Gedagtes aan my vêrkyk-kind

  • 0

Foto: Canva

Gedagtes aan my vêrkyk-kind

hy is nou vêr
diep in die Ooste
ek mis hom meer
as wat ek sal erken

daardie kind
wat altyd eenkant was
vir ure gestaar het na blaartjies
wat my nageboots het –
hoe ek loop
hoe ek staan
met my voet op die klip
my hand op my ken

hy het nooit gesien
ek sien nie
maar ek het
hy wou alles doen
dat ek net moet bly wees
gelukkig wees

soms het ek hom verskree
ek het die traan gesien val
die moedeloosheid
wat ek dadelik gevoel het
omdat ek dit geken het

soms was ek my pa
wat ek nie wou wees nie
maar ek kon dit nie keer nie
so sien ek hom in my
my drif

noudat hy groot is
wil nou altyd iets sê
wat nie nodig is nie
wil ander vertel
wat hulle self moet uitvind
dan soos vandag
mis ek hom

soos elke dag
bid ek vir hom
my kopie
wat ek laat smeer het
om te veel van myself te los
vandag mis ek hom
so verskriklik baie

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top