Inwonende skrywer vir LitNet se Kommadagga-slypskool: Siphiwe Gloria Ndlovu

  • 0

Click here for the English version.

Die Jakes Gerwel Stigting bied, in vennootskap met Huisgenoot en LitNet, ’n mentorskapprogram aan belowende opkomende kortverhaalskrywers.

Die skrywers sal onder leiding van ons bekwame mentor, Fourie Botha – digter, ervare uitgewer van gerekende skrywers en literêre agent, tydens die residensie skaaf aan kortverhale wat spesifiek gemik is op Huisgenoot se gesinsmark. Indien dié tydskrif na afloop van die kursus ’n skrywer se kortverhaal goedkeur, sal die skrywer daarvoor vergoed word. LitNet bied verdere blootstelling aan die jong skrywers en die projek en bied moontlike verdere publikasiegeleenthede.

Ons is trots om aan te kondig dat die bekroonde skrywer, Siphiwe Gloria Ndlovu, vanjaar ons inwonende skrywer is tydens die Kommadagga-slypskool vir kortverhaalskrywers.

Die sluitingsdatum vir aansoeke is 25 Julie 2025 en die residensie vind van 29 September tot 19 Oktober 2025 by Paulethuis op KwaNojoli in die Oos-Kaap plaas.

Aansoeke moet aanlyn ingedien word.

Siphiwe Gloria Ndlovu

Siphiwe Gloria Ndlovu is ’n Zimbabwiese romanskrywer en filmmaker. Sy is in 1977 in Bulawayo gebore, maar bring ’n deel van haar kinderjare in Swede deur as ’n politieke vlugteling. Sy keer terug na Zimbabwe na die land se onafhanklikheidswording in 1980. Ndlovu studeer in die Verenigde State aan die Emerson Kollege, die universiteite van Ohio en Stanford, waar sy ’n PhD in Moderne Denke en Literatuur voltooi. Sy het ook navorsing oor Saartjie Baartman gepubliseer en die regie behartig van die bekroonde kortfilm Graffiti. Haar debuutroman, The Theory of Flight (2018), wen die Sunday Times-fiksieprys in 2019. Daarna volg The History of Man (2020) en The Quality of Mercy (2023), wat deel is van haar ‘‘City of Kings’’-trilogie. The Creation of Half-Broken People is haar jongste roman. Ndlovu is met verskeie toekennings vereer, insluitend die Windham-Campbell-prys in 2022.

Lees ook:

An interview with Siphiwe Gloria Ndlovu, winner of a Windham-Campbell Prize for 2022

In conversation with Siphiwe Gloria Ndlovu about The creation of half-broken people

Quality itself, a review of The quality of mercy by Siphiwe Gloria Ndlovu

The history of man by Siphiwe Gloria Ndlovu, a review

The African Library: The theory of flight by Siphiwe Gloria Ndlovu

The theory of flight by Siphiwe Gloria Ndlovu: a review

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top