Skryfwerk

Lees oorspronklike kortverhale, gedigte, lirieke en essays hier. Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.

Slegs oorspronklike skryfwerk, wat nog nie voorheen in druk of op enige sosiale media platform verskyn het nie, sal oorweeg word.

LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is. 

...

Read original short stories, poetry, lyrics and essays here. Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.

Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.

LitNet only accepts an author’s original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.

Waar het ek julle verloor

Estelle Kruger Poësie 2025-08-21

"Waar het ons mekaar verloor?

Agter watter boog moet ek julle soek?
Waar is ons land van saffiere
Ons stukkie son?"

Verbodevrugtevreter

Zebulon Kochk Poësie 2025-08-21

"want ’n verbodevrugvreter 
wat nie deur die modder seil nie,
se maag word nie vuil nie."

Begrafnisbriefie

Tharisa Coetzee Poësie 2025-08-21

"Ek wil pleisters plak op almal se wonde terwyl myne gaap vir die maan
Ek wil almal se stukkende siele heelmaak"

"Dalk" is net ’n konsep

Cherise Hattingh Poësie 2025-08-21

"Dalk kon ek jou bel
en jammer sê
Maar jy weet mos hoe dit gaan
as die krag af is."

Rou

Ilza Roggeband Fiksie 2025-08-14

"Haar ouers was regverdige mense. Sy is grootgemaak om mense te respekteer. Praat wanneer met jou gepraat word. Wees hoflik. Sê asseblief en dankie vir die tannie was altyd haar ma se laaste woorde voor sy afgelaai is by die min kinderpartytjies waarheen sy genooi is."

Geesherlaaier

Zebulon Kochk Poësie 2025-08-14

"haal die halter van jou kop
herlaai jouself wéér met pitkos"

Heel

Tharisa Coetzee Poësie 2025-08-14

"En met vreugde en vrede speel jy jou laaste sielsnoot, 
maar dit weergalm deur my diepste denke"

Klanke van die see

Herman Borstlap Poësie 2025-08-14

"Die stemme van die see
skryf ’n ewige gedig."

Drome

Cherise Hattingh Poësie 2025-08-14

"Ek droom, maar dit glip uit my greep.
Die oorblyfsels gee weg dat dit oor jou was."

Tydelik

Jeanne Henning Els Poësie 2025-08-07

"kyk na
’n oomblik
wat gister
geword het"

Gebede by die wisseling van die getye

Pieter Verster Poësie 2025-08-07

"O Heer, neem ons ook so saam met U op reis,
en laat ons U ter lug en see ewig prys."

Die muse se collage van sinloosheid, gekoekte drade en genade

Anoniem Poësie 2025-08-07

"Soos om ’n briefie te 
skryf vir ’n spook 
en te stuur
in die wind"

Parnabestyger

Zebulon Kochk Poësie 2025-08-07

"Moenie ’n klein venstertjie 
vashaak aan my kis nie
ek wil dan niks saamneem"

Gansbaai

Johan Faasen Poësie 2025-07-31

"Baie mense het dus oor die jare hier help bou
en kan ons sê ons weet vir seker nou:
“Wie maak vir Gansbaai lekker!”"

Narsis

Fanie de Villiers Poësie 2025-07-31

"angs en bitter twyfel
as magsvertoon verpand"

Die vlugteling

Ferdie Swanepoel Fiksie 2025-07-31

"Hierdie keer is die stem duidelik. Hy draai om. Sien hoe Matilda tussen die mense deur beur. Die kierie val uit sy hand. Rol knetterend eenkant toe. Hy gee ’n tree in haar rigting. Sy hardloop in sy oop arms in. Druk haar kop styf teen hom vas."

Skimme

Johan van der Merwe Poësie 2025-07-31

"al is jy al lankal dood
jy is nog hier by my"

Vrede

Chestlyn Draghoender Poësie 2025-07-31

"vrede is nie altyd ver nie;
lê nie altyd tussen woude of woestyne
of op oop velde nie."

Ek hoop

Anita Van der Walt Poësie 2025-07-31

"vang my hart elke klank
in die holte waar ek jou bêre
in die hoop dat ek
jou weer sal vind"

Ek het met my lippe gedink

Martin Labuschagne Poësie 2025-07-24

"ek het nog met my lippe
gedink
en met my oë
gedog"

Top