My volk is in my mond

  • 0

Foto: Canva

My volk is in my mond
Engeland, 2025

Met ’n verbleikte paspoort
het ek
my erfdeel
versaak
maar sy het kom lê
in my (volks-) mond;
verkleur
met die bruin-wit-swart
van ’n voorbarige hart
tog het ek
haar omhelsing
vir ’n verysde leemte
verruil
sy het haarself wedergebaar
as ’n herinnering
in my toegerygde mond
en daar verkluim

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top