Sanette is 'n boorling van Namibië en het haar jong lewe in die Noord- en Wes-Kaap deurgemaak. Sy woon tans op 'n plot in die Noorde, waar sy naby die grond leef vir die eenvoudige. Sy is altyd nuuskierig-leergierig oor die wêreld om haar – die natuur en sy wonders, die veld, diere en voëls asook die wye sterrehemel wat wys op die nietigheid, maar ook die belangrikheid van die mens as denker en skepper.
Sy het oor die laaste paar jaar, met tussenposes haar hand aan stories en gedigte begin waag. Van tyd tot tyd beweeg 'n roekeloosheid haar om 'n teks die wêreld in te stuur, en is sy dankbaar wanneer dit tref.
In haar bietjie vrye tyd durf sy haar spesialiswerk in wetsvoldoening met ywer, drif en trots aan. Sanette het kwalifikasies in regte en perdekunde en geniet dit om soms 'n skryf- of digkursus aan te pak, want sy glo die mens is nie geskep om binne eendimensionele enkelpassie te leef nie.