daarvan was die volgende: 

    The American Civil War is perhaps the greatest challenge any democratic society has ever faced. The events of the war are well known. The names of the battles - Antietam, Gettysburg, Fredericksburg - have echoed through time and resonate to the present day, as do the names of the leaders - Grant and Sherman, Lee and "Stonewall" Jackson. What is less understood is exactly how close the Union came to a permanent break. In this course, award-winning historian Jay Winik examines the climactic period near the end of this devastating conflict - a period that could have destroyed America, but saved it instead. It was a most precarious moment for the South. Atlanta had been overwhelmed, Columbia surrendered and burned, Charleston abandoned. 

    Net soos die New York Times gereeld arikels onder die reeks 'disunion' publiseer. Die verwysings is dus weereens genoegsaam. Dit is veral amusant dat Comestor nou so ongelukkig is oor die skade wat berokken is aan 'sy' weergawe van Lincoln. 

    Die leser word weer herinner dat die Comestor 'onthulling' gebaseer was op die werk van Thomas DiLorenz wat soos volg beskryf word: 

    He was formerly an affiliated lecturer of the League of the South Institute, the research arm of the pro-secession League of the South, widely considered to be a white supremicist hate group. When challenged on this association, DiLorenzo has denied any lasting affiliation, noting that he only gave a few lectures there shortly after its founding. The Southern Poverty Law Center considers DiLorenzo one of the most important intellectuals "who form the core of the modern neo-Confederate movement." They believe DiLorenzo's depiction of president Abraham Lincoln paints Lincoln as a "paragon of wickedness, a man secretly intent on destroying states' rights and building a massive federal government."

    Bogenoemde is amper lagwekkend aangesien die gevaartekens so duidelik is, met terme soos “white supremacist”, “neo-Confederate movement” en dan is daar die verwagting van ’n Comestor dat DiLorenz in staat is om ’n ewewigtige profiel oor Lincoln te bied.

    Vergelyk hierdie enkele 'bespreking' teen die media wat deur myself aan die leser beskikbaar gestel is om nog dieper te gaan ondersoek. 

    Comestor haal die paragraaf aan waarin die aanvalle deur hom aan my verantwoord word: 

    Dit het op 1.02.10 begin oor sy gebruik van die neologisme "posteer". Daarna het gevolg (ek gee om ruimte te bespaar elke keer net 'n kort aanduiding van die opskrif of onderwerp): tirade (1.07.10), Osiris se weegskaal (12.07.10), mymering (14.07.10), mislikheid (17.11.10), tirades (19.11.10), teensprake (7.02.11), Satan (4.04.11), internetvlinder (14.04.11), vliegfamilie (10.05.11), brakkie (26.05.11), broederlike gesprek (1.06.11), uitdaging (22.11.11), DNS (6.02.12), Metusalem (10.02.12), wanvoorstellings (14.02.12), mikrogeeste (20.04.12) en daarna die geskille sedert 8 deser.

    Die argiewe soos dit opgestel is, bied maklike toegang tot 17-10-2011 en kan die wat werklik daardeur wil werk so gaan doen en dit sal opmerklik wees dat my reaksie veel minder is en gereeld geduldig tenspyte van wat ek al genoem is, hond, gatvlieg en ander soortgelyke terme. 

    Nog nooit is sulke taal in enige van my reaksies teenoor Comestor gebruik nie. 

    Maar om te begin afsluit: 

    Die tema uit die hand van Comestor is die van die verlore paradys, die eindlose verval en hoe die Afrikaner, die witte sonder blaam is. Vir daardie doeleindes is die net wyd gegooi, Harold Bloom, Allan Bloom, Daniel Bell, José Ortega y Gasset, selfs Sam Harris en Robert Wright as “bewyse” van die verval en hoekom die paradys tot ‘n val gekom het. Met dit is die Peter Godwin dus niks nuut oor Zimbabwe nie maar eerder die gewone Comestor wat in elke brief na vore kom, selfs ‘n bespreking oor herehuise sal ‘n klap na HOP-huise moontlik maak en ‘n bespreking van Murdoch se jeug ‘n ontheffing van wittes se blaam hier moontlik maak.

    Laat Comestor homself dus nie bluf nie, hy skryf dieselfde reaksionêre brief oor en oor.

    Wanneer Comestor dan daaroor bevraagteken word dan is die siklus, presies soos dit nou is.

     'Wouter weet niks, Wouter maak dit op en dan die skelwoord, hy gebruik die internet'. 

    Nog nie een van my skrywes deur enige deelnemer hier kon herlei word na Wikipedia byvoorbeeld en berus volkome op eie biblioteek en argiewe 

    Gereeld word verlang deur my skrywes dat Comestor moet tog verduidelik hoe elke bespreking waarmee daar vorendag gekom word, so duidelik die argumente wat Comestor handhaaf, vergestalt, keer op keer, van ou Harold Bloom tot en met die onlangse Camus, regdeur tot Lincoln.

    Comestor verstommend, som dit self die beste op: 

    (Wouter) het my egter soos gebruik daarvan beskuldig dat ek dinge plooi soos dit my politiek pas.

    Die De Klerk is nog so 'n voorbeeld, die absolute historiese onwaarhede waarmee Comestor vorendag gekom het is verstommend en is in skrille kontras tot dit wat deur die geskiedskrywers aanvaar word.  

    Dan demokrasie, moet dit aanvaar word dat my ervaring en blootstelling aan regte en demokrasie van geen waarde is nie? 

