Resensies
Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Jong lesers: The Twits deur Roald Dahl
2018-08-08"Baie snaakse dinge gebeur met meneer en mevrou Twit. Dit is ’n baie interessante boek. Toe ek die boek begin lees het, wou ek dit glad nie neersit nie."
Jong lesers: The adventures of Captain Underpants deur Dav Pilkey
2018-08-08"Dit is so ’n pragtige storie. Ek sal dit beslis aanbeveel."
Jong lesers: Dink hieraan as jy ’n boek resenseer
2018-08-08"Onthou, alhoewel ’n resensie ’n ernstige saak is, moet dit steeds lekker leesstof wees wat belangstelling in ’n boek sal prikkel. Dit behoort ’n potensiële leser te laat besluit of hy/sy die moeite wil doen om die boek te lees of nie. Geniet dit!"
Gesant van die mispels en In die stille agterkamer deur Marlene van Niekerk: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2018-08-08"Van Niekerk gooi met haar nuwe werk ’n Nietzscheaanse tou oor die afgrond na lesende kritici, kritiese lesers, gewoond om 'teen die grein' en vryblywend te beoordeel, te evalueer en te kategoriseer. Nie langer kan kritici afstandelik, veilig en vanaf die verte sonder emosionele betrokkenheid skryf nie."
Brugbouers deur Rudi Buys: ’n lesersindruk
2018-08-03"Die boek is nie ’n geskiedenisboek oor die gebeure rondom die Reitz-video nie. Dit is eerder ’n boek wat probeer om die breë beginsels daar te stel van gemeenskappe wat verander. En verandering is iets wat nooit voltooi word nie. Dat daar konflik sal wees, is gegewe."
Jong lesers: Die tandeterroris deur David Walliams, vertaal deur Kobus Geldenhuys
2018-08-02"Ek hou baie van die verhaal, want dit gee vir mens gemengde/verskillende gevoelens. Dit laat mens emosioneel voel – partykeer hartseer, partykeer bly."
Jong lesers: Billionaire boy deur David Walliams
2018-08-02"Maar nes alle goeie boeke hou die boek jou op jou tone. Mense is geneig om te dink dat geld jou gelukkig kan maak, maar die boek verskil heeltemal van daardie algemene visie."
Jong lesers: Die leeutemmer se assistent deur Solet Scheeres en Marjorie van Heerden
2018-08-02"Kom beleef die sirkus soos nog jy dit nog nooit gesien het nie – jy sal voel of jy daar is!"
Jong lesers: Sarah Espinoza resenseer Ek was hier deur Nanette van Rooyen
2018-08-02"Die leser beveel hierdie boek aan, want dit het ’n interessante storielyn en dit is maklik om te lees, wat Engelssprekende tieners se woordeskat sal verbeter."
Jong lesers: Qailah Hannie resenseer Ek was hier deur Nanette van Rooyen
2018-08-02"Ek sal die boek vir jong lesers aanbeveel vir die uitstekende storielyn en interessante hoofkarakters."
Polemieke: bekgevegte in Afrikaans deur Gabriël Bothma: ’n resensie
2018-08-02"Ek meen, wie sal sonder nuuskierigheid en sonder gevoel ’n boek oor polemiek en Afrikaans toeslaan wat 'Boetman is die bliksem in', Piekniek by Dingaan en Voëlvry, Daisy de Melker, Joost van der Westhuizen, Bram Fischer, Adam Small en 'beskaafde' apartheid in dieselfde asem noem?"
Jong lesers: Nicholas Hanlon resenseer Ek was hier deur Nanette van Rooyen
2018-08-02"Hierdie boek is vol geheime en plaas die leser op ’n emosionele wipplankrit."
Jong lesers: Kaitlyn Sookdhew resenseer Ek was hier deur Nanette van Rooyen
2018-08-02"Ek was hier is ’n roman wat ’n raaisel, ’n tragedie, ’n komedie, ’n drama, ’n aksie-storie en ’n romanse alles in een is."
Jong lesers: Nicole White resenseer Die legendariese Lua Verwey – Wilder as die wildtuin deur Dihanna Taute
2018-08-02"Dis skreeusnaaks. Ek het so gelag, selfs my ma wou die boek saam met my lees!"
A feast from nature deur Renata Coetzee: ’n resensie
2018-08-01"A feast from nature is ’n fees om te lees, en ’n verrykende kenniservaring, maar daar is iets méér ... dalk ’n eggo uit ’n gedeelde verlede wat alle mense kan waardeer. Mag Renata Coetzee se bydrae tot ons geskiedenis ons help om ’n groter begrip van mekaar te ontwikkel en sodoende ’n beter toekoms te beding."
Die keer toe ek my naam vergeet het deur FA Venter: ’n FMR-resensie
2018-07-31"FA Venter se Die keer toe ek my naam vergeet het is ’n uitstekende outobiografiese vertelling oor sy ervarings ná hy ’n beroerte beleef het."
openbare domein deur Daniel Hugo: ’n resensie
2018-07-30"Dié balans tussen oop en toe, binne en buite, wat die leser na ’n plattelandse werf uitnooi en haar terselfdertyd ’n warm ontvangs in ’n gemoedelike binnekamer (en ’n proesel poësie) belowe, gee ’n visuele dimensie aan die bundel se beweging tussen naby en ver, die natuur en die mens, landskap en kuns ..."
Steinhoff en die Stellenbosse Boys deur James-Brent Styan: ’n lesersindruk
2018-07-30"Dit is kommerwekkend om te weet hoe maklik feite verskans kan word agter ’n gloeiende verslag, hoe maklik die mens inkoop op iets wat op die oog af in orde lyk, en hoe aangewese die gewone mens is op kenners vir finansiële raad."
Jong lesers: Jamie Johnson: Skills from Brazil deur Dan Freedman
2018-07-30"Dit is vol humor en het hier en daar ’n paar sokkerfeite. Die tonele word pragtig beskryf, perfek om die leser se aandag te trek."
Jong lesers: Gerook deur Eldridge Jason
2018-07-30"As sy ma by is, is ouma Anna die vriendelikheid self. As hy egter alleen in ouma Anna se geselskap is, kry hy partykeer die indruk sy verdra hom net-net."
