Skryfwerk
Lees oorspronklike kortverhale, gedigte, lirieke en essays hier. Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
Slegs oorspronklike skryfwerk, wat nog nie voorheen in druk of op enige sosiale media platform verskyn het nie, sal oorweeg word.
LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
...
Read original short stories, poetry, lyrics and essays here. Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
LitNet only accepts an author’s original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
En vergewe ons ons wonde
2025-03-27"As kind het ek hoeveel keer gebid dat God, enige God, my moet vergewe. Asof die vergifnis van ’n onsigbare wese alles sou regmaak. Daar is min mense so selfbejammerend soos iemand wat om vergifnis bid, glo my."
Een en een maak twee
2025-03-27"Aanvaarding is ’n besluit. Vrede is ’n besluit. Geluk is ’n besluit, al moet jy dit daagliks en selfs soms uurliks doen."
Doodskoot
2025-03-27"Daardie nag kan Wim nie slaap nie. Iets pla hom, maar hy kan nie sy vinger daarop lê nie. Hy weet dis iets belangriks, maar dit bly hom ontwyk."
Liefste kallit kind
2025-03-27"djy’s vir groter dinge gemaak
Hardloop liefste kallit kind, hardloop."
’n Privaat aangeleentheid
2025-03-27"'Jy’t vir my baie oortuigend geklink.' Hy skink Johann se gewone vodka. 'Dalk moet jy vanaand se gebeure vir een van jou boeke gebruik. Dan kan jy my sexy uitbeeld.'"
Die tiende vrag
2025-03-20"Oom Kobie maak sy keel skoon, wag dat dit stil word om die tafel. 'Jy besef seker nou dat die skool waar heidene leer lees en skryf nie God se goedkeuring wegdra nie? Die klonkies hoort in die veld by die skaap. Die goeie Vader het vir jou ’n duidelike teken gegee toe Hy op die geboortedag van Sy Seun die dak laat afwaai het.'"
Die wille wetters van Wesrivier
2025-03-20"Dis asof ons pa’s aan omwentelinge in die land moes gesig gee. Húlle pa’s: die baas van die plaas en sy arbeiders. Hulle self halfpad deur 1994: eienaar en voorman; vennote, behalwe op papier."
Die weduwee wat soos ’n feniks gerys het en kon miaau van daggasjokolade
2025-03-20"Die pad loop vorentoe en swaeltjies is seisoenaal. Kwaggas draf aan en leer jou ook ’n les of twee wyl daggasjokolade in ’n laai kan verbrand."
Die wind kan skielik draai
2025-03-20"Sy verlang na die son, na die wye vlaktes van die Vrystaat, na die Kalahari se rooi sand, na ’n Karoo-nag met die melkweg teen ’n swart fluweeldak. Sy verlang na die reuk van braaivleis, na die bosveld, Tafelberg en die Drakensberge, na die Kaapse wingerde en fynbos, na boerbeskuit en melktert."
'n Laaste brief
2025-03-20"Die duisternis gaan toesak
in die plek van die lig
ek het nie krag vir ’n gesprek
van aangesig tot aangesig"
Hersenskimme
2025-03-20"die helder ligte in die leë kompartement
skyn spookagtig in die gitswart nag"
Deel in die vreugde van die ATKV-Skryfskool
2025-03-14Hierdie kort video toon grepe uit 2024 se ATKV-Skryfskool toe Bernard Odendaal en Hans du Plessis die leiers was. Kom, deel in die vreugde! Vir slegs R380 kan jy die kursus bywoon, boonop is alle gespreksessies tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée gratis vir deelnemers aan die ATKV-Skryfskool.
Lethe
2025-03-13"Hy swem deur ’n rivier. Die water is yskoud. In die verte hoor hy hoe Afrika-dromme ritmies klop … doef-doef … Hy voel hoe dit stelselmatig warmer en warmer rondom hom word."
Ek het dit gemis ...
2025-03-13"Die geringste hand sou nou ’n Simon wees, tog ...
bly alles melaats wat durf iets vra."