    Dit is belaglik dat daar hoegenaamd 'n argument aangebied word, dat my verstaan van demokrasie ongeldig is.  

    Net soos ek nie gaan argumenteer oor wie verstaan dinge beter, dit is 'n belaglike gesprek en een wat nog dieper in die modder gaan wegsink. 

    Ek verstaan dinge soos ek dit verstaan op daardie stadium en is veranderend soos ervaring en kennis verander, toeneem of agtergelaat word. 

    Daarom is die slotsom eenvoudig, kommentaar sal kom soos ek die onderwerp onder bespreking verstaan en ervaar. 

    Aangesien hierdie siklus nou aan my welbekend is, is hierdie my laaste kommentaar hieroor en sal die enigste kommentaar wees, dit waaroor ek wil skryf, hetsy repliek of anders. 

    Baie dankie

    Wouter
  • Voetnota: 


    Daar was 'n lang ruk wat ek weg was van die webwerf weens persoonlike omstandighede en het my kragte eers hier in laat Januarie begin herstel. 

    Elders het ek aangedui wat my diagnose is vir die wat deur die lyne kan lees, alhoewel dit lank geneem het vir die dokters om by dit te kom en weer op 'n punt van normaliteit te kom, na baie siekverlof en 'n bestuurder wat my 'gedra' het die afgelope maande.....

     Daar kan dus slegs van laat Januarie kommentaar gelewer word: 

    Die volgende word geplaas om te toon waar daar deur my reaksie getoon is op skrywes van Comestor en dit bevestig dat daar geen poging is om elke skrywe van Comestor te bevraagteken nie. 

    Die Wouter-kwessie: twee gebruike van lood
    Johannes Comestor
    2013-03-20

    Vandag reageer

    Diana Cooper, die eerste lady Di
    Johannes Comestor
    2013-03-14

    Reageer dat hierdie nie 'n onderwerp is wat my aangaan nie. 

    Die Wouter-faktor
    Johannes Comestor
    2013-03-12

    Natuurlik sal daar reaksie wees

    Die geval Wouter
    Johannes Comestor
    2013-03-12

    Natuurlik sal daar reaksie wees

    Albert Camus se pes of plaag
    Johannes Comestor

    Reaksie

    Repliek op Stoffel van der Merwe se pro-FW de Klerk-opmerkings
    Johannes Comestor
    2013-03-01

    Reaksie

    Nancy Astor herbesoek
    Johannes Comestor
    2013-02-28

    Geen reaksie

    Die legendariese Nancy Astor
    Johannes Comestor
    2013-02-26

    Geen reaksie

    Abraham Lincoln ontmasker?
    Johannes Comestor
    2013-02-21

    Reaksie

    Hoeveel kaf in Kafka?
    Johannes Comestor
    2013-02-18

    Geen reaksie

    Israel en die Balfour-verklaring
    Johannes Comestor
    2013-02-12

    Geen reaksie

    Luciano Floridi oor die inligtingverskynsel
    Johannes Comestor
    2013-02-06

    Geen reaksie

    Die intellektuele gasvryheid van Robert IngersollJohannes Comestor

    Geen reaksie - tenspyte van 'n opstel deur die skrywer wat deur my gelees was....voor die publikasie

    Blade Nzimande en William Makgoba: "Two Frankenstein's monsters"Johannes Comestor
    2013-01-29

    Geen reaksie, ten spyte dat RW Johnson se boek deur my ook gelees is....

    Om die dood te vrees of nie
    Johannes Comestor
    2013-01-25

    Geen reaksie - my Julian Barnes is in 2011 gepubliseer....

    Somerset Maugham herbesoek
    Johannes Comestor

    2013-01-22

    Geen reaksie

  • Voetnota: 


    Daar was 'n lang ruk wat ek weg was van die webwerf weens persoonlike omstandighede en het my kragte eers hier in laat Januarie begin herstel. 

    Elders het ek aangedui wat my diagnose is vir die wat deur die lyne kan lees, alhoewel dit lank geneem het vir die dokters om by dit te kom en weer op 'n punt van normaliteit te kom, na baie siekverlof en 'n bestuurder wat my 'gedra' het die afgelope maande.....

     Daar kan dus slegs van laat Januarie kommentaar gelewer word: 

    Die volgende word geplaas om te toon waar daar deur my reaksie getoon is op skrywes van Comestor en dit bevestig dat daar geen poging is om elke skrywe van Comestor te bevraagteken nie. 

    Die Wouter-kwessie: twee gebruike van lood
    Johannes Comestor
    2013-03-20

    Vandag reageer

    Diana Cooper, die eerste lady Di
    Johannes Comestor
    2013-03-14

    Reageer dat hierdie nie 'n onderwerp is wat my aangaan nie. 

    Die Wouter-faktor
    Johannes Comestor
    2013-03-12

    Natuurlik sal daar reaksie wees

    Die geval Wouter
    Johannes Comestor
    2013-03-12

    Natuurlik sal daar reaksie wees

    Albert Camus se pes of plaag
    Johannes Comestor

    Reaksie

    Repliek op Stoffel van der Merwe se pro-FW de Klerk-opmerkings
    Johannes Comestor
    2013-03-01

    Reaksie

    Nancy Astor herbesoek
    Johannes Comestor
    2013-02-28

    Geen reaksie

    Die legendariese Nancy Astor
    Johannes Comestor
    2013-02-26

    Geen reaksie

    Abraham Lincoln ontmasker?
    Johannes Comestor
    2013-02-21

    Reaksie

    Hoeveel kaf in Kafka?
    Johannes Comestor
    2013-02-18

    Geen reaksie

    Israel en die Balfour-verklaring
    Johannes Comestor
    2013-02-12

    Geen reaksie

    Luciano Floridi oor die inligtingverskynsel
    Johannes Comestor
    2013-02-06

    Geen reaksie

    Die intellektuele gasvryheid van Robert IngersollJohannes Comestor

    Geen reaksie - tenspyte van 'n opstel deur die skrywer wat deur my gelees was....voor die publikasie

    Blade Nzimande en William Makgoba: "Two Frankenstein's monsters"Johannes Comestor
    2013-01-29

    Geen reaksie, ten spyte dat RW Johnson se boek deur my ook gelees is....

