Smeekbedes

  • 1

Foto: Canva

Smeekbedes

Deemoedig,
hande biddend toegerol
voor nog ’n middag, wit en wreed,
smeek duisend blare saam met my
vir ’n aalmoes uit die vaalblou lug.

Later hang opnuut
vol ou beloftes,
drie pluisies watte
voor die Westerson.

Vanaand, soos gister,
word die yl gordyntjie weggeskuif,
voorbereidings vir ’n feller nuwe dag,
terwyl ek vir die nuus en weerberigte wag.

Hoekom juis vanaand
moet honger oë
bo uit Afrika
smekend, sonder woorde
oor my wolkelose eter
hier kom pla?
Of is daar tussen vel, die senings en rou swere
hande wat die spykermerke dra?

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top