
Foto: Canva
totale beheer
die party se skelm politici-onder-bed
wil privaat sekerheid beheer deur hul wet
eintlik is hul bang
hul word gevang
die staat-se-polisie is reeds belet
sommige in die staat-se-polisie is nie sleg
hul pogings tot beskerm en dien is eg
hul gaan egter gebuk
onder die skelm-kollega-juk
en mettertyd gaan hulle almal weg
skelm politici gee werk vir maatjies
laaities is hul, die baan se kaatjies
van bestuur weet hul niks
hul’s dik en onfiks
kaders weet niks van polisiepaadjies
vir politici is hul polisie baie werd
hul polisie hou politici op die perd
hul polisie keer teen tronk
hou politikus aan’t pronk
die verhouding is soos met ’n tert
privaat sekerheid is ’n warme herd
vir ons gewone mense alles werd
hulle vang die boewe
by huis, plaas of hoewe
staat-se-polisie is ’n ou lam perd
sela


Kommentaar
Totale beheer maak almal seer
kan ons nog hierdie duiwel keer
na dertig jaar wil niemand leer
groter Mag as die mens regeer
die leuen is wel vreeslik snel
maar die waarheid vang hom wel
al is dit in die hel 😡
Pittig raakgesê en heel vermaaklik.