
Foto: Canva
Suiderland
keer op keer
met my
terugkom
van verre plekke
wanneer
die vliegtuig
dreun oor
my moederland
wanneer ek
by my
venstertjie
uitkyk
oor
Johannesburg
se waas
die oranje
vlaktes
van my
Vrystaat
uitkyk oor
die koppies
van my Karoo
my Langeberge se blou
uitkyk oor
die heuwels
van die Boland
ieder keer
wanneer ek so
by my venstertjie uitkyk
weet ek
hierdie grond
van my
geboorte
bly my tuiste

