Die lang man met die bril: ’n fotolegkaart van 60 jaar gelede

“Ek het wyd en syd gesoek na die laaste stukkie van die fotolegkaart, maar tot op datum bly die lang man met die bril onbekend. Die soektog was egter in sigself ’n avontuur en het my op interessante ompaaie geneem na Breyten se wêreld in Parys in die vroeë 1960’s.”