My pen is ’n graaf

  • 2

Foto: Canva

My pen is ’n graaf

my pen is ’n graaf;
ek delwe bladsy vir bladsy
mense-mineraal
as bemesting
vir verlange
vir ’n gepynigde vryheid
vir ’n vrolike verwerping
vir verwoesting
spit ek gevoelsgedagtes
uit gewetensgrond
en plant
hierdie digterlike boom
vir respyt

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top