Ek hoor jou

  • 0

Foto: Canva

Ek hoor jou

soggens bly
jou warm hande
afwesig in die son

die bosduiwe en
spreeus wag vraend
vir jou broodkrummels

en wanneer die
dag groet bly soek
ek na jou donker oë in
die oranje van die aandskemer

maar in die nag
word jy die geroep
van die nonnetjiesuil

in die nag
hoor ek jou in
my slaap wanneer
jy jou vlerke om my vou

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top