Skryfwerk
Lees oorspronklike kortverhale, gedigte, lirieke en essays hier. Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
Slegs oorspronklike skryfwerk, wat nog nie voorheen in druk of op enige sosiale media platform verskyn het nie, sal oorweeg word.
LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
...
Read original short stories, poetry, lyrics and essays here. Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
LitNet only accepts an author’s original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
Die Mol
2025-01-23"Vir weke daarna was die weduwee Helberg se slotwoorde ’n onderwerp van bespreking in die departement se teekamer. Is dit moontlik, is dit denkbaar dat hulle geliefde kollega en prof inderwaarheid verpulp is?"
Ek kom van ver af
2025-01-23"Die koggelmander sal sy koppie Noorde toe draai, die skilpaaie sal begin loop en die loopmense sal weer terugkom. Seuns met dun swepe wat vooruit loop. Die wolke vee vooruit, soos branders."
As die stiltes skree
2025-01-23"Dit prut en met ’n seker hand lig ek die swaar wateremmer op en gooi die kole dood.
En die stiltes word stil."
Gossiping trees
2025-01-23"An uninterrupted meeting of the minds,
Discussing thoughts, anecdotes
From the mother branches"
Pienk is nie 'n kallir nie
2025-01-16"Blou is rustig by ’n paartie,
maar ook net tot die wyn inskop."
Kaskenades
2025-01-16"Hulle stap deur na die eetkamer, gaan sit en Lodewikus vra die seën. Hy vra ook vir ’n beskermende hand oor Levitikus wat iewers op die grens veg en vir Gertruidus wat ongesteld is."
Dum Spiro, Spero
2025-01-09"tyd gaan staan stil in hierdie minuut
tussen beloftes van drome en hoop."
Tot op die sewende vloer
2024-12-24"Sy het ’n werksonderhoud op die 13de verdieping en baie dinge hang van hierdie werk af. Sy is ’n enkelma en die onderhoud wat haar eks betaal, is ’n grap. Maar meer nog ... sy het dit ook nodig om weer soos iémand te voel, nie net iemand se ma en iemand se eks nie."
By die afsterwe van BB
2024-12-19"Nie alleen oor ’n verspeelde geselsie nie,
lê ek op my bed en treur oor Breyten."
Die trap
2024-12-19"Die trap is vuurwarm onder my sitvlak. My voete is twee poffers en my hakke voel asof die Trojaanse prins hulle met sy pyl en boog bygekom het."
Om vrou te wees
2024-12-12"Ek het nie geargumenteer nie, want ek het hulle verstaan. En vergewe. Ek het die konsistorie uitgestap en in die motor die meisiekind gebel en gevra of sy die aand kerrie by my wou kom eet."
Solomon gaan Parys toe
2024-12-12"My wingmen wil slaap. Ek sit my bier op die bedkassie en klim in die bed, klere en al. All Star-tekkies in die lug."
Ek soek skuiling
2024-12-12"kloppend aan my hart se deur
vind ek slegs flenterstukke
wat fladder teen my brose siel"