    Om die dood te vrees of nie
    Johannes Comestor
    2013-01-25

    Geen reaksie - my Julian Barnes is in 2011 gepubliseer....

    Somerset Maugham herbesoek
    Johannes Comestor

    2013-01-22

    Geen reaksie

  • Johannes Comestor

    Ek het beweer Wouter het nie oor Godwin en Barnes geskryf nie nadat hy dit self erken het. Nou het hy opgespoor dat hy wel oor albei iets geskyf het. Maar ons destydse ooreenkoms was dat hy oor 'n bepaalde boek van Godwin en 'n bepaalde boek van Brink sou skryf. Wat hy nou aanbied, is wat Godwin in 'n artikel in Vanity Fair geskryf het.

    Ook is dit glad nie duidelik uit wat hy oor Barnes geskryf het dat hy daardie boek van Barnes gelees het nie. Wat Wouter geskryf het, kan uit 'n bron oor Barnes se boek kom. Dat dit so kan wees, volg uit Wouter se foutiewe stelling dat die dood 'n gebeurtenis is. Om te sterf, dus om dood te gaan, is 'n gebeurtenis, want dit neem tyd. Dood, daarenteen, is 'n toestand. Dit neem nie tyd nie. Die een oomblik lewe iemand en die volgende oomblik is hy dood.

    Oor Lincoln kan Wouter steeds nie Dilorenzo reg spel nie. Oor FW de Klerk beweer Wouter dat "die geskiedskrywers" met hom saamstem en my teenspreek. Ek het in die polemiek na verskeie boeke verwys, wat ek almal van voor tot agter gelees het. Wouter het, sover ek kan onthou, nie na 'n enkele sodanige bron verwys nie. As fragmentis beroep hy hom op stukkies en brokkies, ditjies en datjies, maar hulle raak nog kant, nog wal. Wouter, die kuberkabouter, boer met oppervlakkigheid. 

    Johannes Comestor    

  • Hello


    Comestor skryf aanvanklik: 


    Sy (Wouter) weiering, tesame met sy valse bewering dat hy oor boeke van Godwin en Barnes geskryf het (sy erkenning 13.03.13 onderaan Geval Wouter 12.03.13), het my gebring by die gevolgtrekking waaroor ek hom vooraf gewaarsku het (12.03.13). Ek dink ek het rede om hom voortaan as 'n loodswaaier te beskou. 

    Wat veral verdoemend is en dit het gestaan of val by die bestaan van die twee briewe: 

    'Ek (Comestor) dink ek het rede om hom voortaan as 'n loodswaaier te beskou'.

    Nou na die twee briewe met groot moeite gespoor kon word word dit nou soos volg verdraai deur Comestor: 

    'Nou het hy opgespoor dat hy wel oor albei iets geskyf het. Maar ons destydse ooreenkoms was dat hy oor 'n bepaalde boek van Godwin en 'n bepaalde boek van Brink sou skryf. Wat hy nou aanbied, is wat Godwin in 'n artikel in Vanity Fair geskryf het. Ook is dit glad nie duidelik uit wat hy oor Barnes geskryf het dat hy daardie boek van Barnes gelees het nie. Wat Wouter geskryf het, kan uit 'n bron oor Barnes se boek kom. Dat dit so kan wees, volg uit Wouter se foutiewe stelling dat die dood 'n gebeurtenis is. Om te sterf, dus om 
    dood te gaan, is 'n gebeurtenis, want dit neem tyd. Dood, daarenteen, is 'n toestand. Dit neem nie tyd nie. Die een oomblik lewe iemand en die volgende oomblik is hy dood'.

    Nog steeds is dit einde niet. 

    Ek (Comestor) het beweer Wouter het nie oor Godwin en Barnes geskryf nie nadat hy dit self erken het. 

    Daar was geen 'erkentenis nie maar is dit soos volg verwoord deur my in hierdie brief: 


    Die Barnes & Godwin reflekteer nie onder my bydraes nie en persoonlike rekords hou ek nie vir altyd nie. Die databasis wys dit nie en is nou maar jammer, alhoewel dit Comestor 'n stok bied. 
    Gelukkig vir Comestor. 

    Die antwoord op die aanhaling van Comestor is soos volg: 

    Beide die Godwin en die Barnes verwys na die boeke self. Maar dit is hoe die spel gespeel word dit is belangrik vir Comestor om myself as onbetroubaar te bewys. Selfs na die twee briewe gelewer is met moeite. Dit het tyd geneem om dit te spoor  is daar nou 'n manier hoe die doelpale verskuif word en dit nou weer verdraai kan word. 

    Daar is dus geen sprake van verskoning aanbied nie. 

    Net soos Comestor drie paragrawe spandeer aan keel skoonmaak in Camus en die pes, was die Vanity Fair 'n verwysing van hoe Godwin se pad geloop het om oor Zimbabwe te gaan skryf. 

