Skryfwerk
Lees oorspronklike kortverhale, gedigte, lirieke en essays hier. Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
Slegs oorspronklike skryfwerk, wat nog nie voorheen in druk of op enige sosiale media platform verskyn het nie, sal oorweeg word.
LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
...
Read original short stories, poetry, lyrics and essays here. Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
LitNet only accepts an author’s original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
Die man in die gat
2025-03-13"Ek sien so baie van hulle elke dag. By robotte en kruisings. Die smeking in hulle oë. Vir kos, vir geld, vir iets."
Die kondensmelkinsident
2025-03-13"En ek wou nog altyd vir jou sê, my kind, dat jy jonk was en dat die ongeluk nooit jou skuld was nie. Uiteindelik het ek vrede gemaak met waar ek nou is en hoe ek lyk – maar dit was ’n ver en lang pad wat ek moes kom tot hier."
Die pienk vel
2025-03-13"Hy weet nie eintlik hoe om te voel nie. Want hy het regtig nie bedoel om haar seer te maak nie. Selfs nie eens van haar mooi handsak geweet nie."
Die klap
2025-03-13"Die priester het vasgesteek en in hulle rigting gekyk. Die volgende oomblik het hy op hulle afgestorm. Die ander kinders het begin hardloop, maar om die een of ander rede het hy doodstil bly staan."
Slegs R380 vir die ATKV-Skryfskool én skouers skuur met skrywers
2025-03-06Om saam te vat: R380 betaal vir die skryfkursus, die kursusmateriaal en al die gespreksessies tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée.
Wanneer rose fluister
2025-03-06"in ’n hoekie bibber my wortels teen ’n verwaarloosde muur.
los die winter my dors in ’n yswoestyn."
Amperdaar
2025-03-06"Wat sou Adri sê? Ek weet, ek weet. '’n Vreemdeling is ’n vriend wat jy (nog) nie ken nie.' Ék sou sê: 'Die kat kom weer. Kyk maar.'"
Beroof deur wou
2025-03-06"Jy wou nog altyd die wêreld sien. Ek wou jou so graag Toskane toe vat. Hulle koester die hele wynmaakproses deur alles met die hand te doen. En die boer wat vir sy wingerde Mozart speel. Hy glo die stokke hou van klassieke musiek en produseer dan beter. Van al die plekke, raai ek, sou jy dit die meeste geniet. Naas die Boland, natuurlik."
Buitestander
2025-03-06"Hy lees sy gedig oor en oor. Oorweeg verandering. Verloop dit logies genoeg? Is dit té persoonlik? Voordat hy enige veranderinge maak, verwyder hy dit van Facebook af. Hy hoor veraf ’n ambulans se sirene."
Boot Camp Blues
2025-03-06"Ek sou dink jou dokter moet bly wees as jy haar min sien. Dit beteken mos sy doen haar werk goed. Daarna word ek uitgevra oor my non-existent liefdeslewe. Sy soek nou al vyftien jaar lank vir my ’n man, nadat ek myne in die swembad verdrink het. Ek speel, ek speel! Hierdie storie het nie ’n kinkel nie."
Aminata
2025-02-27"Die lewe is ’n kringloop en nog ’n sirkel is voltooi. Om my sukkelende familie te help, het ek soveel geld uit Aminata se fa uit, dat hy nie anders kon as om my sy tweede vrou te maak nie."
Al die voëls het neste begin
2025-02-27"Ons het weswaarts, en bo die storms uit, gevlieg. As jy bo ’n storm vlieg, sien jy dat om kant te kies in ’n storm vergeefs is. ’n Storm is rond."
Poorte van die hel
2025-02-27"Anna het opgelet dat die nuwe weduwee besonder vrolik was by die begrafnisfunksie in die saal. Die weduwee het aangedring op ’n skemerfunksie – sy het per ongeluk die woord onthaal gebruik – sodat vonkelwyn bedien kon word."
O, die donkie
2025-02-27"Sy knik en oomblikke later weerklink die gebalk van ’n donkie en Chris Blignaut val weg met 'O, die donkie is ’n wonderlike ding ...'"
Vertel, suster, vertel
2025-02-27"'Vertel, suster. Vertel.'
'Ek sal jou vertel sodra die storie klaar is.'"
The lost city
2025-02-27"When cartographers come to study us,
they’ll find no clear borders, no legend
to decode the ways, we have merged."
Onnatuurlike dood
2025-02-27"As groei dan is om meer te sterf, laat ek groei.
As kaal takke beteken die dood het gekom, sien my skaamte."
