Skryfwerk
Lees oorspronklike kortverhale, gedigte, lirieke en essays hier. Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
Slegs oorspronklike skryfwerk, wat nog nie voorheen in druk of op enige sosiale media platform verskyn het nie, sal oorweeg word.
LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
...
Read original short stories, poetry, lyrics and essays here. Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
LitNet only accepts an author’s original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
Loopgraaf
2025-07-24"Hier op Ouklip se muur
bied ek eer en respek
vir dié wat alleen
in ongemerkte grafte sterf
vir volk en vaderland."
Skaduwees
2025-07-24"oor hoe onskuld
in skuld gedompel is
deur voorvaders
kerkvaders en verlorenes"
Dans van die reën
2025-07-17"Trippel, trappel, rittel
sag die stofkapittel,
druppels dans ’n rumba
afgewissel met ’n samba."
Vergif(sug)ting
2025-07-17"en vanoggend
by haar rotvangs
lê ’n vergifde nonnetjiesuil
asemloos langs my roosboom"
Die Son, die Maan, die Sterre
2025-07-17"en in die verte,
aan die hemelruim se wand,
knipoog
die stille Sterre"
Die terugkeer
2025-07-17"Die mis begin stadig lig oor die hawe, die stad wat weer sigbaar word, stuk vir stuk, soos ’n fotograaf se beeld wat in ’n donkerkamer ontwikkel. Ben kyk na die vrou oorkant hom, na die stad om hulle, na die verlede en die toekoms wat mekaar ontmoet in hierdie oomblik van waarheid en keuse."
Ouma Foenie
2025-07-10"Jou sitplek is leeg;
ek mis jou elke dag nog meer.
Dankie vir jou bakbroodresep –
ek sal dit met my hart bedek."
Daar was genade
2025-07-03"die reis deur die woestyn
was warm en vermoeiend
terwyl aasvoëls my agtervolg het."
My taal
2025-07-03"Die taal is myne en joune.
Ook dié van boemelaars, engele en gode.
Ma, pa en oupa s’n.
Ouma, uncle en antie oek."
Teenoorgestelde pole
2025-07-03"Waar ons klim in die huwelikskip,
muilband en blinddoek liefde
ons ongewapende oë"
Koebaai, Meraai
2025-07-03"Dit is die agtiende keer dat hy in die buurt inry, en elke keer tref dit hom. Die strate is niks meer as verbrokkelde teer nie; die sypaadjies kaal grond."
Vriendskap dikker as bloed
2025-06-26"Hy staar voor hom uit met dieselfde kyk in sy oë as ter dood veroordeelde gevangenes op pad na die galg. Hy het vrede gemaak dat hy gaan sterf. Vandag. Nou."