    Agtergrond dus. 

    Indien daardie aspek deur Comestor misbruik word dan kan dit deur hierdie skrywer aangevoer word dat 'Die Plaag' gebaseer was op Sean Martin se 'The Black Death' & Giovanni Boccaccio se werke.

    Daar is iets soos inleiding en konteks. 

    Die Barnes is twee jaar gelede gelees en gaan nie weer herbesoek word nie. 

    Bogenoemde is egter simptomaties aangesien die verwysing van my na José Ortega y Gasset as Gasset genoegsame bewys volgens Comestor lewer dat die skrywer se argumente nie aan my bekend was nie. 

    Daarop is nog nie geantwoord nie, maar die leser word versoek om self te oordeel of die herhaaldelike skrywe van die volle name José Ortega y Gasset met 'korthand' verkort word na Gasset, dieselfde prinsiep om na De Klerk, Vavi ens te verwys.  

    Die volgende bewering is dat Wouter skuldig is aan die volgende: 

    'Oor FW de Klerk beweer Wouter dat "die geskiedskrywers" met hom saamstem en my teenspreek. Ek (Comestor) het in die polemiek na verskeie boeke verwys...

    Die leser word daaraan herinner dat die skrywes gebaseer was op die hoofstuk wat oor die onderwerp gehandel het soos gevind in die Cambridge History Volume II en kan hier gevind word. 


    Net soos die geskiedkundige verloop artikel vir artikel in die argiewe van internasionale nuusblaaie bevestig is. 

    Die belangrike verskil tussen 'n onpartydige nuusblad en 'n ideologiese verwronge skrywer is dat die onpartydige nuusblad veel eerder vertrou kan word ongeag hoeveel boeke die persoon van voor tot agter sou gelees het.

    Soos alreeds gesien is dit nie 'n waarborg dat die leser van daardie boeke met 'n onpartydige beskrywing gaan kom nie. Daarvoor is die rekord van Comestor te oorweldigend. 

    Dit het byvoorbeeld die referendum vraag weer bevestig, die pogings om De Klerk as 'n lafaard te skets uitgewys vir wat dit was en die verloop en agtergrond van die sogenaamde tweede referendum bevestig het. 

    Daardie artikels, byvoorbeeld die onderhoud met De Klerk is inligting en om te beweer aangesien dit nie in 'n boek is, dat dit ongeldig is, is volkome onaanvaarbaar. 

    Die spelling, wat kan daar oor die spelling van Thomas James DiLorenzo se naam gedoen word. 

    Die skrywer bly wat hy is, 'n skrywer verbind met ongure instellings, en dan die verwagtingting dat uit so 'n konteks 'n ewewigtige studie sou kom oor Lincoln uit die pen van Thomas James DiLorenzo. 

    Net soos Camus uitsluitlik gebruik is om die 'pes' volgens Comestor se terme te beskryf en daar weereens afbreuk gedoen is aan die kompleksiteit van Camus se denke maar genoegsaam om 'n stok te wees waarmee die Suid-Afrika geslaan kan word. 

    Nog meer ironies aangesien Comestor, die leser graag wil laat weet dat hy, Comestor, in Frans 'n leeskennis verwerf wat Comestor volgens die skrywe dokumentêr kan bewys. 

    Nie dat dit bygedra het tot 'n werklike bevredigende ontleding van Camus se denke nie, aangesien Camus se denke oor geweld veel meer detail bevat as net 'n verdoeming van die FLN en in al sy aspekte bespreek moet word. 

    Die wete is natuurlik dat dit nie deur Comestor gedoen sal word nie. 

    Dit word tong in kies aanvaar dat hierdie leser se Spaans en Frans nie goed is nie en moes maar met Engels homself wend tot die volgende meesterklas in eksistensialisme. 

    Explain Like I'm Five: Existentialism and Friederich Nietzsche

    Die wat dalk na die video wil kyk kan dit hier vind: http://www.youtube.com/watch?v=Kvz0CjtwH2kDit is in Engels wat maklik gevolg kan word en self moet oordeel of die kind in die video korrek is met sy stelling dat hy Nietzsche haat.   
     
    Baie dankie

    Wouter
  • Hello


    Dit is ook nou opgemerk dat 'n nuwe skelnaam vir hierdie deelnemer gevind is deur Comestor, naamlik die term  'kuberkabouter'.


    Hoe kan daarop reageer word. 

    Hier wend hierdie deelnemer hom tot Monty Python: 

    Some things in life are bad
    They can really make you mad
    Other things just make you swear and curse.
    When you're chewing on life's gristle
    Don't grumble, give a whistle
    And this'll help things turn out for the best...
    And...always look on the bright side of life... 
    Always look on the light side of life...

    If life seems jolly rotten
    There's something you've forgotten
    And that's to laugh and smile and dance and sing.....

    Baie dankie,
    kuberkabouter wouter


  • Hello,


    Nog 'n  beskuldiging wat nou geslinger word in hierdie rigting is die van 'fragmente' waarna verwys word.

    Vreemd genoeg kan hierdie deelnemer dit nie as 'n belediging ervaar nie, alhoewel dit deur Comestor as een bedoel was.

    Dit is hierdie frase van T.S Eliot wat opkom wanneer die term 'fragmente' gelees word. 

    These fragments I have shored against my ruins

    Daar kan debat wees oor hoe dit ontleed moet word en word geen finale antwoord deur myself gebied nie, behalwe om te aanvaar dat oor 'n leeftyd word fragmente van kennis, ervarings, insigte opgebou waarmee gepoog word om 'n verstaan van die geheel te probeer verwoord. 

