Skryfwerk

Lees oorspronklike kortverhale, gedigte, lirieke en essays hier. Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.

Slegs oorspronklike skryfwerk, wat nog nie voorheen in druk of op enige sosiale media platform verskyn het nie, sal oorweeg word.

LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is. 

...

Read original short stories, poetry, lyrics and essays here. Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.

Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.

LitNet only accepts an author’s original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.

Die woorde

Anoniem Poësie 2025-10-16

"toe werp ek hulle hier neer 
uit my gedagtes uit 
vir altyd vasgevang 
met ink in papier "

Skilpadklip

Nato Zondagh Fiksie 2025-10-16

"Ek was die stom getuie van droogtes. Sterk westewinde het maande lank gewaai. Stofstorms en dwarrelwinde het droë tolbosse rondgewaai. Ek het gras en bossies sien verdor en diere wat van honger en dors gevrek het."

Tot dan

Maritha Broschk Poësie 2025-10-09

"Ek sal jou liefhê tot sterre inplof na blinde gapings,
’n vlamwit meteoriet die nag ontwapen"

Die kwilt

Carlie Schiel Poësie 2025-10-09

"Gemeet, weer gemeet
met oop oë
gesny
saamgestik
tot blok vir blok die meesterstuk ontvou."

Was gewees

Driekie Grobler Poësie 2025-10-09

"Eendag in hierdie tyd
sal ons moet besin en besluit
waar ons die laaste
skof gaan slyt..."

The stars

Salomé Borngräber New writing 2025-10-09

"They could tell us of legends
of times long past
Of love, life and laughter
echoed in a universe vast..."

Collage – Drie Koppen

Nato Zondagh Poësie 2025-10-09

"wie sou dit doen?
so laat ek raai:
rooijakkals de vos
’n vaalboskat ... en toe gevlug?"

Persverklaring – Rachelle Greeff: Paul Roux Skryfskool, Bloemfontein

LitNet Slypskole 2025-10-06

Boeke tiek al jou boksies, dis hoekom jy ’n leeswurm is – van ander mense se stories. Terwyl jou eie al dwingender aandring op ’n eie stem. Daarom is Rachelle Greeff se Vrystaatse eetkamertafel, gelaai met skryfdisse, die plek vir jou.

Introvert

Carlie Schiel Poësie 2025-10-02

"wyl ek laatmiddag
drentel
dieper my eie wêreld in."

Geel

Nicki Serfontein Poësie 2025-10-02

"ek hoop jou dag is geel –
nie die geel van skree of sonbrand nie
maar die sagte geel
van van gogh se sonneblomme"

Toorwerk op papier

Johan van der Merwe Poësie 2025-10-02

"as gedagtes versteur raak
met werklikheid of sinnelose snert
wat jy opfrommel saam met die papier"

Grahamstown

Zandile Mnisi New writing 2025-10-02

"A town not in a hurry.
Architecture whispers
like a scene from a Victorian film."

Wit: my wintergebed

Johanna Nel Poësie 2025-10-02

"Vir jou hoop ek steeds: Die beste lê nog voor."

I am from

Jana Deyzel New writing 2025-09-25

"I am from extraordinary ancestral cloth, woven from true love and kindness.
Childhood laughter a song I still hear."

Ek hoor jou

Jeanne Henning Els Poësie 2025-09-25

"maar in die nag
word jy die geroep
van die nonnetjiesuil"

Die droogte in Niemandsland

Johan van der Merwe Poësie 2025-09-25

"Niemandsland treur
oor die verwaandheid
van die mens"

Toeskouer

Antoinette Venter Fiksie 2025-09-25

"Iets in die kind se weerbaarheid nooi Marna in. Sy raak één met die produksie. Sy ís die dekor, die choreografie, die klankbaan. Sy ruik die ou vrou se vrees. Sy voel die kind se háát, woede, weemoed, verwarring, verwerping. Sy is nie meer ’n toeskouer nie. Sy is Marna en sy is hier."

Huil in my huistaal

Nicki Serfontein Poësie 2025-09-25

"Want al is ek soms tussen tale,
bly ek gebore in hierdie een,
en wanneer ek huil, huil ek
in my huistaal."

na-gedig: verjaar-dig-aantekening as ode aan Breyten Breytenbach

Charles Tait Poësie 2025-09-19

"om jou te onthou
op jou verjaardag,
sestien suffelste september ..."

Voorspelling

Jacques Boshoff Poësie 2025-09-18

"Ons liefde is plek-plek donderbuie,
stormwind en hael."

Top