Wanneer rose fluister

  • 0

Foto: Canva

Wanneer rose fluister

die son wink toe sy opstaan oor my bloeiselbos.
deurdrenk is die briesie met my balsemende geur.
die skepping bekoor, maak liefde rondom my.
ek is die mooi.

ek is die panteon blom vir ’n 1842-steenkoepel,
waar ek godgegewe tuur: die hommelby-mensdom.
my are bedruip met prag – kom pluk,
oë glinster as hy my in haar hare druk.

die son raak luier.
dae raak gouer op.
die briesie brul in ’n windstorm stem:
thula, vir nou is jy op.

in ’n hoekie bibber my wortels teen ’n verwaarloosde muur.
los die winter my dors in ’n yswoestyn.
vermom in ’n winterskleed is ek weggesteek,
niemand maak liefde onder ’n doringbos.

nou krap-krap, kap-kap die tuinier – dis al.
in ’n volgende lewe, belowe Hy, sal jy langer blom.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top