na-gedig: verjaar-dig-aantekening as ode aan Breyten Breytenbach

  • 0

Breyten Breytenbach (foto: Izak de Vries)

Hierdie bydrae is ter ere van wyle Breyten Breytenbach se verjaardag vandeesweek geskryf.

die na-gedig

(verjaardigaantekening as ode aan Breyten Breytenbach)

deur die septemberlug
sweef pájaro
tot by die oewer van die styx
waar ’n pampoen nog dobber
betaling vir Chanon
’n sak vol droë pitte
om jou uit die stof te grou, te bou,
om jou te onthou
op jou verjaardag,
sestien suffelste september

gun my die maan,
om ’n woordjie langs jou te los
die voëltjie bly in ’n nes van jou verse
lomp leer om papiervlerke te klap
’n na-klank
van die egte digter

sit seker lekker langs Basjan,
op die stoep van die hemel
en lag vir ons
wat nog moet dans.

Anderman

16 September 2025

Lees ook:

Die lang man met die bril: ’n fotolegkaart van 60 jaar gelede

My pad met Breyten – op die taalspoor

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top