
Foto: Canva
Boom van kennis
Verhaal van die stompkopkewer (euwallacea fornicatus)
Jy ken die goeie.
Deur jou sing en suis
’n lower lof
aan Hom wat jou geplant het.
Jy ken die kwade.
waarrondom jou
distels en skerp dorings
hul vals geluid laat hoor.
* * *
’n Klein, stomp ryloper,
ver vanuit ’n Oostersee,
kruip uit die teeblaarbome,
klim hier in die eik,
en boor deur ons biome.
So proe ook ons,
kinders van ’n eerste mensepaar,
aan eie bas en boom
die wrange smaak
van die verbode vrug.