    Hoe kan dit anders wees? 

    Baie dankie,
    Wouter
  • Hello


    Soos alreeds aangedui is dit moeilik om nou twee jaar later te antwoord op die bewering gemaak deur Comestor dat die volgende skrywe van my bewys dat die boek nie gelees was nie:

    Bogenoemde stelling word baseer op die volgende: 

    Comestor aan die woord:

    'Dat dit so kan wees, volg uit Wouter se foutiewe stelling dat die dood 'n gebeurtenis is. Om te sterf, dus om dood te gaan, is 'n gebeurtenis, want dit neem tyd. Dood, daarenteen, is 'n toestand. Dit neem nie tyd nie. Die een oomblik lewe iemand en die volgende oomblik is hy dood.

    Hier volg nou 'n versameling van fragmente: 
     
    Dit is onmoontlik om nou te bepaal wat die gedagtegang was met die skrywe daarvan twee jaar gelede en kan daarom nie nou sinvol beantwoord nie, maar dit prikkel tog die gedagtes om tog weer daaroor te spekuleer.

    Wat sal dit wees, toestand versus 'n gebeurtenis. 

    In retrospeksie is dit prakties onmoontlik om te bevestig wat die geval sou wees maar bring dit wel die bekende gedig van John Donne na vore: 

    Death be not proud, though some have called theeMighty and dreadfull, for, thou are not soe,
    For, thosem whom thou think’st, thou doth overthrow,
    Die not, poore death, nor yet canst though kill mee.
    Thou’art slave to Fate, chance, kings, and desperate men,
    And dost with poyson, warre, and sicknesse dwell,
    And poppie,’ or charmes can make us sleep as well,
    And better than thy stroake; why swell’st thou then?O
    ne short sleepe past, wee wake eternally,And death shall be no more, Death thou shalt die.

    'n Gunsteling film, is Wit, en dan Emma Thompson, 'n intelligente vertolker van rolle en dan spesifiek die rol van Vivian Bearing in die film as 'n professor in letterkunde.  

    Die klas gaan oor hoe die gedig ontleed moet word. 

    Vivian Bearing het 'n weergawe van die gedig waar die laaste lyn soos volg lees: 

    And Death shall be no more; Death, thou shalt die!

    Haar professor terwyl Vivian Mearing 'n student was bied die volgende ontleding en die dialoog verloop soos volg: 

    Nothing but a breath—a comma—separates life from life everlasting.  It is very simple really.   
    With the original punctuation restored, death is no longer something to act out on a stage, with exclamation points. It’s a comma, a pause.This way, the uncompromising way, one learns something from this poem, wouldn’t you say?  Life, death.  Soul, God.  Past, present.  Not insuperable barriers, not semicolons, just a comma.

    Hierdie maak van die dood 'n oorgang, tussen lewe en die ewige lewe. 

    Maak dit dan die dood 'n toestand of 'n gebeurtenis? 

    Wie sal hier kan antwoord of die dood 'n absolute end is, waar die band tussen lewend en dood gebreek word of is dit eerder 'n lyn van vootbestaan in ander vorme wat volgehou word?

    Die volgende fragment kom dan hier na vore: 

    Where I am, death is not; where death is, I am not.

    'n Voorlopige slotsom is dat vir die gelowige is dit 'n gebeurtenis, 'n opening van 'n deur na die ewige lewe, 'n oorgang, so maklik soos asemhaling, die laaste asem uit en dan die volgende asem in. 

    Vir die ateïs sal die dood, gewoon die end wees, met geen kennis wat na dit volg, dit is 'n gebeurtenis, dit word waargeneem deur die geliefdes van die sterwende en uiteindelike gestorwe persoon, die ervarings wat afspeel in jou gemoed maak dit 'n gebeurtenis wat die persoon eerder sou wou vermy maar die end is nie te betwyfel nie en kan dit 'n geveg tot die dood wees. 

    Kan die wat van die vreemde land, dood, teruggekom het adviseer in hoe die dood ervaar sou word. 

    Dalk word 'n antwoord deur Nabokov gebied, nie as 'n reisiger nie maar as 'n skrywer wat met insig die sprong maak: 

    The cradle rocks above an abyss, and common sense tells us that our existence is but a brief crack of light between two eternities of darkness.
     
    Waar daar dan geen bewussyn is van die oneindigheid voor die geboorte en so ook na die dood. 

    Indien dit 'n toestand sal hierdie deelnemer nie bewus wees van daardie toestand om dit as 'n toestand te ervaar en so ook met 'n gebeurtenis.  

    Baie dankie,
    Wouter

  • Johannes Comestor

    Op 20 deser om 17:52 het Wouter hierbo geskryf: "Hierdie [is] my laaste kommentaar hieroor en sal die enigste kommentaar wees." Sedertdien is ses verdere kommentare deur Wouter hierbo gepubliseer. Hy moet sy sterre dank dat ons in die elektroniese era is, want sulke omvangryke kommentaar sou nie in gedrukte teks geduld word nie. Sou Shakespeare nie dalk opgemerk het dat die kuberkabouter te veel protesteer nie?

     

    Johannes Comestor

  • Hello Oom Comestor, 


    Weg met oom en die aanhoudende kwetsing van kuberkabouter - dit is nie nice nie. 

    Het oom nie pligte in die huis om na om te sien nie?.

    Voor die kuberkabouter vergeet, komplimente wat die Spaans betref: 

    Olé, Olé, Comestor!, Comestor! 


