
Foto: Canva
Om te sterf, toe nie so natuurlik nie,
die wil bly voorop.
Hunker my hart, my senings, my sinaps
na ’n siel wat dobber in waan – só ydel en gerieflik.
Groei: roep die profeet in my koninkryk,
en iewers uit ’n ego-gevulde holte kerm hy:
jou krag, tyd, visie en lus makeer.
’n Buik vol benoude fladder oordonder die kort asem – die ek veg hard.
Groei, gelowige, groei, jy sal geken word aan jou vrug.
Snoei met geloof, hoop en liefde – jy moet bot, jy moet blom.
Begelei deur vele guru, wyse man en vrou,
sien niemand die ware noodstryd – nie vir lewe nie, maar vir dood.
Die kruis ontglip my, die pad om te sterf voel weg.
Saam Christus in die doop, dít is waar hoop gedy.
Laat ek tog net vrek, ’n brak met ’n krummelbek,
want my siel weet daar is net lewe aan die ander kant van dood.
As groei dan is om meer te sterf, laat ek groei.
As kaal takke beteken die dood het gekom, sien my skaamte.
As ek moet volg deur voorgesê te word, beveel my.
As ek net kan sterf om saam met U Here weer opgewek te word.


Kommentaar
Pragtig en sterk. Laat die geloof nooit kwyn. Glo net.