Skryfwerk

Lees oorspronklike kortverhale, gedigte, lirieke en essays hier. Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.

Slegs oorspronklike skryfwerk, wat nog nie voorheen in druk of op enige sosiale media platform verskyn het nie, sal oorweeg word.

LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is. 

...

Read original short stories, poetry, lyrics and essays here. Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.

Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.

LitNet only accepts an author’s original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.

Resurrection

Joseph Koetsier New writing 2025-02-06

"The year of the Master’s Resurrection and Ascension.
His call, as the Thunderous Sounds of the Apocalypse."

Geroepe

Madeleine Venter Fiksiekompetisies 2025-01-30

"Hy bêre meneer Pannevis se opdrag in sy boekesak – versigtig dat dit nie moet vou nie – en glimlag by homself. Hy’t nog altyd gewonder hoe dit moet voel om aan die rand van iets merkwaardig te staan. Mens weet nooit. Miskien skryf hy wat Albert is, vandag nog die heel eerste Bybelvers in Afrikaans neer."

Harry se storie

Eldaleen Hugo Fiksiekompetisies 2025-01-30

"'Hy sal fine wees,' sê die ma, want sy weet. Almal sal net mooi fine wees. Selfs die hond."

Skilpad se lot

Catherine Janse van Rensburg Poësie 2025-01-30

"Die see het nie trane nie
Nie huise nie
Nie hande nie"

Uitkoms

Jeanne Henning Els Poësie 2025-01-30

"bly dit
dieselfde
water waarin
jy jou
spane vind"

Opperwese

JMT Labuschagne Poësie 2025-01-30

"vorm U my siel geometries
om U orals
te bereken"

Die Mol

Marius F Ackermann Fiksiekompetisies 2025-01-23

"Vir weke daarna was die weduwee Helberg se slotwoorde ’n onderwerp van bespreking in die departement se teekamer. Is dit moontlik, is dit denkbaar dat hulle geliefde kollega en prof inderwaarheid verpulp is?"

Ek kom van ver af

Estelle Nagel Fiksiekompetisies 2025-01-23

"Die koggelmander sal sy koppie Noorde toe draai, die skilpaaie sal begin loop en die loopmense sal weer terugkom. Seuns met dun swepe wat vooruit loop. Die wolke vee vooruit, soos branders."

As die stiltes skree

Juanita Louw Poësie 2025-01-23

"Dit prut en met ’n seker hand lig ek die swaar wateremmer op en gooi die kole dood.
En die stiltes word stil."

Gossiping trees

Heidi Henning New writing 2025-01-23

"An uninterrupted meeting of the minds,
Discussing thoughts, anecdotes 
From the mother branches"

Pienk is nie 'n kallir nie

Chestlyn Draghoender Poësie 2025-01-16

"Blou is rustig by ’n paartie,
maar ook net tot die wyn inskop."

Inploffing

Christiaan Diedericks Poësie 2025-01-16

"bidsprinkane kniel
voor skaars groen spriete"

Kaskenades

Wim Vorster Fiksie 2025-01-16

"Hulle stap deur na die eetkamer, gaan sit en Lodewikus vra die seën. Hy vra ook vir ’n beskermende hand oor Levitikus wat iewers op die grens veg en vir Gertruidus wat ongesteld is."

My hart

Theo Schönfeldt Poësie 2025-01-09

"Hy was al leeg, hy was al vol
Hy was al weg, deurmekaar, gebêre, gebruik"

Dum Spiro, Spero

Jacomina Bonthuys Poësie 2025-01-09

"tyd gaan staan stil in hierdie minuut
tussen beloftes van drome en hoop."

Ilium

Theunis Jordaan Poësie 2025-01-09

"wrede wraak
wat jare duur
Trojane speel nou God"

Tot op die sewende vloer

Aniel Botha Fiksiekompetisies 2024-12-24

"Sy het ’n werksonderhoud op die 13de verdieping en baie dinge hang van hierdie werk af. Sy is ’n enkelma en die onderhoud wat haar eks betaal, is ’n grap. Maar meer nog ... sy het dit ook nodig om weer soos iémand te voel, nie net iemand se ma en iemand se eks nie."

By die afsterwe van BB

Celesté Fritze Poësie 2024-12-19

"Nie alleen oor ’n verspeelde geselsie nie,
lê ek op my bed en treur oor Breyten."

Pyl na stasie

Zebulon Kochk Poësie 2024-12-19

"en nog steeds sien 
ek jou gesig in die treinruite."

Droomverlore

Anita Van der Walt Poësie 2024-12-19

"fluister my naam met elke hartklop se klop
laat jou oë en hande verdwaal"

Top