    Kan Oom Comestor die macarena doen? 
     
    Baie dankie

    kuberkabouter wouter


    Naomi kan jy dalk die postulasie (soos ek geleer is deur Oom Comestor) wat gedupliseer is delete, so dat daar een postulasie minder is om oor te kla. 

  • Hello, 


    Julian Barnes is prominent in hierdie siklus en is die dalk nou 'n geleentheid om 'n onderhoud wat deur Writers and Co se Eleanor Wachtel's soos uitgesaai  op 20/11/2011 met die lesers hier te deel. 

    Julian Barnes is 'n hoogs intelligente persoon en kan tyd sonder verlies verwyl word om na sy menings oor 'n verskeidenheid van onderwerpe te luister en in sy geselskap deur te bring.   

    Eleanor Wachtel versoek Julian Barnes om uit sy toe nuwe boek te lees wat 'n toneel beskryf waar die skoolmeester die studente ondervra oor die heerskappy van Henry VIII. 

    Die student antwoord dat dit 'n tyd van onrus was. 

    Hiermee was die onderwyser nie tevrede en wil meer weet. 

    Die student brei uit en bevestig dat  dit  'n tyd van groot onrus was. 

    Na hierdie bevestig 'n ander student dat die enigste stelling wat gemaak word oor geskiedkundige gebeure is dat iets het gebeur.....

    Inderdaad. 

    Vir die res van die onderhoud met die sjarmante Mnr Julian Barnes gaan hierna toe: 

  • Hello, 


    Dit word aan die leser bevestig dat hierdie nie 'n poging tot protestasie is nie net soos met die skrywes wat oor die dood en fragmente gehandel het nie. Van die vorige siklus sal slegs twee van die kommentare as werklike repliek staan na die aanvanklike repliek en die res dan meer in die gees van die paaie hoe 'n gesprek verder ontplooi en aan die leser aangebied word soos my eie gedagtes oor die onderwerp aanbeweeg. 

    Hierdie word dus nie as 'n poging tot verlengde argument aangebied nie maar wel om die onderwerp in meer detail te ondersoek en is nie 'n argument nie. 

    Dit is dus gerig op lesers en luisteraars wat in verdere detail op eie stoom die onderwerp wil ondersoek van Lincoln en die Amerikaanse Burgeroorlog. 

    Hierdie is 'n reeks wat BBC Radio 3 in April 2011 aangebied het. (Dit bevestig maar net weer hoe swaar Suid-Afrika trek aan die gebrek van kwaliteit programme - apart van die opmerkings wat ek gemaak het oor RSG). 

    Die agtergrond is dat ek het vir myself 'n speellys opgestel van programme uit my loodgooi argiewe soos ek gewoonlik doen vir die naweek en week wat volg. 

    Hierdie doen ek weekliks. 'n Mengesel van ou programme en die nuwes wat in die week vrygestel is. 

    Aangesien die volgende programme as nog steeds beskikbaar gespoor kon word wil ek dit graag aan die leser bied om na te gaan luister. 


    The War of the SouthThe American Civil War Episode 1 of 4
    The Civil War destroyed much of the South, claimed one in five of all men of fighting age, ended slavery and saw the North confirmed as the defining force in American life. Yet in the decades that followed it seemed to many that the South had somehow won the peace, found honour rather than shame in the treachery of secession and the ruins of terrible defeat- creating a new world for itself centred around the myth of the Lost Cause. 

    Many would even declare that the issue of slavery was not the root cause of the South's desire to leave the Union in their defence of States' Rights.Contemporary historians see a very different picture amidst the carnage of a war that claimed more lives in one battle (Gettysburg) than in all previous wars. A war whose casualty rate would be the equivalent of six million American lives today. With the help of leading historians including David Blight, Liz Varon, James McPherson, Eric Fone and Gary Gallagher, Dr Adam Smith reveals the minds and worlds of the South as it set its path towards secession and disunity and in doing so reaped a terrible price. It's a story of contradictions, ironies and stark human drama that leads Smith to Richmond, Virginia capital of the Confederate States of America following secession from the Union in 1861.

    Luister na episode een hier: 


    The War of the NorthThe American Civil War Episode 2 of 4
    150 years after the start of the American Civil War, Dr Adam Smith travels from Lincoln's home town of Springfield, Illinois to Washington DC and the battlefields of Virginia as he asks why the North fought and what it won.With the help of leading historians including Eric Foner, Gary Gallagher, Ed Ayres, James McPherson and Chandra Manning, Adam reveals the worlds and minds of the North, considers the relationship between the Civil War and Emancipation and asks whether the victory of the North means that a conflict that killed more than half a million Americans should now be a cause for celebration.

    Luister na episode twee hier: 



    Dividing LinesThe American Civil War
    Episode 3 of 4

    Historian Adam Smith visits contemporary America to trace how the dividing lines of the War are still visible beneath US politics 150 years on, in the era of Obama.

