Soeke

  • 4

Foto: Canva

Soeke

Wyl ek na betekenis soek
ontwyk dit my vlugvoetig
wyl ek na waarheid soek
systap dit my doelgerig.
Wyl ek myself wil vind
vind ek slegs ’n ruimte leeg-erig
wyl ek moed verlore na U soek
gaan oop die water soet
eens deur my geoefende systappe verhoed.

  • 4

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top