
Foto: Canva
Wees jy
Wees die wilde kind
wat die waarheid van die grond
onder die reën se watermusiek
’n naam gee
Versier jou onthou
met al die grootnaam-plante
waarvan jy so baie hou
Skryf jou eie titel
maar skryf dit onleesbaar, gek en dierbaar
En wees my lig as die blind vir my lag
en vloek saam met my as die dag dit verwag
Skuil in my arms as die lewe jou knaag
Los jou rowe op my palms
en bly binne die vuur wat ek om jou sal vlam

