Waar hy nooit was

  • 0

Foto: Canva

Waar hy nooit was

’n vel verhongerd
smekend na wye palms:

hy streel sy gesig
met ’n vergete

wete

’n man vir ’n man
sy vrou se stem laat sy oë oopspring:
in ’n verwoestende werklikheid
waarin hy nooit
is,
waarin hy nooit
was

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top