Pollsmoor

  • 0

Foto: Canva

Pollsmoor

Sug
na sware sug,
styg verslete, stom gedagtes
stadig teen die tralies op,
en kantel weer aan skerwe
op ses-en-twintig barsies
in die grys beton.

dag na dag na dag
rol elke gister
volkleur oor die wit plafon,
gly ritselloos
verby ’n rafel teen die hoë dak.

Hul staar na drome,
voortydig oud, vooroor gebuig
met kieries van hul arms
op die knie gestut
teen die swaar gewig
van hoë mure, seep
en Cobra-waks en sonde.
Steriele, grou beton
moet oplaas die sweer toebind.
Verwarde vloeke drup,
drup,
                                                                            drup
soos etter uit die seer,
en rol dan ongehoor
na buite oor die warm teer.

Stuur, Heer,
na die koel kubus van hul kerker
U harde Woord
wat oopforseer,
U sagte Woord
wat balsem smeer.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top