Derde Taalbeweging

  • 3

Foto: Canva

Van land tot verre land
kom ons geslote kloosterorde
elektronies in beweging,
druk dan ons nuwe taal op sleutelborde.
Van draadpondok tot luukse werf,
selfs waar skepe landloos swerf,
gebruik ons uitdrukkings 
uit hierdie vreemde liefdestaal.
Ons, die kluisenaars, oefen nou
om ons uit te druk
 in liefde sonder drukkies, 
maar sonder grense.

  • 3

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top