Skryfwerk

Lees oorspronklike kortverhale, gedigte, lirieke en essays hier. Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.

Slegs oorspronklike skryfwerk, wat nog nie voorheen in druk of op enige sosiale media platform verskyn het nie, sal oorweeg word.

LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is. 

...

Read original short stories, poetry, lyrics and essays here. Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.

Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.

LitNet only accepts an author’s original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.

Tot so ver

Solet Scheeres Fiksiekompetisies 2025-05-02

"Stella deel bladsye uit waarop sy die gedigte gedruk het. Sy wou graag met Amanda en Stef Bos begin het wat sing oor die taal van hulle harte, maar sonder ’n grootskerm gaan dit nie werk nie. Dan maar begin met die gedig uit Komrij se bundel: 'Den eerste steen van ‘t nieuwe Casteel Goede Hope heeft Wagenaar gelegt met hoop van goede Hope'."

Negentien sewe en sewentig

Louise Van Eeden Poësie 2025-05-02

"En ek in suburbia so digby Alexandria
Besef daar is grense
Waarvan ek niks weet nie."

Te veel

Sidney Gilroy Poësie 2025-05-02

"Ek sien te veel seuns inni sjebeen
verdwaalde oë vol amfetamien"

Die selfdood van bidsprinkaan

Christiaan Diedericks Poësie 2025-05-02

"nou gis jy op my tong
soos ou nagmaalbrood"

Vlerk

Jeanne Henning Els Poësie 2025-05-02

"ek sal jou hier onder my vlerk hou
tot jy seker is of jy wil bly"

Onrus

Johan Faasen Poësie 2025-05-02

"Ons almal soek ’n huisie by die see
maar Onrus kan ons baie meer gee"

Die LitNet Tuishuise Inwoonskrywerskap: Doen nou aansoek vir 2025

LitNet Boeke en skrywers 2025-04-24

Skrywers wat in 2025 se winter vir ’n maand lank rustig wil skryf, kan nou aansoek doen vir Die LitNet Tuishuise Inwoonskrywerskap op Cradock/Nxuba.

Stienie

Martin Botha Fiksiekompetisies 2025-04-24

"Die groepie lag saggies. Ek besef dis vir Ruan, maar ek het nie eers gehoor wat die kind sê nie. Dit maak nie saak nie, ek weet dit was vir hom. Hy kon nog altyd mense laat lag."

Ver genoeg

Adele Basson Fiksiekompetisies 2025-04-24

"Toe ek egter amper by die deur is, voel ek iemand aan my arm vat. Ek ken nie die groot ou met die poniestert en ’n week oue baard nie. Nog minder hou ek van die harde vat van sy massiewe hand op my elmboog."

Sorgelose kinderjare

DeWet Bisschoff Fiksiekompetisies 2025-04-24

"Die skoolhoof het al die hele skool gedreig oor wat sal gebeur as hulle die kwaaddoeners vang. Die berugte toktokkiebende. Niemand verdink ons drie bleeksiele nie."

Memoires

Barend van der Merwe Poësie 2025-04-24

"In my blik: ’n murasie,
deur die stilte verteer.
Elke spoor is ’n stasie
wat met tyd sal verweer."

Hollywood

Neo Mehlomakulu Poësie 2025-04-24

"ek het gedroem van ’n pa wat oppie punt van kopbeenplek gestaan het,
ennie drankdemoon access deny het."

Ek stap stadig

Johan van der Merwe Poësie 2025-04-24

"so geniet ek –
treur ek –
gebeur ek –
as ek stadig stap
statig en bang ek breek iets"

(Nog ’n) Ode aan Breyten

Louise Van Eeden Poësie 2025-04-24

"In die grouheid van Parys
het hy gesterf."

Saamskryf

Braam van der Vyver Fiksiekompetisies 2025-04-17

"Ek het haar op die internet ontmoet. Nie op een van daardie webwerwe waar jy mooi mense kan ontmoet net om later uit te vind dat die meisiemens met wie jy so lekker intiem gesels eintlik die bure se dogter is nie. Nee, ek het haar tydens ’n skryfkursus op een van daardie aanlyn kunstefeeste ontmoet."

Op die punt van haar tong

Sidney Gilroy Fiksiekompetisies 2025-04-17

"Ses maande na sy aankoms in Die Kaap van Goeie Hoop koop Heindrick Seitz vir hom ’n vrou. ’n Nodige belegging, skat hy, vir die lewe anderkant die Breederivier en die Swartberge wat op hom wag."

Paulus, Gary, Teboho

Amos van der Westhuizen Fiksiekompetisies 2025-04-17

"Hy vrek van die koue. Balle-soek in Julie is nie grappies nie. Die vroeë skemer van die wintersaand is op hom."

Ouma Gesie kom weer

Jan Vermeulen Fiksiekompetisies 2025-04-17

"'Is nie.' Hy beur hom verder weg met sy hande. 'Oupa Hendrik het vir Ouma Gesie op die stasie gaan haal, maar toe het sy eintlik vir hóm kom haal. Hulle is saam weg met die stoomtrein. Maar sy sê sy gaan weer kom.'"

Vlugteling

Gert van der Westhuizen Poësie 2025-04-17

"hardloop maar
ons gee die gemoorde iPhone 14 vir mekaar"

Behoort

Reinet de Waal Poësie 2025-04-17

"Ek bid vir jou ’n hond wat jou hand sal lek
wanneer jy eensaam voel en ongeliefd"

Top