Negentien sewe en sewentig

  • 0

Foto: Canva

Negentien sewe en sewentig

Stemme sweef oor die veld
wat Alexandria skei van ons voorstad.
Ek hoor hulle sing nie van geweld nie
Maar van bevryding en hoop en
’n einde aan onreg.
Ek lê en luister in die nag.
Dis negentien sewe en sewentig en ek is pas sewentien
en wonder waarom ek nie weet nie.
Haas Das se nuuskas en Riaan wat nuus lees
van Jimmy ons minister wat sê:
Dit laat my koud.
Die krag van die lied
word een stem.
En ek in suburbia so digby Alexandria
Besef daar is grense
Waarvan ek niks weet nie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top