My verlede is 'n land

  • 0

Foto: Canva

My verlede is ’n land

my verlede is ’n land –
lank, lank gelede –
en eendag gaan ek daar woon
want môre is ’n galg
wat gister ophang
en vandag sal soos die duiwel aansluip
om ’n verwarde tydvak
te verloën

my verlede is ’n land
met ’n ander gedagte
van ’n verlore droom
en eendag
gaan ek
daar woon

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top