Skryfwerk

Lees oorspronklike kortverhale, gedigte, lirieke en essays hier. Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.

Slegs oorspronklike skryfwerk, wat nog nie voorheen in druk of op enige sosiale media platform verskyn het nie, sal oorweeg word.

LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is. 

...

Read original short stories, poetry, lyrics and essays here. Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.

Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.

LitNet only accepts an author’s original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.

Die trap

Lucia Lilleen du Preez Skryfkompetisies 2024-12-19

"Die trap is vuurwarm onder my sitvlak. My voete is twee poffers en my hakke voel asof die Trojaanse prins hulle met sy pyl en boog bygekom het."

Om vrou te wees

Rita Swanepoel Fiksiekompetisies 2024-12-12

"Ek het nie geargumenteer nie, want ek het hulle verstaan. En vergewe. Ek het die konsistorie uitgestap en in die motor die meisiekind gebel en gevra of sy die aand kerrie by my wou kom eet."

Solomon gaan Parys toe

Zalman Davis Fiksiekompetisies 2024-12-12

"My wingmen wil slaap. Ek sit my bier op die bedkassie en klim in die bed, klere en al. All Star-tekkies in die lug."

Ek soek skuiling

Emsa Botha Poësie 2024-12-12

"kloppend aan my hart se deur
vind ek slegs flenterstukke
wat fladder teen my brose siel"

Brokkie vir brokkie

Zebulon Kochk Poësie 2024-12-12

"Jou plooiende
ornamentgeskenk
val en breek 
nés ’n olifantslurprots" 

Blommeverkoper

Jeanne Henning Els Poësie 2024-12-12

"sy verwag hom elke Maandag
die blinde man van Adderleystraat"

Die griewe van verdriet

Celesté Fritze Poësie 2024-12-12

"Dalk sal jou ma onthou, Celesté.
Die jaar toe Van Wyk Louw huis toe is,
was hier groot rugby in die land."

Persverklaring: Die laaste maand vir inskrywings vir gedigte- en kortverhaalkompetisie het aangebreek

LitNet PEN Afrikaans 2024-12-11

Die prysgeld in beide inskrywingskategorieë beloop R10 000 vir die eerste-, R5 000 vir die tweede- en R2 500 vir die derdeplekwenner.

In die middel van nêrens

Johan van der Merwe Poësie 2024-12-05

"in die middel
van die middel van nêrens
êrens anderkant Niemandsland
is ’n geheim versteek"

Dinsdag met Ma

Celesté Fritze Poësie 2024-12-05

"Kom vannag in my drome, Ma,
vertel jou stories van gespierde ridders"

Afrikaans

Jeanne Henning Els Poësie 2024-12-05

"jy lê
slaphakskeen
by ouma onder
haar kombers"

Maar Pa het geweet

Elna Jordaan Fiksiekompetisies 2024-11-28

"Vir ’n oomblik wil ek nie verder hieroor praat nie. Ek wou nog nooit nie. Hoekom nou. Dan dink ek nee, ek is te oud vir bog. Laat ons dan nou maar die feite op die tafel kry. Dan hoef ek nie te wag tot anderkant die spieël en die raaisel nie."

’n Engel duisend

Hidayat Adams Fiksiekompetisies 2024-11-28

"Lyle het geglimlag oor hoe Matthew so lekker dut terwyl hy sy Honda Civic bestuur. Matthew was pootuit na die dag se doene en die partytjie waarvan hulle op pad terug huis toe was."

Die win

Theodore Rossouw Poësie 2024-11-28

"Die pastor sê
die holy spirit
is innie win
but die duiwel ôk"

Seun van Satan

Neo Mehlomakulu Poësie 2024-11-28

"en hulle die rooipadstof laat opstaan het
en hulle die rooipadklippe teen jou gedraai het
en hulle hulle vuiste teen jou gedraai het
en hulle jou trane teen jou gedraai het"

Nostalgie

Marie Greyvenstein Poësie 2024-11-28

"Diep uit die hart se argief,
deur vergeelde, verouderde, vergete
bladsye van ’n lank geslote lewensboek"

Die stofduiwels

Johan van der Merwe Poësie 2024-11-28

"hier kom niemand
net die wind
die son en die maan
om snags koel troos te bring"

Die pan

Analize Viljoen Fiksiekompetisies 2024-11-21

"“Hoe kry jy antwoorde as jy nie bid nie?"
"Hoe kry jy antwoorde ás jy bid?"
"Ek glo die Here gee vir mens die antwoorde."
"Vra jy Hom ook oor die dinge waarvan jy doodseker is? Of net wanneer jy twyfel, of nie weet nie?"

Huiskerk en die nuwe boot

Wilhelm Stemmet Fiksiekompetisies 2024-11-21

"Die seewater het broer Andries se klossies hare teen die kant van sy kop nou stokstyf gemaak. Die groot bles is nou helderrooi gebrand. Sy oë lyk reusagtig groot agter die vuil lense van sy leesbril. Oom Joep sit verwese agter tussen die enjins, sy groot wit hand op sy bors. Sy lippe is spierwit van die salpeter."

’n Ode vir Sang-Heung Lee

Cas Vos Poësie 2024-11-21

"Hy het ook soos ’n engel gesing, die skare was
asemsnakkend en trane het gestroom.
’n Tydlose oomblik van verwondering."

Top