    He visits the Old Capitol Building in Springfield, Illinois, where Obama launched his Presidential campaign in the shadow of Abraham Lincoln.In Virginia, he discovers how the disputes of the Civil War still stir amongst statues and school textbooks, fresh Confederate headstones and debates on states' rights.We witness 'Neo-Confederates' from across the South come together to re-enact the inauguration of the Confederate President, Jefferson Davis - and hear how they see the battles of the Civil War very much alive today in the struggle between Obama's federal government and the ever-more assertive individual states.In the Washington theatre where Lincoln was shot, Lincoln scholar Allen Guelzo reflects on the rising antagonism in American politics today, with talk of nullification, secession and states' rights, tyranny and treason.And Adam visits a museum which painfully embodies the difficulty America still has in coming to terms with the conflict

    Luister na episode 3 hier: 



    Blockade Runners and Black MinstrelsThe American Civil War
    Episode 4 of 4

    When the American civil war loomed, black anti-slavery activists were horrified by their reception in Britain, and they blamed it on the music hall."that pestiferous nuisance Ethiopian minstrels have introduced the slang phrases, the contemptuous sneers, all originating in the spirit of slavery"This mattered a great deal as the hearts and minds of the British were a potential key to the agrarian South's victory. The Confederates soon needed guns and ammunition made in British factories, and it all needed to go through a Union naval blockade. 

    They also wanted to bring Britain and France into the war to aid their cause. In the event John Bull declared and stuck to neutrality - but with willing stooges in the factories and shipyards - that could be stretched a long way.Blockade running and spy-wars took root on British soil - fortunes were made. Ship building on the Clyde and Mersey doubled to aid the South and profits soared. Meanwhile, a new generation of anti-slavery activists cut their teeth in this struggle: many of them women who went on to become important early suffragists.According to the victorious North, if Britain had stopped the blockade running, the South would have crumbled after Gettysburg. They took Britain to international arbitration for damages of millions of pounds. 

    At one point the USA suggested being given Canada in compensation. Eventually Britain paid out on a narrower claim but the sum involved was still huge.Glasgow-based writer, Louise Welsh follows the story through the case study of the Clyde, showing how the multi-million dollar campaign to arm the South went hand in hand with growing racism. She explores the culture of the music hall, and look at how abolitionists hit back in practical ways against the arms trade.


    Luister na episode 4 hier: http://www.bbc.co.uk/programmes/b010nrnp

    Die hoop is dat die leser wat hierna gaan luister dit waardevol sal vind. 

    Baie dankie

    Wouter

  • Hello,


    Die siklus van kommentare hierbo verwys. In dit word 'n verskeidenheid van temas aangeraak. Die temas, sluit in Lincoln en die Amerikaanse Burgeroorlog, die stand van Zimbabwe en dan die onvermydelike onderwerp van die dood. Camus en Kafka sal dalk op 'n latere stadium herbesoek word op die hoofwerf. 

    Daar is alreeds kommentaar geplaas oor die Amerikaanse Burgeroorlog en word die leser versoek om tog na die programme voorgestel te gaan luister. 

    Ook is die onderwerp oor dood, afsterwe, geplaas maar laat ruimte vir nog meer bespreking aangesien dit 'n onderwerp is wat dalk nie maklik uitgeput kan word nie.

    In hierdie skrywe word daar verwys na die referendum vir 'n nuwe grondwet wat onlangs in Zimbabwe gehou is. 

    Die Financial Times rapporteer soos volg daaroor: 

    Zimbabweans back new constitution
    By Andrew England in Johannesburg

    Zimbabwean voters have overwhelmingly approved a new constitution for the southern African nation in a referendum that should pave the way for elections later this year. The electoral commission said that just shy of 95 per cent of those who cast ballots supported the new charter, which had been endorsed by all the main political parties. The constitution is a key element of electoral reforms that were agreed after disputed and violent elections in 2008. A measure of stability returned after President Robert Mugabe’s Zanu-PF party and the opposition Movement for Democratic Change agreed to form a unity government. But the administration has been largely dysfunctional and Zanu-PF and the MDC have remained at loggerheads amid concerns that tensions will rise ahead of the elections. Voting during the weekend referendum passed peacefully and turnout was about 50 per cent, higher than many commentators had expected. But the poll was marred by the arrest of Beatrice Mtetwa, a prominent human rights lawyer, and four MDC officials.

    Alhoewel dit dan dalk aangevoer word dat bogenoemde positief is en dat die gety draai het word die volgende ook uitgelig: 

    The arrests have sparked fears that security forces, which remain loyal to Zanu-PF, could embark on a crackdown to harass and intimidate activists and opposition officials in the lead-up to the election.“These are signs of a police force that has become an appendage of a political party, which . . . is now showing signs of panic and fear in light of the imminent prospects of losing the forthcoming election,” Mr Tsvangirai said on Monday.The new charter is intended to dilute some of the powers of the presidency, offer better protection of human rights and sets a maximum of two five-year terms for the president.

    Hierdie ontwikkeling het sommige programme op BBC Radio 3 & Radio 4 die agtergrond gegee vir 'n bespreking oor die ontwikkelinge in Zimbabwe. 

    In Nightwaves van BBC Radio 3 lei Anne McElvoy 'n gesprek oor die onderwerp met Albie Sachs, Simon Jenkins, die voormalige redakteur van die Times of London, sowel as Chibili Mallat, menseregte aktivis.

    Die gesprek open met 'n verwysing na George Washington wat die grondwet beskryf het as 'n gids waarvan hy nooit sal afwyk nie. 

    Albie Sachs verwoord dat die grondwet is belangrik aangesien dit die samelewing waarin die burgers wil leef vorm gee aan die samelewing wat hul verlang. Sachs waarsku ook dat 'n grondwet nie 'n laslappie moet wees nie maar werklik moet poog om te akkommodeer in plaas van kompromie. Komende van een van die skrywers van die grondwet hier is dit stof tot nadenke. 

    Ook word die ontwikkeling om sosio-ekonomiese regte in die grondwet te verskans ondersoek. 

