Spoelsand

  • 0

Foto: Canva

Spoelsand

soos golwe wat voor die kuslyn dein
en bruisend oor die skulpiesand breek
spoel liefde ook oor die hart;
nie soos borrelbranders
oor ’n strand se speelkant nie
maar soos spoelsand wat vergiet
en na ’n duisend jaar heen
dig teen die siel
se broosblou binnewand
tot kwartsiet
v-e-r-s-t-e-e-n

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top