
Foto: Canva
Kersfees
uit sneeulande
galop takbokke
na ’n plek van somer
waar kinders met
loopneuse by shacks
op die kersman wag
vir geskenke van
skoon water en
sinkplaatdakke
wat nie lek nie
waar ’n ouma by
haar kleinkind bid
mag jou ma die drugs los
en jou pa uit die strate uit bly
mag die Here agter
jou kyk my kind
dat die bendes
jou nie skiet nie
en jy die ster van
Bethlehem sal sien


Kommentaar
Wow! Wonderlik en na aan die been, die een so uit die tuislande van gister.
Treffende gedig. Dit kerf die realiteit van ons samelewing tot op die been oop.