Resensies

Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

As sy weer kom deur Marlize Hobbs: ’n resensie

Deborah Steinmair Resensies 2018-09-04

"Skryf is lyf, skryf is bloederige geboorte, en as jy dit reg doen, is dit morsig. En daar is ’n sekere manier waarop veral vroueskrywers dit reg kan doen."

Spertyd deur Elsa Joubert: ’n lesersindruk

Mantie Smith Lesersindrukke 2018-09-04

"Joubert beskryf met patos die 'skimwêreld' waarin die ouerwordende persoon hom/haar al hoe meer bevind: die verwarring, die vergeet van die alledaagse gryp jou aan die hart."

Dowe gode deur Dibi Breytenbach: ’n lesersindruk

Irene Schoonwinkel Lesersindrukke 2018-09-04

"Die storie van die roman handel oor ’n hele paar sensitiewe en moeisame temas. Breytenbach het dit egter reggekry om op ’n elegante en eerlike manier oor hierdie temas te skryf, wat reg aan die verskeie temas laat geskied."

Van kant gemaak deur Kris van Steenberge: ’n FMR-resensie

Riette Rust Resensies 2018-08-30

"Indien jy nog nie ’n leser van Nederlandse letterkunde is nie, sal hierdie roman jou waarskynlik inspireer om meer hieroor uit te vind. Van kant gemaak is Van Steenberge se eerste roman. Wat ’n meesterstuk is dit nie!"

Dankie, Generaal deur Nico Moolman: ’n resensie

Org Potgieter Resensies 2018-08-28

"Die boek se grootste waarde lê in die geweldig groot aantal foto's – sommige ingekleur – waarop die skrywer-speurder op sy reise in museums en ontmoetinge met nasate van ABO-soldate aan albei kante afgekom het."

Anglo-Boer War (South African War) 1899–1902: Historical Guide to Memorials and Sites in South Africa deur Jackie Grobler: ’n lesersindruk

Astrid Schwenke Lesersindrukke 2018-08-28

"Dit was sy doel om vir die student, die reisiger deur Suid-Afrika en die publiek ’n publikasie saam te stel wat aanvullend tot studies, as reisgids of as interessante leesstof benut kan word."

Die lucky strike deur Steve Hofmeyr: ’n lesersindruk deur Barend van der Merwe

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2018-08-28

"Alles in ag genome sou ek egter ter samevatting sê dat Die lucky strike, presies nes sy voorganger, interessante en prikkelende misdaadfiksie is."

kykNET-Rapport Boekpryse 2018: Kortlyste vir resensiepryse bekend

LitNet Resensies 2018-08-23

"Die kortlyste is pas bekend gemaak vir vanjaar se kykNET-Rapport Boekresensent van die Jaar-pryse waarmee erkenning gegee word aan die room van Afrikaanse resensies wat in 2017 verskyn het." Hier is die finaliste.

Die hond wat ophou blaf het deur Jo Nel: ’n resensie

Gerda Taljaard-Gilson Resensies 2018-08-22

"Reeds met die optel van die boek vermoed die leser dus dat die bose en dood, soos dit enige goeie sielkundige riller betaam, heeltyd net onder die oppervlak teenwoordig sal wees; dat dit soos in NP Van Wyk Louw se ‘Ballade van die bose’ immer in die karakters se spoor sal trap ‘soos ’n goeie hond’."

Dubbelspiraal deur André Jansen: ’n resensie

Martie Retief-Meiring Resensies 2018-08-22

"Met ’n meesterlike ratatata-inleiding neem die skrywer die leser in hierdie roman (speurrroman?) op ’n vinnige, intense voëlvlug oor  vier vurige dekades van die afgelope Suid-Afrikaanse geskiedenis."

Aantekeninge teen die skemeruur deur Clinton V du Plessis: ’n resensie

Louise Viljoen Resensies 2018-08-15

"Die bundel is ryk aan beelding, netjies opgebou rondom bepaalde temas, en openbaar ’n besondere klankgevoeligheid. Aantekeninge teen die skemeruur is ’n belangrike bydrae tot die Afrikaanse poësie wat wyd gelees behoort te word."

Uit die bloute deur Chanette Paul: ’n resensie

Elbie Adendorff Resensies 2018-08-15

"Uit die bloute is ’n boek wat ek nie kon neersit nie."

Fault lines by Joanne Macgregor: book review

Eva Hunter Resensies 2018-08-14

"Macgregor seeds a fair amount of technological information throughout the novel. This locates the plot in substantial fact – the controversy around Karoo fracking has led to much publicity in the South African media – while Macgregor also presents these details in digestible pieces, mostly through Sam’s voice."

Grilgrypers deur De Wet Hugo: Grieselrige goeters wat leesgieriges sal gryp en laat gril

Magdel Vorster Resensies 2018-08-13

"Danksy grillers is plekke waar die onmoontlike en dikwels ondenkbare wel bestaan en gebeur, tydelik toeganklik. Boonop word monsters in stories oorwin en ervarings in donker woude hou nie vir ewig aan nie."

Pienk is nie vir sissies nie deur Christien Neser: ’n resensie

Magdel Vorster Resensies 2018-08-10

"Met bestanddele soos bergfietse, ’n manlike balletdanser, ’n flambojante skoolsielkundige, gewapende roof en ’n hele paar aanhalings uit alombekende boeke is dit duidelik dat hierdie storie oor meer gaan as wat in die titel voorspel word."

Ralph Haynes: Godfather van die Wes-Rand deur Izak du Plessis: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2018-08-10

"Die sielkunde agter misdadigers kan ons soos legkaartstukke aanmekaar probeer pluis vanuit die veiligheid van ons eie huise. Hoekom is misdadigers soos hulle is? En in die geval van ene Ralph Haynes is die vraag: Wat het van hom geword?"

Kringloop deur Bets Smith: ’n lesersindruk

Irene Schoonwinkel Lesersindrukke 2018-08-10

"Bets Smith se roman was lekker om te lees. Dit neem onverwagse draaie en Smith hou die leser goed in die duister oor wie die ontvoerder is."

Ystervuis uit die see deur Arnè Söderland en Douw Steyn: ’n resensie

Org Potgieter Resensies 2018-08-10

"Baie boeke is al geskryf oor die Suid-Afrikaanse magte in die Grensoorlog, maar weinig is bekend oor die rol van ons seemagte. In hierdie boek word verslag gedoen van 50 uiters geheime see-operasies deur 4 Recce, ander Spesmagte-eenhede en die SA Vloot."

Jongleserskompetisie: wenners aangekondig!

LitNet Jong lesers 2018-08-08

Hier is die wenners van hierdie resensiekompetisie vir skoolkinders.

Jong lesers: Middernagfees deur Jaco Jacobs

Wynand Wessels Jong lesers 2018-08-08

"Jaco se boeke lees altyd maklik en dit voel of ek in sy stories is en saam alles doen."

Top