Elandsbaai

  • 0

Foto: Canva

Elandsbaai

jou berg –

ken al die geheime
van die dassies en voëls
die branders en die sand
wat nou toegewaai het
jou ou baai
is onder die wit sand
weggesteek in tyd

mense kom en gaan
raak verlief op jou
mis jou as hulle weg is
soek jou as die mis toe is
so is jy ewig

jy het alles gesien
wat afgespeel het
die klein mensies
wie se hande op die rotse sit
toe die ander wat gekom het
gebly het en die baai getem het

vandag is so baie al dood
tog ken jy die geheime
van alles wat gebeur het
waar geld gelieg het
waar mense vermoor is
jy weet van alles
al teen die vlei af
ver vanaf die oertyd
jy bly ewig
ek mis jou my berg

ek sien jou elke dag
op my skerm waar ek werk
maar jy is ver ek is gebind
aan plig en ander goed

tog glo ek God ken my hart
as dit so moet wees
sal ek jou weer sien
so is daar baie van ons
wat jou mis en van jou droom
tot eendag as ons weer sien

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top