Skryfwerk

Lees oorspronklike kortverhale, gedigte, lirieke en essays hier. Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.

Slegs oorspronklike skryfwerk, wat nog nie voorheen in druk of op enige sosiale media platform verskyn het nie, sal oorweeg word.

LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is. 

...

Read original short stories, poetry, lyrics and essays here. Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.

Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.

LitNet only accepts an author’s original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.

Onweer

Jeanne Henning Els Poësie 2025-11-13

"dis die
weerloos wees
wat jou hart bewolk laat"

Die perdeblom

Herman Cronje Poësie 2025-11-13

"Ek kyk na die klein seuntjie
en fluister glimlaggend sag:
'Alles gaan oukei wees.'"

Die boerbok in die kombuis

Nato Zondagh Fiksie 2025-11-06

"Sowat twintig minute verloop voor die dokter se swierige kar in ’n stofwolk op die werf stilhou. Intussen hervat die vrou haar breiwerk. Sy oordink wat haar man gesê het. Sy is nuuskierig. Loop kombuis toe. Sy deins vervaard terug wanneer sy die boerbok sien wat op sy agterpote teen die muur aanleun."

Skyndood

Ansie Nel Poësie 2025-11-06

"Lig op jou kop; al gryns jy, glimlag.
Ons sterf een keer, leef elke dag."

verlore skapie

Driekie Grobler Poësie 2025-11-06

"daar skuil onrus in jou oë
en weerstand in jou mond"

My winkel

Jacques Wessels Poësie 2025-11-06

"hoe nou gemaak
tussen so ’n verhewe lus
en die broodnodige familiekos?"

Die vlugteling

Stefaans Coetzee Fiksie 2025-11-06

"Ek maak aantekeninge, deel die mans in groepe in: Vlagswaaiers, die spreekwoordelike Facebook-warriors. Baksteenskieters, mans wat moontlik sal oorgaan tot aksie, maar nét onder die invloed van drank en groepsdruk, en nét sabotasie."

Op pad huis toe van 'n stokvel-party af

Neo Mehlomakulu Poësie 2025-10-30

"Op pad huis toe van ’n stokvel-party af het my pa my ma geslaan"

Ai

Anoniem Poësie 2025-10-30

"die nice mense
sit nog by
die baai"

’n Karoo-gebed

Carlie Schiel Poësie 2025-10-30

"Sien ons raak, Here
Hoor ons droogweg rukkend snik.
Alleen die klippe groei."

Ek het jou sien staan

Johan van der Merwe Poësie 2025-10-30

"jy wil op die kruispad bly
want dit is al wat jy ken"

Siembamba

Antoinette Venter Fiksie 2025-10-30

"Die diens is skaars verby of Mavis druk verby die tros adders by die kerkdeur. Sy het niks lus vir die gefluister om die teetafel waar hertzogkoekies en koeksisters die bitter waarheid moet versoet nie. Sy het haar belofte aan Sarina nagekom – sy was hier. Maar nou is dit tyd om die stof van Adderfontein van haar voete af te skud."

Brander

Jeanne Henning Els Poësie 2025-10-23

"Laatmiddag
op ’n rots //
bly kyk die
seun oor
die see"

Ek het dit sien kom

Johan van der Merwe Poësie 2025-10-23

"ek het dit sien kom
oor die kim van my gedagtes
of voorvaderlike geheue
wat eerder
’n voorvaderlike sonde was"

Smeekbedes

Anton van Rensburg Poësie 2025-10-23

"smeek duisend blare saam met my
vir ’n aalmoes uit die vaalblou lug."

Elia en die kraaie langs die pad

Carlie Schiel Poësie 2025-10-23

"Elia is nie hier nie.
Geen roeping meer te vervul,
geen kos om aan te dra
vir God’s profetekind."

Katriena kom in haar blommehemel tuis

Hannes Stander Fiksie 2025-10-23

"Sy het in Namakwaland grootgeword en die wêreld goed geken. 'Dit is ’n dankbare kontrei,' het sy gesê. 'Dit is wel ’n harde wêreld wat meestal vaal en klipperig lyk, maar as dit die slag mooi reën, show die veld te allerliefliks af.'"

Taxi

Anton van Rensburg Poësie 2025-10-16

"as die baas ook sy rantsoen
teen driemaal honderd eis.
Wat neem ek dan saam
vir almal by die huis?"

Huil die maan ooit oor die son

Tania Colyn Poësie 2025-10-16

"want die groter duister weet:
Sommige harte is veiliger op ’n afstand sodat hulle mekaar nie breek."

Glorie gevul

Tiaan Wentzel Poësie 2025-10-16

"My hart klop weer,
’n optimistiese ritme,
’n lied van oorwinning."

Top