Resensies

Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Jong lesers: Qailah Hannie resenseer Ek was hier deur Nanette van Rooyen

Qailah Hannie Jong lesers 2018-08-02

"Ek sal die boek vir jong lesers aanbeveel vir die uitstekende storielyn en interessante hoofkarakters."

Polemieke: bekgevegte in Afrikaans deur Gabriël Bothma: ’n resensie

AJ Opperman Resensies 2018-08-02

"Ek meen, wie sal sonder nuuskierigheid en sonder gevoel ’n boek oor polemiek en Afrikaans toeslaan wat 'Boetman is die bliksem in', Piekniek by Dingaan en Voëlvry, Daisy de Melker, Joost van der Westhuizen, Bram Fischer, Adam Small en 'beskaafde' apartheid in dieselfde asem noem?"

Jong lesers: Nicholas Hanlon resenseer Ek was hier deur Nanette van Rooyen

Nicholas Hanlon Jong lesers 2018-08-02

"Hierdie boek is vol geheime en plaas die leser op ’n emosionele wipplankrit."

Jong lesers: Kaitlyn Sookdhew resenseer Ek was hier deur Nanette van Rooyen

Kaitlyn Sookdhew Jong lesers 2018-08-02

"Ek was hier is ’n roman wat ’n raaisel, ’n tragedie, ’n komedie, ’n drama, ’n aksie-storie en ’n romanse alles in een is."

Jong lesers: Nicole White resenseer Die legendariese Lua Verwey – Wilder as die wildtuin deur Dihanna Taute

Nicole White Jong lesers 2018-08-02

"Dis skreeusnaaks. Ek het so gelag, selfs my ma wou die boek saam met my lees!"

A feast from nature deur Renata Coetzee: ’n resensie

François Verster Resensies 2018-08-01

"A feast from nature is ’n fees om te lees, en ’n verrykende kenniservaring, maar daar is iets méér ... dalk ’n eggo uit ’n gedeelde verlede wat alle mense kan waardeer. Mag Renata Coetzee se bydrae tot ons geskiedenis ons help om ’n groter begrip van mekaar te ontwikkel en sodoende ’n beter toekoms te beding."

Die keer toe ek my naam vergeet het deur FA Venter: ’n FMR-resensie

Danie Botha Resensies 2018-07-31

"FA Venter se Die keer toe ek my naam vergeet het is ’n uitstekende outobiografiese vertelling oor sy ervarings ná hy ’n beroerte beleef het."

openbare domein deur Daniel Hugo: ’n resensie

Gunther Pakendorf Resensies 2018-07-30

"Dié balans tussen oop en toe, binne en buite, wat die leser na ’n plattelandse werf uitnooi en haar terselfdertyd ’n warm ontvangs in ’n gemoedelike binnekamer (en ’n proesel poësie) belowe, gee ’n visuele dimensie aan die bundel se beweging tussen naby en ver, die natuur en die mens, landskap en kuns ..."

Steinhoff en die Stellenbosse Boys deur James-Brent Styan: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2018-07-30

"Dit is kommerwekkend om te weet hoe maklik feite verskans kan word agter ’n gloeiende verslag, hoe maklik die mens inkoop op iets wat op die oog af in orde lyk, en hoe aangewese die gewone mens is op kenners vir finansiële raad."

Jong lesers: Jamie Johnson: Skills from Brazil deur Dan Freedman

Jodie Ramackers Jong lesers 2018-07-30

"Dit is vol humor en het hier en daar ’n paar sokkerfeite. Die tonele word pragtig beskryf, perfek om die leser se aandag te trek."

Jong lesers: Gerook deur Eldridge Jason

Cassidy Alexander Jong lesers 2018-07-30

"As sy ma by is, is ouma Anna die vriendelikheid self. As hy egter alleen in ouma Anna se geselskap is, kry hy partykeer die indruk sy verdra hom net-net."

Jong lesers: Die groot Klein Kaptein deur Paul Biegel

Ellard Rademeyer Jong lesers 2018-07-26

"Die boek is ’n bondel pret, avontuur en aksie. Jy wil dit net nooit neersit nie."

Jong lesers: Charlotte’s web deur EB White

Qaailah Raani Hussain Jong lesers 2018-07-26

"Ek sou hierdie boek aanbeveel vir almal om te lees en vir altyd op hulle boekrakke te hou vir toekomstige generasies."

Rand en sent deur Suzaan Steyn: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2018-07-26

"Rand en sent is een van daardie praktiese boeke waarna mens weer en weer sal kan terugkeer vir praktiese raad oor finansiële sake, en oor wat mens moet doen om slaggate te vermy."

Katelknaap deur Leon van Nierop: ’n resensie

Ilse de Korte Resensies 2018-07-25

"Katelknaap word vertel vanuit die perspektief van die manlike hoofkarakter, Tristan Hansen, en daar was nog nie so baie romans wat ek gelees het wat so fokus op die diepste gedagtes, vrese en onsekerhede van ’n man nie."

Tweespoor deur Helena Gunter: ’n resensie

Riette Rust Resensies 2018-07-25

"Gunter se werk is toeganklik, maar daag die leser terselfdertyd uit. Dis ’n skop teen die kop wat jou dwing om anders kyk."

Die rooikop en die redakteur en ander stories 1955–1959 deur André P Brink: ’n resensie

Izak de Vries Resensies 2018-07-24

"Die jonge, taamlik onskuldige André Brink het wel hierdie verhale om den brode geskryf, maar as jy sy oeuvre ken, sien jy alreeds vingeroefeninge van die persoon wat later ’n meesterskrywer sou word."

Die besoeker deur Antje Damm: ’n resensie

Magdel Vorster Resensies 2018-07-20

"Miskien is Die besoeker dan nie ’n kinderboek uitsluitlik nie; miskien is dit ’n prenteboek wat deur almal gelees moet word. Miskien moet almal gereeld daaraan herinner word dat daar altyd meer as een perspektief is waarvoor uitgekyk moet word."

Jong lesers: Die driehoekige sirkel deur Corrie Vorster

Abigail Tollig Jong lesers 2018-07-20

"Rassisme, selfbewustheid, tienerswangerskappe en die soeke na aanvaarding en innerlike vrede verander die vrolike melodie in ’n kreet wat tieners kan aanraak en inspireer om die regte ding te doen."

Selma en Louise deur Susan Coetzer: ’n resensie

Nadia de Kock Resensies 2018-07-19

"Die roman is redelik lywig, maar lees maklik. Die skrywer is oor die algemeen op haar stukke en haar humorsin is heerlik. Daar is ook pragtige beelde in die boek."

Top