Anton van Rensburg

Ek is sedert 1970 ’n predikant.

My eerste bedieningsveld was as sendeling in ’n Zoeloegemeenskap Noord van Durban, in die omgewing van Kwa Mashu en Vallei van, ’n  Duisend Heuwels.

Ek was daarna ’n aantal jare predikant in Bloemfontein.

In  1982 is ek beroep as kapelaan in Korrektiewe Diens . Eers in Klerksorp en sedert 1990 by Pollsmoor  in Kaapstad.

Tans is ek afgetree.

Digwerk

Gedigte omspan min of meer my hele bedieningstyd, en weerspieёl iets van die onderskeie omgewings en die mense waar  ek werksaam was. Ek het ’n ongepubliseerde digbundeltjie saamgestel vir eie gebruik , en hier en daar as geskenk vir vriende gegee. Heelwat gedigte het ook in kerklike tydskrifte, soos die Kerkblad en Kerkbode  verskyn.

Soms  het ek aan digkompetisies deelgeneem, of is van my gedigte opgeneem in versamelbundels.

1990. Wen tweede prys in ’n plaaslike koerant, die Klerksdorp Rekord, se digkompetisie.

1991. ’n Gedig is opgeneem in Ton Luiting en Roger Wastijn se versamelbundel, “Vrede sluiten is wegen openen”

1992. ’n Gedig is opgeneem in Fanie Olivier se versamelbundel “as die son kom oogknip” (handel oor sonsverduistering)

1993. Behaal tweede prys in Bent-uitgewers se landswye kompetisie vir hul bundel, “Aubade.”

  • Foto: verskaf

Lente in die Noord-Kaap

Anton van Rensburg Poësie 2023-10-19

"As U voete saggies
oor klein-klein grassies loop,
hoor clivia en kalossie,
en kelk ’n aron vlamwit oop."

Derde Taalbeweging

Anton van Rensburg Poësie 2020-04-16

"Van land tot verre land
kom ons geslote kloosterorde
elektronies in beweging"

Top