    Dit word deur Chibili Mallat as 'n goeie idee beskou mits dit moontlik is om uitvoering aan daardie regte te laat geskied, maar twyfel of dit werklik moet ingesluit word in 'n grondwet. 

    Die uitdaging is soos altyd, die kwessie van implemtering. Die gevaar van 'n teoretiese reg maar nie 'n reg wat in die praktyk uitgeoefen kan word nie. Soos Bernard Williams dan sou bevestig, dit is daarom dan 'n reg van nul en gener waarde. 

    Simon Jenkins, voer aan dat daar hopeloos te veel gemaak word van 'n grondwet maar gee toe dat dit gewoonlik geskep word om 'n krises die hoof te hoof te bied, hetsy die grondwet met die stigting van die VSA, of hier met die oorgang tussen 1990 en 1994 asook Zimbabwe huidiglik as 'n voorbeeld, die skepping van 'n 'nuwe identiteit' en aspirasies van die 'nuwe nasie' te verwoord. 

    Jenkins dui aan dat die tipe van sosio-ekonomiese regte wat nou in die grondwet staan die grondwet opstel vir mislukking en die gevaar daar stel om die grondwet te diskrediteer.

    Sachs is ongelukkig met dit wat Jenkins formuleer en wys uit dat in Suid-Afrika word daar met omsigtigheid gehandel om die sosio-ekonomiese regte te forseer. 

    Hier word die geval dat VIGS medisyne vrylik moes beskikbaar gemaak en die regering opdrag gegee is om so te doen gebruik. Sachs dui aan dat die beslissing meer as 300 000 lewens gered het. 

    Ook word die beperkings van die regters se magte onder loep geneem en die twis rondom dit. 

    Weer is daar argumente tussen Sachs en Jenkins, wanneer Jenkins uitwys regters word soms magtiger geag as God. Sachs bevestig dat Zuma dieselfde mening huldig. 

    McElvoy dui aan dat Sachs en Jenkins vir mekaar gemaak is. 

    Die program kan hier gevind word om self na te luister: 


    Ook kan daar geluister word soos dit gebeur het die dag self met die stemmery oor die nuwe grondwet:

    Millions of Zimbabweans vote on a new constitution - Andrew Harding, in Harare, quotes one government minister saying the document is the 'midwife' to a brand new future for the country. 

    Die program kan hier gevind word om self na te luister: 


    Die berig begin by ongeveer 1:50 minute....

    Baie dankie

    Wouter 
  • Hello,

     

    In die siklus hier bo is daar verwys na Julian Barnes. Die naweek was daar 'n onderhoud met Julian Barnes gepubliseer waarin sy nuwe boek, Levels of Life, bespreek word.

     

    Die boek bestaan uit drie dele. Deel een en twee behandel Frankryk laat 1900's met verwysings na Sarah Bernhardt, die aktrise, 'n soldaat met die naam Fred Burnaby, en laastens Gaspard-Félix Tournachon bekend as Nadar. Die eerste persoon wat daarin geslaag het om 'n lugfoto vanuit 'n lugballon van Parys te neem.

     

    Die laaste deel van Levels of life bespreek die afsterwe se vrou in 2008 en die routydperk na haar afsterwe.

     

    Barnes verbind die drie dele op die volgende manier:

     

    "At the time, Nadar's photos were as disturbing as they were beautiful and they remain so today. To look at ourselves from afar, to make the subjective suddenly objective: this gives us a psychic shock.It is similar to the shock one gets from grief; that moment of seeing oneself suddenly, appallingly out of context, the co-ordinates as off as in a drawing by Escher."

     

    Aanvanklik wou Barnes die verhaal van Eurydice en Orpheus gebruik as 'n manier gebruik om sy gedagtes te struktueer maar het besluit op die volgende.

     

    "But at a certain point I thought, no, I have to do that straight rather than through myth. And I don't want to do it in fiction. I have to do it absolutely straight and head on. So the development process was both organic and slightly mysterious, in the way that it sometimes is.  What was taken away is greater than the sum of what was there.This may not be mathematically possible; but it is emotionally possible".

     

    Die verlies weens die afsterwe van sy vrou was intens aangesien die pilaar van sy lewe verkrummel het:

     

    "I was 32 when we met, 62 when she died. The heart of my life; the life of my heart." "You put together two things that have not been put together before and the world is changed."

     

    Soos verwag kan word, beroof die verlies, Barnes van die lus asook die wil om te leef en bied Barnes daarmee 'n erkentenis wat sonder twyfel as universieel beskou kan word. Barnes rou oor haar afsterwe "uncomplicatedly and absolutely", and misses her "in every action, and in every inaction".

     

    Barnes brei egter uit en erken ook dat vir die eeste keer het hy selfmoord oorweeg:

     

    “The question of suicide arrives early, and quite logically. I knew soon enough my preferred method – a hot bath, a glass of wine next to the taps, and an exceptionally sharp Japanese carving knife. I thought of that solution fairly often, and still do.”

     

    Die bestaan van die huidige boek bevestig vanselfsprekend dat Barnes dit nie deurgevoer het maar dui Barnes ook aan dat die versoeking is nog steeds aanwesig. Die impuls word beveg net deur die besluit van Barnes waarin om die onthouer, "rememberer" van sy vrou te wees.

     

    Die slotsom is dalk soos volg:

     

    "In so far as I have successfully evoked or described grief, I would be describing my love for her."

     

    In die konteks daarvan is dit dus nie 'n "moeilike" boek nie, en maklik herkenbaar vir die wat al verlies ervaar het.

     

    Baie dankie

     

     

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top